Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Jun 2022]

Wat om te kyk op DStv in Junie 2022


Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die OG-weergawe van ‘Law & Order’ keer terug; ‘The Staircase’ maak ons bang vir trappe; en die plaaslike naelbytreeks ‘Desert Rose’ maak sy dramatiese debuut.

Wat om te kyk op DStv in Junie 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand – hier is ons top-keuses.

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

Law & Order S21

Sowat tien jaar nadat die oorspronklike Law & Order-reeks tot ’n einde gekom het, keer van sy ou vegters vir geregtigheid terug, waaronder Jack McCoy (Sam Waterston) en Kevin Bernard (Anthony Anderson). 

Soos wat nog altyd die gebruik met dié reeks – en sy vele ander offshoots, waaronder die treffer met Mariska Hargitay, Law & Order: Special Victims Unit – dien werklike gebeure as die inspirasie vir die episodes. Só sien ons dan in die nuwe seisoen storielyne wat met onder meer met die hofsaak teen Theranos-hoof Elizabeth Holmes, en die #FreeBritney-beweging ooreenstem. 

Die nuwe seisoen het lof op die resensiewebwerf, Rotten Tomatoes, ontvang, met die konsensus dat Law & Order se wenresep stééds werk. Dit “hou by sy sterkpunte as ’n eenvoudige prosedurereeks, maar misken nie die samelewing se toenemende gepolariseerde siening oor die verhouding tussen misdaad en straf nie.”

Kyk Law & Order S21 vanaf Donderdag, 23 Junie om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.

Desert Rose S1

Desert Rose is ’n senutergende dramareeks, geskep deur Rohan Dickson. Dickson was ook vir die spannende reeks Reyka, met Kim Engelbrecht in die hoofrol, verantwoordelik. 

In Desert Rose draai die storie om die Greyling-familie. Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. Hy los as’t ware sy kinders met sy gebakte pere. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns. 

Ook onder die rolverdeling tel Amalia Uys, Kai Luke Brummer, en Tinarie van Wyk-Loots. 

Kyk Desert Rose S1 vanaf Donderdag, 2 Junie, om 20:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en op DStv Online.

The Staircase S1

Só ontstellend is die trappe-toneel in die tweede episode van dié fiktiewe hervertelling van die gelyknamige waremisdaaddokkie wat in 2004 vrygestel is, dat geen kyker ooit weer trappe sal wíl gebruik nie. Dis nou volgens die Daily Beast se resensent, Coleman Spilde, wat, soos talle ander, meen die fiktiewe weergawe van The Staircase veel meer menslikheid in sy vertelling as die dokkie toon.

The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in ’n true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is. Die nuwe HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep en het swaargewigte in die hoofrolle: Colin Firth speel as Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson (Toni Collette), nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. 

News.com beskryf die reeks as “’n meesterlik gekomponeerde en sterk ritmiese drama wat dieselfde onrusbarende atmosfeer vasvang wat aanhangers van die dokumentêre reeks begoël het.”

Karl Quinn van The Age het veral Collette se vertolking van Kathleen geloof. “As Kathleen…gee Toni Collette ’n oortuigende stem aan ’n vrou wat weinig meer as ’n reeks grusame forensiese foto’s in die dokumentêr was.”

Kyk The Staircase S1 vanaf Maandag, 27 Junie om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online. 

Wat om nóg te kyk op DStv:

1 Junie 2022

  • Hidden Germany
  • Listing Cape Town S1

2 Junie 2022

  • Swamp People S13
  • True Conviction S4
  • Outopsie S1
  • Agter Tralies S3
  • Ekhaya S2

3 Junie 2022

  • America’s Got Talent Extreme S1
  • Elizabeth: A Portrait in Parts
  • Celebrity IOU Joyride
  • Black-ish S8
  • 100 Day Dream Home S3

4 Junie 2022

  • Joey & Ella: Kangaroo Tale
  • Selfie Dad
  • My Greek Odyssey S2
  • Legends of Chamberlain Heights
  • The Queen Mother
  • Our Queen at War
  • Zamazing S1
  • Ubizo Lakhe
  • Mamazala S12
  • When Luxury Holidays Go Horribly Wrong

5 Junie 2022

  • Vanguard
  • Survivor S42
  • Walker S2
  • Changing Planet
  • Discovery Confidential
  • The Men Who Sold the World Cup
  • Comedy Central’s All-Star Denominational Christmas Special
  • 7 Year Stitch
  • Princess Margaret: The Rebel Royal
  • Rugby Town
  • Explorer: The Deepest Cave
  • Insencane Lengane S4
  • X Repo S1
  • When All-Inclusive Holidays Go Horribly Wrong

6 Junie 2022

  • Science of Thrills
  • The Demolition Man
  • Twisted Killers S1
  • Beat Bobby Flay S29
  • Escape to Chateau S6
  • Backyard Builds S3

7 Junie 2022

  • Great Berlin Escapes
  • Royals: Keeping the Crown
  • Besigheid Op ’n Bord S1
  • Naked and Afraid of Love
  • Lightened Up S1
  • Find Me A Beach House S1
  • Gardening 101 S6

8 Junie 2022

  • We Own This City S1
  • 9-1-1 S5
  • Showtrial S1
  • P-Valley S2
  • Murder in the Heartland S4

9 Junie 2022

  • The World’s Deadliest Weather S5

10 Junie 2022

  • Griff’s Great Canadian Adventure
  • United States of Al S3
  • Anni: The Honeymoon
  • Dr Pimple Popper: Pop Ups S4

11 Junie 2022

  • The Addams Family 2
  • The Devil to Pay
  • The Goldbergs S9
  • The Proof Is Out There S2
  • Babe Wase Next Door
  • Besigheid Wat Saak Maak S8

12 Junie 2022

  • Breaking News in Yuba County
  • Hitler: Uncovering His Fatal Obsession
  • The Human Torpedoes of World War II
  • Enemies of the People
  • Dave Attel: Road Work
  • Sebara
  • Unzima Umshado

13 Junie 2022

  • All American: Homecoming S1
  • American Monster 7

14 Junie 2022

  • Chernobyl Fukushima: Living with the Legacy
  • Carl Weber’s The Black Hamptons
  • Gordon Ramsay’s Future Food Stars S1
  • Hudson & Rex S4

15 Junie 2022

  • 9-1-1: Lone Star S3
  • Sealife Hunters
  • Big Restaurant Bet

16 Junie 2022

  • Noughts + Crosses S2
  • Ross Kemp: Shipwreck Treasure Hunter
  • Family Business S3

17 Junie 2022

  • Private Eyes S4

18 Junie 2022

  • The Card Counter
  • Earth’s Greatest Rivers S2
  • Clifford The Big Red Dog
  • Life Under Renovation
  • Phanda More
  • The Outpost S4
  • Uyaphuza S5
  • X Repo S2

19 Junie 2022

  • The Protégé
  • Exploration Volcano
  • Story of the Pitfire
  • The Great Way
  • Mahamba Yedwa
  • Coming Out S1
  • Umakhelwane S1
  • When Cosmetic Surgery Goes Horribly Wrong

20 Junie 2022

  • The Real Housewives of Atlanta S14
  • Mark of Serial Killer S3
  • Masters of Flip S3
  • Home of the Year Ireland S6

21 Junie 2022

  • Shooting of the Pontiff

23 Junie 2022

  • Billy the Kid S1

25 Junie 2022

  • Ron’s Gone Wrong
  • Snake Eyes: GI Joe Origins
  • The Goldbergs S9
  • DMVCA’s 2022 Red Carpet Show
  • DMVCA’s 2022 Award Show
  • Hip Hop My House
  • Restaurant Impossible
  • When Diets Go Horribly Wrong

26 Junie 2022

  • Godzilla vs Kong
  • Voices of the Dead
  • Mysteries of the Deep 2
  • The Great Fruitcake Fraud
  • Numbered
  • Kyle Kinane: I Like His Old Stuff Better
  • Inyumba
  • Kenny & Armando: Journey So Far

27 Junie 2022

  • Good Sam S1
  • New Amsterdam S4
  • Chicago Fire S10
  • We’re Here S2
  • Dinner Date S11
  • Australia’s Best House S1

28 Junie 2022

  • Powerbook II: Ghost S2
  • Dream Gardens S2

29 Junie 2022

  • Lil Jon Wants To Do What?
  • Vikings: The Rise and Fall
  • Welcome to Plathville S4

30 Junie 2022

  • Life After Lock Up S4

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies