Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Des 2022]

Wat om te kyk op DStv in Desember 2022


Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: ‘Drie Dekades se Beste Bokke met Rapport’; Alicia Vikander in ‘Irma Vep’; Ansel Elgort in ‘Tokyo Vice’; eersteklas jaareindvermaak in ‘The Royal Variety Performance 2022’, en nog.

Wat om te kyk op DStv in Desember 2022

Wat om te kyk op DStv in Desember – hier is ons top-keuses.

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

Tokyo Vice S1

Dié neo noir is gelyke dele onthutsend en meesleurend.

Dié rillerreeks is gegrond op die Amerikaanse joernalis, Jake Adelstein, se gelyknamige memoir wat in 2009 gepubliseer is. Die storie handel oor Adelstein se tyd as ’n junior misdaadverslaggewer by ’n koerant in Japan en hoe ’n veteraanspeurder vir Jake onder sy vlerk geneem het. Adelstein word deur Ansel Elgort vertolk, terwyl Ken Watanabe as speurder Hiroto Katagiri verskyn. 

Die reeks het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met Empire Magazine wat skryf: “Met oorgenoeg styl, intelligensie en onheil, is Tokyo Vice die soort uitgestrekte misdaaddrama wat werklik aan die etiket van ‘prestige’ TV voldoen.” 

Kyk Tokyo Vice S1 vanaf Woensdag, 7 Desember, om 22:00 op M-Net (DStv-kanaal 101), asook DStv Online en Catch Up.

Irma Vep

Die Sweedse aktrise Alicia Vikander vertolk Mira Harberg in dié drama oor ’n Amerikaanse aktrise wat na Frankryk verhuis om die rol van Irma Vep in ’n herverwerking van die klassieke Franse stilprent, Les Vampires, te vertolk. Dis ’n binnekring-blik, ’n fiktiewe vertelling gegrond op die werklike gebeure agter die skerms op dié stel. Dis baie in die styl van The Offer (met Miles Teller) wat vroeër vanjaar uitgereik is en om die maak van The Godfather gedraai het, maar met dié dat Irma Vep in die milieu van die Franse TV-wêreld afspeel, is daar ’n effense tong-in-die-kies-aanslag.

Die reeks spog met ’n punt van 95% op Rotten Tomatoes met die Daily Telegraph se resensent wat dit beskryf as “geestig, gesofistikeerd… Selde minder as geheel en al boeiend.”

Kyk Irma Vep se eerste seisoen vanaf Dinsdag, 13 Desember, om 22:00 op M-Net (DStv-kanaal 101), asook DStv Online en Catch Up. 

Drie Dekades se Beste Bokke met Rapport

Hierdie dokkie lig 30 van die grootste name in Suid-Afrikaanse rugby oor die afgelope drie dekades uit. Daar work gekyk na spelers soos Jean de Villiers, Jannie du Plessis en Breyton Paulse en dié vertel dan ook van hul wedervaringe as Bokke. 

Kyk Drie Dekades se Beste Bokke met Rapport op Maandag, 19 Desember om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) of DStv Online. 

This Came Out of Me S1

Jy gril dalk, maar jy kan ook nie wegkyk nie. This Came Out of Me is die perfekte reeks vir afskakel tydens die vakansie terwyl jy ook in ongeloof na jou asem snak, want, jislaaik… Die goed wat uit hierdie mense kom! In dié reeks ontmoet ons die ongevalledokter Ruby Rose en oor die loop van vier episodes is daar ’n verskeidenheid vreemde dinge wat sy uit haar pasiënte moet haal. Een pasiënt kom in met ’n stuk glas in haar oog, die ander met ’n mot in haar oor… En daar die kleuter wat ’n hele pop ingesluk het. Maar dan is daar ook goed wat die liggaam self skep wat nie daar moet wees nie, soos gewasse en ingroeinaels, en vir dié probleme staan Dr. Rose ook bont. 

Kyk This Came Out of Me S1 vanaf Saterdag, 3 Desember, om 21:00 op TLC (DStv-kanaal 135) of DStv Online. 

The Royal Variety Performance 2022

Vanjaar se skouspel is die 110ste aflewering en sluit oudergewoonte alles van stand-up komedie tot sangvertonings in. Lee Mack speel gasheer met vertonings deur onder andere die soprano Fatma Said, die rolverdeling van die verhoogproduksies Newsies en Cabaret, ’n bietjie towerkrag van die duo The Ehrlich Brothers en waagtoertjies deur lede van Cirque Du Soleil.

Kyk The Royal Variety Performance 2022 op Saterdag, 31 Desember, om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) of DStv Online. 

Nog hoogtepunte:

1 Desember 2022

  • Agter Trailes S5
  • Nurses S2
  • Hidden Passion 

2 Desember 2022

  • The Voice S22

3 Desember 2022

  • Legends Of The Pharaohs S2
  • Holiday Baking Championship: Gingerbread Showdown
  • Excommunicated: Women Fighting to be Priests
  • Wild Winter Saturdays & Sundays
  • Unfaithful
  • Paw Patrol: Big Truck
  • Stuck
  • All Elite Wrestling

4 Desember 2022

  • Andrew Murray-prysfonds Toekenningsaand 2022
  • Extreme Salvage Squad S3 
  • The Motoring Gifts: Giveaway Show
  • Return to Justice

5 Desember 2022

  • The Good Fight S6 
  • Portillo’s Greatest Railway Journeys S1
  • The Villains of Valley View S1 
  • Team Sayari S1 
  • Buy It or Build It
  • Masterchef Junior USA S8
  • Gossip Girl S1
  • Christmas at the Chateau
  • Paw Patrol: New Puppy & Liberty

6 Desember 2022

  • The Equalizer S3
  • Julia
  • Christmas Every Day
  • Family Law S2

7 Desember 2022

  • The People’s Choice Awards
  • A Christmas Star
  • Chicago PD S8

8 Desember 2022

  • First Contact: An Alien Encounter S1 
  • Life After Lockup S4
  • The Daily Show With Trevor Noah S28 finale
  • Survivor Australia S9
  • The Rookie S4
  • A Christmas Chorus

9 Desember 2022

  • Sue Perkins’ Big American Road Trip S1 
  • Kindig Customs S9 
  • Who the Bleep Did I Marry S6
  • A Christmas Cancellation

10 Desember 2022

  • BBC 100 Women in Conversation: Billie Eilish
  • The Generation of Women Forced to Go Childless
  • Beurtkrag

11 Desember 2022

  • E! VIP S2
  • Moonfall 
  • Christmas is Cancelled
  • A Loud House Christmas Movie

12 Desember 2022

  • Gold Rush White Water S6 
  • It’s Compliplated S1
  • 101 Places to Party Before You Die S1
  • JoJo & Gran Gran: It’s Time for a Voyage 
  • Journey of India
  • Beverly Hills Christmas 

14 Desember 2022 

  • Love After Lockup: Self Shot S1
  • Tom Swift S1
  • Power of Plants
  • The Renovator
  • A Match Made at Christmas

15 Desember 2022

  • Jamie Oliver’s One Pan Wonders S1 Xmas Special
  • After Happily Ever After S1
  • The Least of These 

16 Desember 2022

  • Wipeout USA S9B
  • Mrs Browns’ Boys Christmas Specials
  • Against All Odds: The Alwyn Uys Story
  • The Gift of Christmas

17 Desember 2022

  • Great British Bake-Off Special: Christmas 2020
  • Desember Diewe
  • Glastonbury at 50
  • Unstoppable: The Rebecca Nagel Story

18 Desember 2022

  • Spencer
  • Mexican Mafia Assassin
  • Kill Me Later
  • Ultimate Space Telescope

19 Desember 2022

  • Keeping Up With The Kardashians Christmas Special 
  • The Real Housewives Of Durban S2
  • Grand Designs New Zealand S5
  • Border Security: America’s Frontline S3
  • Chasing the Stars
  • The Chosen Granddaughter

20 Desember 2022

  • Basketball Wives LA S10B
  • Celebrity IOU S3B
  • Vrywater
  • Christmas Child

21 Desember 2022

  • Little People Big World S15B
  • Marine Mammals Born to Swim
  • It’s a Wild Christmas
  • The Hatcher Family Diary

22 Desember 2022

  • Amazing Spaces Special – Iceland

23 Desember 2022

  • The Porter S1
  • Britain’s Secret Island
  • 30 Greatest Moments – Adele
  • Dr. Pimple Popper S5 Xmas Special

24 Desember 2022

  • Die kykNET Kersfees Blyspel
  • China’s Last Little Train
  • Kenny Rogers: All In For The Gambler
  • Let’s Get Together

25 Desember 2022

  • Battle of the Ballroom
  • The History of Christianity 
  • Die Gauteng Filharmoniese Orkes Kerskonsert
  • Edge of the Unknown with Jimmy Chin S1

26 Desember 2022

  • The Real Housewives Of Salt Lake City S3
  • Pop Goes The Vet With Dr. Joya
  • Dogs Behaving (Very) Badly S4
  • The Virus Within Us
  • Surviving the Teenage Brain
  • The Elon Musk Show

27 Desember 2022

  • Katvis

28 Desember 2022

  • World’s Greatest Train Journeys from Above

29 Desember 2022

  • Evil S3
  • Nancy Drew S3

30 Desember 2022

  • Reinventing New York 
  • Chocolate Perfection
  • Bennie Bingo
  • Nagvoël
  • Bel Air S1
  • BGT: The Ultimate Magician

31 Desember 2022

  • Iran From Above
  • Andre Rieu: Falling In Love (Maastricht) 
  • Martin Lawrence Live: Runtreldat 
  • Pups Alone
  • The Rock & Roll Hall of Fame 2022 Inductions

      Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

      Wat, waar en wanneer?

      Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

      Sien ook Meer

      Jy sal hou van:

      Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

      Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

      Meer

      ‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

      Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

      Meer
      12

      12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

      Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

      Meer

      Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

      Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

      Meer
      Sien alle opsies