Wat om te kyk op DStv in Oktober – hier is ons top-keuses.
Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.
Die Real Housewives van Pretoria S1
Joburg, Kaapstad en Durban het hul kans gehad, en nou sien ons presies hoe posh Pretoria is in Die Real Housewives van Pretoria. Die eerste Afrikaanse weergawe van dié über-gewilde franchise is next level.
Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel. Lees meer oor hulle hier.
Die Real Housewives van Pretoria is die vyfde weergawe van die Real Housewives-formaat in Afrika. Die ander sluit Johannesburg, Durban, Lagos en Kaapstad in. Die formaat word internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei en het al talle toekennings opgeraap.
Die Real Housewives van Pretoria saai vanaf 13 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en sal gelyktydig op Showmax beskikbaar wees. Die reeks bestaan uit 13 episodes.
Kookpunt S2
In Kookpunt se tweede seisoen word nuwe sjefs weer met wilde bestanddele soos geblikte bamboesstingels, kwarteleiers en kreefpoeier uitgedaag om lipafleklekker geregte voor te berei.
Yolani Abrahams en Chris Erasmus is weer aan die stuur van sake om te kyk wie weekliks as die Kookpunt-kampioen gekroon word.
Vanaf Dinsdag 11 Oktober om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) met herhalings op Saterdae om 19:00 en Sondae om 11:00.
Huisgenoot Ware Lewensdramas: Vlees en Bloed
Een van VIA se gewildste reekse, Huisgenoot: Ware Lewensdramas, keer – met ’n kinkel – terug na die kassie. In dié reeks se spin-off, Huisgenoot Ware Lewensdramas: Vlees en Bloed, is familiemoorde die spil waarom alles draai. Dis stories wat wraggies jou hare laat rys. Die soeklig draai na van die ysingwekkendste moorde in ons land en word vertel deur die slagoffers se naastes, kenners en Huisgenoot-joernaliste wat die bloedspoor van dag een af gevolg het.
Vanaf Maandag 10 Oktober om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) met herhalings op Vrydae om 22:00. Kyk ook Huisgenoot: Ware Lewensdramas S1-7 op Showmax. Lees Watkykjy se storie oor die episodes wat Suid-Afrikaners op hol gesit het.
The Flight Attendant S2
Die eerste seisoen het gewys dat Kaley Cuoco beslis nie net vir haar rol as Penny in The Big Bang Theory onthou sal word nie.
Cuoco is die dryfkrag agter dié riller-komediereeks en vertolk ook die hoofrol van Cassie, ’n lugwaardin wat in die tweede seisoen die bottel vir spioen-avonture verruil.
Ná die (net so effens traumatiese) gebeure van die eerste seisoen, waarin sy onder meer langs ’n keelaf one night stand wakker geword het, werk sy nou in die geheim vir die CIA. Sy het nuwe kêrel, Marco (Santiago Cabrera) en sy is ook pas ’n jaar alkoholvry… Dinge lyk rooskleurig, nè? Behalwe dat sy haarself nie kan uitstaan nie. Sy hou nie baie van ’n nugter Cassie nie. As Cassie dan ’n teiken vir die CIA moet dophou, sien sy ’n vrou wat nes sy lyk, ene Grace (Mae Martin). Sy begin vir Grace – sonder haar spioenbase se medewete – dophou.
The Financial Times het Cuoco se vertolking geloof en skryf dat “Cuoco se Cassie is steeds ’n magnetiese heldin, deurgaans op die afgrond van ’n ramp.”
Vanaf Maandag, 31 Oktober, om 22:00 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online en Catch Up.
Ghosts S2
Dit spook steeds wild in Woodstone Manor! Samantha en Jay Arondekar het uiteindelik dié huis in ’n fraai B&B omskep, en met die aanvang van die nuwe seisoen is hulle gereed om hul eerste gas te verwelkom. Wel… amper. Dis nou as die spoke saamspeel en die vloer ook weer begin werk… In die tweede seisoen leer ons ook meer oor die spoke se grootste geheime, soos hoe Alberta dood is. Die Star Wars-akteur Mark Hamill het glo ook ’n gasrol hierdie rondte.
Die tweede seisoen het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met AV Club wat die kombinasie van opregte humor en breë komedie geprys het.
Vanaf 7 Oktober om 23:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).
Jy kan ook nou die oorspronklike Britse weergawe van die reeks hierdie maand kyk, vanaf Vrydag 7 Oktober om 20:35 op BBC Brit (DStv-kanaal 120).
Nataniël. Erik. Wolf. S1
Die broers Nataniël en Erik le Roux keer terug na die kassie met die nuwe reeks, Nataniël. Erik. Wolf. Die broers keer vir die eerste keer in drie jaar terug na Nantes in Frankryk na aanleiding van Nataniël se fassinasie met die vergete sprokiesillustrasies deur die Franse kunstenaar, Gustave Doré, wat hom laat soek het na die oorspronklike weergawes van die volksverhale. Nataniël roep ontwerpers en kunstenaars op om saam ’n fantasiewêreld te skep. Hierdie keer het Erik ’n eeue-oue werkswinkel op die gronde van ’n eksentrieke herehuis opgespoor en tussen die bome van ’n groen woud is ’n nuwe reeks vir die kassie gebore.
Die Le Roux-broers gesels oor oudergewoonte oor kos, kuns, ontwerp en vertel baie stories, met oorspronklike musiek deur Nataniël wat in ’n opwindende en atmosferiese klankbaan omskep is.
Nataniël. Erik. Wolf. begin Sondag 16 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Come Dine With Me SA S8
Vier vreemdelinge van Kaapstad en Johannesburg bied om die beurt uitspattige etes in hul eie huise vir mekaar aan. Klink soos ’n gewone Vrydagaand, behalwe dat hulle ook vir mekaar punte gee. In hierdie seisoen is daar ook ’n ongenooide gas wat by die partytjie opdaag: Beurtkrag.
Kyk Come Dine With Me South Africa S8 vanaf Woensdag, 12 Oktober om 20:00 op BBC Lifestyle (DStv-kanaal 174)
Ook nuut op DStv in Oktober:
Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.
1 Oktober 2022
- See What You Made Me Do S1
- Car the Rocket with Brian Johnson
- Weerwraak
- Sê Jou Sê
- Roer
- Bring Back My Smile S1
- Giants of the City S2
2 Oktober 2022
- Dynasties: S2
- Below Deck Down Under S1
- History’s Greatest Aircraft S1
- The History of The Tank
- Ishushu S2
- Bring Back My Smile S1
- The Zulu Coronation
- Sexy Sundays S1
- Ssshhhh
3 Oktober 2022
- Noddy: Toyland Detective S2
- Fraud Squad S1- 4
- Asteroid Rush
- Diepe Waters S1
- Poena S1 (deel twee)
- Grootboom & Sons S2
- Big Nate
- Giving Up My Life
- Departure S3
4 Oktober 2022
- Impossible Escapes: Civil Wars
- Good Bones S7
- Family Law S2
5 Oktober 2022
- Hip Hop Awards
- Uit die Slaapkamer S2
6 Oktober 2022
- Dragon’s Den S19
- Tales S3
- Kings of Pain S2
- La’t Wiel S27
- Uthando Ne Sthembu S6
- 90 Day Fiance: Happily Ever After? S7
7 Oktober 2022
- Ghosts S1 (Britse weergawe)
- Extraordinary Humans
- Halloween Wars S11
- Chopped S52
- The Unexplained with William Shatner S3
- Koppieteefontein S2
- OppieStoep S7
- So Help Me Todd S1
- Ghosts S2 (Amerikaanse weergawe)
8 Oktober 2022
- Wanderlus S2
- Die Dors
- How We Roll
- Umndeni S4
9 Oktober 2022
- Great British Aircraft
- Suicide Squad 2
10 Oktober 2022
- Power Rangers Dino Fury S9
- Engineering the Future S2
- The TikTok Man: Catching a Predator
- Minki S13
- Huisgenoot Blokraai Bestes S3
11 Oktober 2022
- Julia S1 (Redakteurskeuse)
12 Oktober 2022
- Seal Team S6
- Magnum P.I. S4
- Serving The Hamptons
13 Oktober 2022
- Extraordinary Places To Eat S2
- Mzansi Greed S1
- Wys my ’n huis S1
14 Oktober 2022
- Zombies 3
15 Oktober 2022
- Disappeared S10
- Big Rig Warriors
- Opsoek na Reënboë
16 Oktober 2022
- Celebrity Beef S1
- The Invasion of Belgium
- Ambulance
- Forever Maybe S1
- Jan RSVP S4 (Redakteurskeuse)
17 Oktober 2022
- All American: Homecoming S2
- Great Pottery Throwdown S5
- Ranger Hamza’s Eco Quest S1
- Motorway Patrol S13 – 14
- Ultra Violet & Black Scorpion
- Beat Bobby Flay S30
- Rock Island Mysteries S1
- Nurses S2
- The Healthful Life S1
- My Big Fat Fabulous Life S9
18 Oktober 2022
- The Equalizer S3
- Inside the Factory Srs 6
- Mzansi Icons
- World War II: Secrets from Above S1
19 Oktober 2022
- Last Stand of the Javan Rhino
- Renovation Impossible
- Blue Bloods S12
21 Oktober 2022
- Million Dollar Wheels S1
- Devil in Suburbia
22 Oktober 2022
- Vlamme
- Mntase S2
23 Oktober 2022
- The Lost City
- History: The Interesting Bits
24 Oktober 2022
- Queers of Jozi S1
25 Oktober 2022
- Nazi Secrets Weapons
26 Oktober 2022
- Made in Africa
- Die Groenste Vingers S2
- Groen: Kongo Reënwoud
- Rea Tsotella S15
27 Oktober 2022
- Anne Boleyn
- Innocent Behind Bars
- Alaskan Bush People S7
29 Oktober 2022
- This Money will Change My Life
- My Horror Love Story S3
- The Cars Years S3
30 Oktober 2022
- First Home Fix
- Yes, I Have HIV S1
- Venom: Let There Be Carnage
- Blood Money
31 Oktober 2022
- Gold Rush S13
- Mama vs. Makoti S3
- Overcoming Heartbreak
- Burden of Guilt