Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.
Hightown S2
Dis dikwels moeilik om prosedure-reekse op ’n noemenswaardige wyse van mekaar te onderskei. Waar ’n mens dit wél regkry, is dit gewoonlik te danke aan ’n akteur wat hul totaal in hul karakter se wese inleef. Só is dit dan ook met Hightown, ’n Amerikaanse misdaaddramareeks, met Monica Raymund in die hoofrol as Jackie Quiñones.
Die reeks is deur The Mentalist- en Gotham-skrywer Rebecca Cutter geskep, met TV-swaargewig en Emmy-wenner Jerry Bruckheimer as vervaardiger.
In Jackie het Cutter ’n helse morsige, real mens as die protagonis. Jackie is ’n agent by die Nasionale Mariene Visserydiens in Provincetown, Massachusetts, wat in ’n daaglikse stryd met haar vices – dwelms en drank – verkeer. In die eerste seisoen het sy op die lyk van ’n vermoorde vrou afgekom. Dit het tot ’n moordondersoek gelei wat die geraamtes en geheime van dié prentjiemooi gebied se georganiseerde misdaadsindikate en die plaaslike opioïed-epidemie blootgelê het.
Met die aanvang van die tweede seisoen het heelwat verander. Jackie is aan die einde van die eerste seisoen die geleentheid gegee om by die polisie aan te sluit, terwyl Ray Abruzzo (James Badge Dale), die speurder wat die moordondersoek gelei het, sy werk verloor het…en diep in die moeilikheid is. Intussen probeer Jackie ook net nugter bly terwyl sy sukkel op kop bo water by haar nuwe werk te hou en skandes en geheime uit haar verlede verborge te hou.
Hightown is reeds vir ’n derde reeks hernu.
Vanaf 31 Mei om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.
The Time Traveler’s Wife S1
The Time Traveller’s Wife is ’n mengelmoes van sci-fi, romanse en drama en gegrond op die gelyknamige roman deur skrywer Audrey Niffenegger.
Die topverkoperboek is ook ’n hele klompie jare gelede in ’n fliek, met Rachel McAdams en Eric Bana in die hoofrolle, verwerk. Dit draai om die verhouding – en later huwelik – tussen Clare en Henry wat deur tydreis bemoelik en getoets word. Henry het geen beheer oor sy tydreisvermoëns nie en weet nooit wanneer hulle mekaar weer gaan sien, op watter tydstip en ouderdom in hul lewens of wanneer hy só weggeraap gaan word nie.
Die TV-reeks, wat op 15 Mei op HBO première en ’n dag later plaaslik op DStv beskikbaar sal wees, is deur Steven Moffat geskryf. Moffat is bekend vir sy werk op Doctor Who en Sherlock met Benedict Cumberbatch in die titelrol. Rose Leslie (The Good Fight) en Theo James vertolk die hoofrolle in die TV-weergawe van dié liefdesverhaal.
Vanaf 16 Mei om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.
Troukoors S1
In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Getroud met Rugby se Ilse-Lee van Niekerk ’n borrelende, altyd-glimlaggende trouebeplanner wat tussendeur ander se liefdesvieringe self ook ’n pasmaat soek.
Terwyl die tweede seisoen vanaf 5 Mei op Showmax beskikbaar is, is die eerste seisoen vanaf 15 Mei vir DStv-kykers op kykNET beskikbaar.
Blyde Smit, Armand Aucamp, Bianca Flanders, Kevin Smith en Melt Sieberhagen is onder die ander akteurs in die rolverdeling.
Vanaf 15 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online.
Wat om nóg te kyk op DStv:
1 Mei
- Til Death
- Skyfire
- Secret Nazi Expedition
- Eugene Mirman:An Evening of Comedy in a Fake Underground Laboratory
- The Scent of Passion
- Wild Africa
2 Mei
- The Offer S1
- An Unexpected Killer S2
- Buried in the Backyard S4
- Cheap Old Houses
- Caught in the Net (Catching A Killer)
- Keeping My Family Together
- Overcoming Fear
- Confessions: Animal Hoarding S2
- All About Property S6
- Nick Knowles’ Home Improvements S1
3 Mei
- Living Wild: How to Change Your Life S1
- Dloz’lami S5
- Say Yes to the Dress Around the World
4 Mei
- Stephen Fry in Central America S1
- Primal Survivor: Escape the Amazon
5 Mei
- The Split S3
6 Mei
- How To … with John Wilson S2
- Street Outlaws: No Prep Kings – Team Attack
- Private Eyes S3
7 Mei
- Diego of the Dead
- Charming the Hearts of Men
- Nginike Isandla
- Night Walk
8 Mei
- Operation Arctic S1
- The Virtuoso
- Bombay Velvet
- Ishushu
9 Mei
- Death in Paradise S11
- Wicked Tuna S11
- Grand Designs UK S15
- Say My Reno S2
10 Mei
- Dinge van ’n Kind (Ed’s Choice)
11 Mei
- Ghislaine: A Partner in Crime
- Chopped: Next Generation
- Doodgewone Jo S5
- Myne vir Joune S3
12 Mei
- The Pioneer Woman S29
- Girl Meets Farm S8
- Geldhelde S4
13 Mei
- Mash-Up Our Home
- 12 Round 3
- Slim Vang Sy Baas S4
- My Feet Are Killing Me S2
14 Mei
- The Paper Tigers
- Captain Sharky
- My Perfect Wedding
15 Mei
- Bee Czar
- The Forever Purge
- Two Sides
- The Lovers’ Lane Murders S1
- Nayak
16 Mei
- 40-Year-Old Property Virgin
- The Unstoppable Yellow Yeti S1
- Scariest Night of My Life S1
- Ten Minute Kitchen S1
- Design Matters S1
17 Mei
- Enough is Enough
- 7 Little Johnstons S7
19 Mei
- Inside Beverly Hills
20 Mei
- Strangest Things S1
- Lost Treasures of Rome
- Secrets of the Zoo: Tampa 2
21 Mei
- Oops! The Adventure Continues
- Son of the South
- The Ghost Wife
22 Mei
- The Night House
- Secret Life Underground 2
23 Mei
- Man with a Plan S4
- Kurt Metzer: White Precious
24 Mei
- The Engineering That Built the World
25 Mei
- Bull S6
- Building Roots
26 Mei
- Guess Who (Comedy After Dark)
- 90-Day Fiance S9
27 Mei
- Kids’ Baking Championship S10
- What Happens in Vegas (Comedy After Dark)
28 Mei
- America’s Got Talent Extreme S1
- Deadliest Catch S18
- Boss Baby: Family Business
- American Sicario
- Indodakazi Yam
29 Mei
- Ice Road
- Kyle Kinane: I Liked His Old Stuff Better
- Welcome Home Nikki Glaser
- Patiala House
30 Mei
- Masterchef S18
- Living By Design S1
31 Mei
- The Last Persian Shah
- Amazing Isfahan – Paradise in the Heart of Iran
- Evil Lives Here: Shadows of Death 2A
- Top Million Dollar Agent S4
- Space Invaders S1