Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand – hier is ons top–keuses.
Neem asseblief kennis dat titels, datums en tye moontlik kan verander.
Kaleidoscope
’n Meesterdief en sy crew beplan ’n rooftog ter waarde van $7 miljard – maar verraad en hebsug dreig om hul planne in die wiele te ry.
Kaleidoscope (dit was eers Jigsaw genoem) se vertelling strek oor die duur van 25 jaar en volg ’n groep diewe se poging om by ’n oënskynlik onbreekbare kluis in te breek. In elke episode word slegs ’n stukkie van die legkaart onthul – daar’s korrupsie, hebsug, wraak, verraad… Wie kan vertrou word? Hoe is als beplan? Wie kom met die skelmstreke weg?
Die reeks is deels geïnspireer deur die werklike verhaal van $70 miljard dollar se effekte wat tydens orkaan Sandy in Manhattan vermis geraak het.
Die meesleurende anthology-reeks bestaan uit agt episodes wat strek van 24 jaar voor die rooftog tot ses maande daarna. Dit volg egter ’n nie-lineêre vertellingsaanslag en kykers gaan elk ’n ander kykervaring hê met die episodes se volgorde wat van kyker tot kyker verskil. Só word intrige en spanning op ’n eiesoortige manier ontwikkel met die volgorde waarin jy die storie kyk wat jou siening oor die storie en die karakters beïnvloed. Die slot-episode is egter vir almal dieselfde.
Vanaf 1 Januarie.
Soortgelyk:
That 90’s Show
Hallo, Wisconsin! Kyk, ek weet nie of die maak van hierdie reeks ’n goeie idee was nie, maar hier is dit nou. That 70’s Show se gewildheid blyk immers geen einde te ken nie, maar dié vertakking kan of die hele saak versuur of (as ons blerrie gelukkig is) nog lekkerte tot die oorspronklike reeks se legacy voeg.
Dit is 1995 en Leia Forman, dogter van Eric en Donna, kuier by haar ouma en oupa (Kitty en Red) vir die somervakansie. Sy is desperaat vir die een of ander avontuur in haar lewe – of ten minste ’n beste vriend wat nie haar pa is nie. Sy hoef nie ver te soek nie. Reg langs hulle woon die dinamiese en rebelse Gwen, en met die hulp van Gwen se vriende, insluitend haar lieflike broer Nate, sy slim vriendin Nikki, die sarkastiese en insiggewende Ozzie, en die sjarmante Jay, begin ’n vriendskapsreis – nes vir haar ouers etlike jare vantevore.
Vanaf 19 Januarie.
Soortgelyk:
Pamela, A Love Story
Die Baywatch-aktrise Pamela Anderson vertel – in haar eie woorde en met behulp van persoonlike videos en dagboeke – haar verhaal. Dit sluit in haar grootwordjare in ’n klein dorpie, rotsagtige verhoudings, opkoms na roem, bekendheid as ’n internasionale sekssimbool en dáái berugte seksvideo… Die dokkie is ’n intieme portret van die blonde bombshell en volg ná die uitreiking van ’n Hulu-reeks, Pam & Tommy, verlede jaar.
Vanaf 31 Januarie.
Soortgelyk:
MADOFF: The Monster of Wall Street
Hierdie dokumentêre reeks volg die opkoms – en ongelooflike val – van die sakeman-skurk Bernie Madoff. As jy nie die naam ken nie – Madoff se naam is sinoniem met “Ponzi-skema” synde hy een van die grootste Ponzi-skemas in Wall Street-geskiedenis georkestreer het.
MADOFF: The Monster of Wall Street poog om die verhaal van Madoff se berugte en wêreldwye $64 miljard Ponzi-skema, die grootste in die geskiedenis, sorgvuldig te vertel. Dit lê veral klem op die ontelbare beleggers wat alles verloor het nadat hulle hul vertroue in ’n eens gerespekteerde sakeman geplaas het. Die dokkie-reeks het unieke en eksklusiewe onderhoude met etlike fluitjieblasers, werknemers, ondersoekers en slagoffers. Dalk meer interessant is die beeldmateriaal (glo is die eerste keer wat dit beskikbaar gestel is) van Madoff se getuienis.
Die vierdelige reeks volg Madoff se opkoms van nederige begin tot een van die invloedrykste makelaars op Wall Street. Met ’n innoverende visuele aanslag en ’n amperse riller-atmosfeer, word die onstaan en meganika van Madoff se bedrieglike beleggingsadviesonderneming ontbloot. Die filmmaker, Joe Berlinger (Conversations with a Killer, Brother’s Keeper) maak werk daarvan om die tentakels van die bedrogspul te ontbloot. Nie net Madoff is immers vir dié skema verantwoordelik nie. Inteendeel – Berlinger wys hoe Wall Street en die res van die finansiële bedryf, eintlik die ideale plek vir so ’n skelmstreek was. Só word ’n kader van mede-samesweerders en instellings uitgewys wat bereid was om hulself blind te hou vir Madoff se verdagte optrede. Soos met Steinheist laat dié dokkiereeks jou wonder wanneer, eerder as of, so iets weer sal gebeur.
Vanaf 4 Januarie.
Soortgelyk:
Ginny & Georgia S2
Dié gewilde ma-dogter-drama se tweede seisoen sien hoe nuwe verhoudings en uitdagings op Ginny en Georgia se pad kom. Dis nou ook midde geraamtes in die kas wat dreig om die hele appelkar om te dolwe…
In die eerste seisoen ontmoet ons vir Ginny as ’n 15-jarige tiener nadat sy, haar ma, Georgia, en haar jonger boetie, Austin, na Wellsbury verhuis. Ginny het egter intussen uitgevind juis waarom hierdie nuwe begin nodig was… En nou weet sy nie meer mooi hoe, wat of waar nie. Trouens, hoe leef jy met die wete dat jou ’n moordenaar is? Ginny weet nou dat haar stiefpa, Kenny, nie aan natuurlike oorsake gesterf het nie, en – dalk meer belangrik – dat Georgia hom vermoor het om haar te beskerm. Terwyl Georgia eerder net daarvan wil vergeet (sy het immers ’n troue om te beplan!), sukkel Ginny om dié nuus te verwerk.
Vanaf 5 Januarie op Netflix.
Soortgelyk:
Copenhagen Cowboy
Copenhagen Cowboy is ’n neon-deurdrenkte noir-reeks en draai om die enigmatiese jong heldin, Miu. Miu is haar hele lewe lank as ’n gelukbringer met bonatuurlike vermoëns vir die hoogste prys verkoop en herverkoop. Copenhagen Cowboy vertel oor haar wraaktog as sy dan uiteindelik afreken met dié wat haar onreg aangedoen het.
Met Angela Bundalovic, Andreas Lykke Jørgensen, Jason Hendil-Forssell in die rolverdeling.
Vanaf 5 Januarie.
Soortgelyk:
Break Point
Break Point is ’n uitsonderlike blik op die tenniswêreld – een wat deur dieselfde span as F1: Drive to Survive saamgestel is en dus ’n soortgelyke vlak emosie, drama en adrenalien handhaaf. Die dokkiereeks is gefokus op ’n diverse groep professionele tennisspelers op en van die baan af. Break Point werp lig op ’n jonger generasie spelers soos al meer van die grotes – soos Roger Federer – die raket wegbêre. Ons kyk en beleef saam soos hulle in die een ná die ander wedstryd – die ATP- en WTA-toere inkluis – meeding in die hoop om ’n eindstryd te wen. Daar is, natuurlik, sommige wat waag om ’n haas onbekombare droom te koester: om die wêreld se topspeler te word.
Vanaf 13 Januarie beskikbaar om te stroom.
Soortgelyk:
Ook nuut op Netflix in Januarie:
1 Januarie 2023
- Lady Voyeur – Netflix Series
- The Way of the Househusband: S2 – Netflix Series
- The Ultimatum: France S1 Deel 2 – Netflix Series
4 Januarie 2023
- How I Became a Gangster – Netflix Film
- The Lying Life of Adults – Netflix Series
5 Januarie 2023
- Woman of the Dead – Netflix Series
6 Januarie 2023
- Pressure Cooker – Netflix Series
- The Pale Blue Eye – Netflix Film
- Mumbai Mafia: Police vs The Underworld – Netflix Documentary
10 Januarie 2023
- The Hatchet Wielding Hitchhiker – Netflix Documentary
- Andrew Santino: Cheeseburger – Netflix Comedy Special
11 Januarie 2023
- Sexify: S2 – Netflix Series
- Noise – Netflix Film
12 Januarie 2023
- The Makanai: Cooking for the Maiko House – Netflix Series
- Vikings: Valhalla: S2- Netflix Series
- Kung Fu Panda: The Dragon Knight: S2 – Netflix Kids & Family Series
13 Januarie 2023
- Trial by Fire- Netflix Series
- Sky Rojo: S3- Netflix Series
- Dog Gone – Netflix Film
19 Januarie 2023
- Women at War – Netflix Series
- Khallat+ – Netflix Film
- Junji Ito Maniac: Japanese Tales of the Macabre – Netflix Series
20 Januarie 2023
- Şahmaran – Netflix Series
- Fauda: Season 4 – Netflix Series
- Bake Squad: S2 – Netflix Series
- Bling Empire: New York – Netflix Series
- Represent – Netflix Series
- Shanty Town – Netflix Series
23 Januarie 2023
- Narvik – Netflix Film
25 Januarie 2023
- Against the Ropes – Netflix Series
26 Januarie 2023
- Daniel Spellbound: S2 – Netflix Kids & Family Series
- Record of Ragnarok: S2 Episodes 1-10 – Netflix Series
27 Januarie 2023
- Lockwood & Co. – Netflix Series
- Kings of Jo’Burg: S2 – Netflix Series
- The Snow Girl – Netflix Series
- You People – Netflix Film
30 Januarie 2023
- Princess Power – Netflix Kids & Family Series
31 Januarie 2023
- Cunk On Earth – Netflix Series
Ander (nie deur Netflix vervaardig nie):
1 Januarie 2023
- Charlie’s Angels
- Charlie’s Angels: Full Throttle
- The Scorpion King 2: Rise of a Warrior
- Hard Target 2
- Good Luck Chuck
20 Januarie 2023
- The Sinner: S4: Percy
27 Januarie 2023
- Kevin Hart: Let Me Explain
Kry Netflix met DStv
DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →