Menu terloops

Formula 1: Drive to Survive S1-7

Op Netflix [Gepubliseer op 7 Mar 2025]


‘Formula 1: Drive to Survive’ is ’n opwindende dokumentêre reeks wat ’n blik gee op wat agter die skerms by die Formule Een-wêreldkampioenskap afspeel.

Formula 1: Drive to Survive S1-7

Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding.

Dié reeks het oor die afgelope paar jaar ’n onverwagte rol gespeel in die toenemende gewildheid van F1 onder TV-kykers. Dís veral danksy die voorheen ongekende agter-die-skerms-blik wat die reeks op die motorsport-wêreld gee. Dis trane, ’n geswets, frustrasie, drome bewaarheid en drome aan skerwe net waar jy kyk. Byna so senutergend soos een van die wedrenne!   

Formule 1: Drive to Survive word deur die Oscar-wenner James Gay-Rees (Amy) en Paul Martin (Ronaldo) vervaardig. Hulle het ook saam aan Maradona gewerk. 

Oor die jare het verskeie rolspelers, waaronder ook die McClaren-jaer, Lando Norris, die vervaardigers gekritiseer vir hoe hulle met die waarheid omgaan. Die vervaardigers gaan ook hewig deur omdat hulle blatant van die gesprekke oor die spanradios in onverwante tonele gebruik. Ook vir die wanvoorstellings wat van verhoudings tussen jaers, spanmaats en spanbestuurders geskep word. ’n Knip-en-plak-situasie met ’n reuse-begroting… Diesnieteenstaande word die reeks ook geprys vir hoe dit meer aanhangers na die sport gelok het.


Al sewe seisoene van Drive to Survive is nou op Netflix beskikbaar.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies