Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Mar 2022]

Wat om te kyk op Netflix in Maart 2022


Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Nog ’n Bridgerton is op pad kansel toe, die senutergende Sweedse aksieriller ‘Black Crab’ en gru-stories in ‘Worst Roommate Ever’.

Wat om te kyk op Netflix in Maart 2022

The Andy Warhol Diaries

No-one is more famous in the 20th century than Andy Warhol” sê die akteur Rob Lowe in die sesdelige portret van dié popkultuur-ikoon. Die Emmy-benoemde regisseur Andrew Rossi en American Horror Story-franchise se Ryan Murphy vertel die storie van dié merkwaardige kunstenaar in besonderse diepte en detail. Die asemnemende intimiteit daarvan is te danke aan die reeks se bronmateriaal: Warhol se dagboeke wat postuum gepubliseer is. 

The Andy Warhol Diaries begin met ’n oorsig van sy kinderjare in Pittsburgh en vandaar volg die kyker die kronkelpaaie van Warhol se kleurvolle, diverse en soms selfs grandiose professionele lewe as ’n kunstenaar.

In teenstelling met dié grootse artiste persona, was Warhol intens privaat oor sy persoonalike sake. In dié reeks kry ons egter ’n anderste blik op die komplekse man vanuit sy eie dagboeke – én dikwels in sy eie stem. Nee, hy praat nie uit die hiernamaals met ons nie, dis eerder te danke aan tegnologie. 

Vanaf 9 Maart.

Kyk ook:

Worst Roommate Ever

Kyk, ons het elkeen ons eie verhale van kamermaats, koshuismaats, woonstelmaats en huismaats wat ons by die mure uitgedryf het. Dalk was dit oor die berg skottelgoed wat vir dae lank in die wasbak gestaan het. Of daai een ou wat dit net nié kon regkry om binne die toiletbak te piepie nie (hoe moeilik kan dit nou wees?!). Maar selfs jou ergste storie is soos ’n sprokie in vergelyking met die ware gebeure in die Netflix-reeks Worst Roommate Ever.

Dié vyfdelige dokumentêre reeks vertel oor oënskynlik doodgewone kamermaats wat die lewens van hul niksvermoedende slagoffers omverwerp as hul ware, bose bedoelings, aan die lig kom. Van moord en diefstal, tot regstappe om ’n vreesaanjaende squatter se skrikbewind te beëindig – Worst Roommate Ever is ’n dokkiereeks wat jou vasgenael gaan hou. (En skielik gaan jy nie meer so gepla wees oor daai skottelgoed nie…)

Vanaf 1 Maart.

Kyk ook:

Life After Death with Tyler Henry

Tyler Henry is ’n wêreldbekende medium met meer as 300 000 mense op sy waglys.

Nadat hy jare lank die gewildste medium in Hollywood was, vertrek Tyler op ’n landswye reis. Sy doel is om by soveel moontlik van die mense op sy waglys uit te kom en vir hulle die hoop, genesing en afsluiting te gee waarop hulle hoop. 

Die emosies loop deurentyd hoog – dit is immers regte mense met werklike smart by wie Tyler aandoen.

Tyler is egter ook op soek na antwoorde van sy eie. Hy gebruik ook dié tog om ’n familieraaisel te ontrafel en klaarheid te vind oor waar hy vandaan kom. 

Vanaf 11 Maart.

Kyk ook:

Bad Vegan: Fame. Fraud. Fugitives.

Sarma Melngailis was eens as die vegan queen bekend – maar ’n absurde sameloop van gebeure het later van haar die sogenaamde “Vegan Fugitive” gemaak. 

Chris Smith, die uitvoerende vervaardiger van Tiger King, wat ook die regie van die Fyre: The Greatest Party that Never Happened behartig het, is die skepper van dié wilde TV-rit. Oor die loop van vier episodes sien ons hoe Melngailis, ’n beroemde restauranteur, uit haar kosryk gefop word nadat sy ’n ene Shane Fox in 2011 aanlyn ontmoet. 

Hy belowe om al haar drome te bewaarheid, waaronder om vir haar – en haar geliefde hond – onsterflik te maak (kyk, aan rooi ligte was daar nie ’n tekort nie). Maar dié beloftes is onderhewig aan haar gehoorsaamheid – sy moet aan al sy versoeke, sonder aarseling, voldoen.

Die twee steel uiteindelik byna $2 miljoen van Melngailis se restaurant en vlug.

’n Paar jaar later word die egpaar, nou getroud en ’n redelike tydjie al voortvlugtiges, deur wetstoepassers in ’n motel in Tennessee gevind. Hul ondergang? ’n Domino’s-pizza.

Bisar begin nie eens om dié storie te beskryf nie.

Vanaf 16 Maart. 

Kyk ook:

Black Crab

Black Crab is ’n Sweedse aksieriller en speel af in ’n post-apokaliptiese wêreld wat deur oorlog verskeur is.

Dan word ses soldate in die yskoue winter op ’n geheime sending gestuur wat moontlik die oorlog kan beëindig. Dis nou as hulle lewendig by die eindbestemming kan kom…

Eers moet hulle oor ’n gevriesde argipel skaats en boonop het hulle geen idee watter gevare voorlê of wie – indien enigiemand – hulle kan vertrou nie. Vir een van die soldate, Caroline Edh, is daar boonop selfs meer op die spel.

Met die altyd-briljant Noomi Rapace in die hoofrol. 

Vanaf 18 Maart.

Kyk ook:

Bridgerton

Jinne, maar dit voel soos ses leeftye wat ons vir dié seisoen moes wag.

In die tweede seisoen van Bridgerton, geskep deur Grey’s Anatomy se Shonda Rhimes, is trousake weer aan die beur.  

Dié keer is dit een van die broers wat moet kys en kansel toe. En soos met die eerste seisoen is daar meer drama as in The Bold and the Beautiful en Binnelanders saam as Anthony besef sy voorgenome bruid is toe nie sy perfekte pasmaat nie…eerder haar koppige ouer suster.

Vanaf 25 Maart.

Kyk ook:

Nog Netflix-nuutjies: 

1 Maart 2022

  • The Guardians of Justice – Netflix Series
  • Worst Roommate Ever – Netflix Documentary

2 Maart 2022

  • Savage Rhythm – Netflix Series
  • Against The Ice – Netflix Film
  • The Pirates: The Last Royal Treasure – Netflix Film

3 Maart 2022

  • Midnight at the Pera Palace – Netflix Series
  • The Parisian Agency: Exclusive Properties: Season 2 – Netflix Series
  • The Weekend Away – Netflix Film
  • Whindersson Nunes: My Own Show! – Netflix Comedy Special
  • He-Man and the Masters of the Universe: Season 2 – Netflix Kids & Family Series
  • Surviving Paradise: A Family Tale – Netflix Documentary

4 Maart 2022

  • Lies and Deceit – Netflix Series
  • Making Fun – Netflix Series
  • The Invisible Thread – Netflix Film
  • Meskina – Netflix Film
  • Pieces of Her – Netflix Series

8 Maart 2022

  • Last One Standing – Netflix Series
  • Taylor Tomlinson: Look At You – Netflix Comedy Special
  • An Astrological Guide for Broken Hearts: Season 2 – Netflix Series
  • Chip and Potato: Season 3 – Netflix Kids & Family Series
  • Autumn Girl – Netflix Film

9 Maart 2022

  • Byron Baes – Netflix Series
  • The Bombardment- Netflix Film
  • Queer Eye Germany – Netflix Series

10 Maart 2022

  • Karma’s World: Season 2 – Netflix Kids & Family Series
  • Kotaro Lives Alone – Netflix Series

11 Maart 2022

  • Once Upon a Time… Happily Never After – Netflix Series
  • Life After Death with Tyler Henry – Netflix Series
  • The Adam Project – Netflix Film
  • Formula 1: Drive to Survive: Season 4 – Netflix Series

15 Maart 2022

  • Marilyn’s Eyes – Netflix Film
  • Catherine Cohen: The Twist…? She’s Gorgeous. – Netflix Comedy Special
  • Adam by Eve: A live in Animation – Netflix Film
  • Team Zenko Go – Netflix Kids & Family Series

16 Maart 2022

  • Bad Vegan: Fame. Fraud. Fugitives – Netflix Documentary
  • Hei$t: The Great Robbery of Brazil’s Central Bank – Netflix Documentary

17 Maart 2022

  • Soil – Netflix Series
  • Rescued by Ruby – Netflix Film

18 Maart 2022

  • Eternally Confused and Eager for Love – Netflix Series
  • Alessandro Cattelan: One Simple Question – Netflix Series
  • Human Resources – Netflix Series
  • Standing Up – Netflix Series
  • Young, Famous & African – Netflix Series
  • Top Boy: Season 2 – Netflix Series
  • Light the Night: Part 3 – Netflix Series
  • Cracow Monsters – Netflix Series
  • Is It Cake? – Netflix Series
  • Black Crab – Netflix Film
  • Windfall – Netflix Film
  • Without Saying Goodbye – Netflix Film
  • Animal: Season 2 – Netflix Documentary
  • Windfall – Netflix Film

21 Maart 2022

  • In Good Hands – Netflix Film

22 Maart 2022

  • Jeff Foxworthy: The Good Old Days – Netflix Comedy Special
  • The Principles of Pleasure – Netflix Documentary

24 Maart 2022

  • Love Like the Falling Petals – Netflix Film

25 Maart 2022

  • Transformers: BotBots – Netflix Kids & Family Series

28 Maart 2022

  • Thermae Romae Novae – Netflix Series

29 Maart 2022

  • Mike Epps: Indiana Mike – Netflix Comedy Special
  • Mighty Express: Season 6 – Netflix Kids & Family Series

30 Maart 2022

  • All Hail – Netflix Film

31 Maart 2022

  • Trust No One: The Hunt for the Crypto King – Netflix Documentary
  • Super PupZ – Netflix Kids & Family Series

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies