Menu terloops
In Wat om te kyk [29 Okt 2021]

Wat om te kyk op Netflix in November ’21


2020 se dokkie-fenomeen ‘Tiger King’ keer terug vir ’n tweede rondte en Gwyneth Paltrow praat prontuit oor labias en plesier onder die lakens in ‘Sex, Love, and Goop’. Hier is ons keur van hoogtepunte op Netflix vandeesmaand.

Wat om te kyk op Netflix in November ’21

Sex, Love, and Goop

Gwyneth Paltrow en die goop-span se tweede reeks vir Netflix, Sex, Love, and Goop, volg op 2020 se The Goop Lab. Die nuwe reeks, wat in die pylvak van Oktober op Netflix vrygestel is, volg paartjies wat, met behulp van kenners én Oscar-wenner Gwyneth, leer hoe om hul verhoudings te versterk met tintelende seks en dieper intimiteit. 

Army of Thieves

In hierdie voorverhaal tot Zack Snyder se Army of the Dead, ontmoet ons vir ’n bleeksiel-bankier, Dieter, wie se lewe op ’n klein dorpie omgedolwe word as hy ’n geheimsinnige vrou ontmoet. Dieter word op ’n avontuur van ’n leeftyd meegesleur as sy hom werf om saam met  ’n groep berugte misdadigers van Europa se mees legendariese kluise oop te breek en te beroof. 

Happiness Ever After

Happiness Ever After is die opvolgprent van Happiness is a Four-Letter Word (op Showmax). Ons tel die storie vier jaar ná die gebeure van die eerste fliek op. Die Happiness-vriende maak wéér selfontdekkingsreise mee as nuwe uitdagings op hul pad kom.

Die fliek is ’n nadenklike romantiese komedie met onderwerpe soos verhoudingstres, ouerskap, en familiekonflik waarby kykers sal kan aanklank vind. 

Vanaf 10 November. 

Tiger King S2

Die kleurvolle, bisarre saga duur voort. Die tweede reeks volg ná Joe Exotic ’n vonnis van 22 jaar agter tralies opgelê is nadat ’n komplot om die diereregteaktivis Carole Baskin te vermoor op die lappe gekom het. Die tweede seisoen delf ook dieper in Baskin se agtergrond – veral wat haar eerste man, Don Lewis, se skielike verdwyning in 1997 betref. Daar word lank reeds oor Baskin se betrokkenheid bespiegel…

Vanaf 17 November.

Hellbound 

Uiters vreesaanjaend. Soos in, uiters. Moenie sê jy is nie gewaarsku nie. In dié Suid-Koreaanse reeks verskyn engele uit die niet om mense tot die hel te verdoem.

Vanaf 19 November. 

Yara

’n Staatsaanklaer is vasbeslote om die moord van 13-jarige Yara Gambirasio op te los – al is haar enigste leidraad ’n klein bietjie DNA. Die storie is op ’n ware verhaal gegrond en speel in die dorpie Brembate di Sopra af. 

Vanaf 5 November.

Nog hoogtepunte 

5 November

  • The Unlikely Murderer
  • Narcos: Mexico 

9 November

  • Your Life is a Joke

10 November

  • Gentified 
  • Passing 
  • Animal 

12 November

  • Red Notice

18 November

  • The Princess Switch 3: Romancing the Star

19 November

  • Tick, Tick… Boom!
  • Cowboy Bebop

24 November 

  • Bruised

30 November

  • The Summit of the Gods

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies