Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Aug 2022]

Wat om te kyk op DStv in Augustus 2022


Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die tweede seisoen van die lag-uit-jou-maak-uit heerlike komedie, ‘Hacks’; die mag van vroue in ‘Run the World’; en die geloofde dramareeks ‘Gentleman Jack’ se tweede uittog.

Wat om te kyk op DStv in Augustus 2022

Wat om te kyk op DStv in Augustus – hier is ons top-keuses.

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

Run the World S1

Run the World is ’n komediereeks wat draai om die lief en leed van ’n hegte groep vriendinne wat in Harlem, New York, woon, werk en (meestal) floreer. Terwyl Whitney (Amber Stevens West), ’n bankier, haar troue beplan, is Renee (Bresha Webb) se huwelik op die rotse. Skrywer Ella (Andrea Bordeaux) skryf vir ’n nuwe aanlynpublikasie en Sondi (Corbin Reid) is ’n student wat met haar universiteitsadviseur uitgaan. Die reeks herinner baie aan die ikoniese reeks Girlfriends wat vanaf 2000 tot 2008 op die lug was. 

Die reeks het 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes – glad nie te versmaai nie. Variety skryf oor die reeks: “Deur stories te vertel oor verhoudingsdinamika en vroue wat hul dertigs met ’n mengsel van vrees en vasberadenheid ingaan, vertel Run the World tydlose stories met sy eie geestige aanslag.” 

Kyk weeklikse episodes vanaf Maandag, 15 Augustus, om 22:00 op 1Magic (DStv-kanaal 103), DStv Online en Catch Up.

Hacks Season S2

Dis haas onmoontlik om nie Hacks te geniet nie. Die skryfwerk en storielyn is bytend slim en snaaks, met die vertelling wat met briljante spel deur Jean Smart en Hannah Einbinder verhef word. Die eerste seisoen is vir ’n allemintige 15 Emmy-toekennings benoem, met Smart wat onder andere vir haar karakterwerk as die legendariese Las Vegas-komediant, Deborah Vance, gewen het. In die tweede seisoen ontwikkel die komplekse verhouding tussen Deborah en die veel jonger skrywer op haar span, Ava (Einbinder), verder as hulle Deborah se nuwe stand-up show op toer neem. 

Die tweede seisoen het, soos die eerste, ’n punt van 100% op die Rotten Tomatoes met die konsensus wat lui: “Hacks vat die pad, maar Jean Smart en Hannah Einbinder is steeds baie tuis bymekaar in ’n uitstekende tweede seisoen wat nuwe maniere vind om die sentrale paar se lieflike vriendskap te verdiep.” 

Frame Rated se resensie lui: “Hacks staan uit in die TV-komedielandskap omdat dit nie die lelikste dele van sy karakters verbloem of daarvan wegskram nie. Vroue is ingewikkeld.”

Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 12 Augustus, om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online en Catch Up.  Die eerste seisoen is op Showmax beskikbaar.

Gentleman Jack S2

Dié historiese romantiese dramareeks is gegrond op die dagboeke van die Victoriaanse era lesbiese grondeienaar en nyweraar Anne Lister (gespeel deur Suranne Jones). Die nuwe seisoen begin in 1834, ’n maand ná Anne en Ann (Sophie Rundle) se private huwelikseremonie, met Anne wat Shibden Hall vir Ann se aankoms voorberei. Maar Anne se voormalige liefde, Marianna (Lydia Leonard), blyk ’n oënskynlike stok in die wiel vir hul planne te wees. Daarmee saam begin koerante oor Anne se seksualiteit te bespiegel.

Jones is wyd geloof vir haar spel in albei seisoene (jy kan die eerste seisoen op Showmax kyk). 

The Guardian beskryf die reeks as “’n meesterstuk” terwyl Metro UK dit as een van die mooiste reekse van die jaar bestempel. “Visueel is dit een van die mooiste dinge waarna jy die hele jaar sal kyk. Van die sorgvuldig vervaardigde tydperkkostuums, versier met krulle en korsette, tot die pragtige Yorkshire-tonele, wat die reeks help om soveel sjarme te behou.” 

Kyk weeklikse episodes vanaf Donderdag, 18 Augustus, om 20:30 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online en Catch Up.

DMZ S1

In DMZ word Manhattan ’n gedemilitariseerde sone as ’n  burgeroorlog in die VSA uitbreek. Dié distopiese mini-reeks met vier episodes is deur Roberto Patino (’n skrywer en uitvoerende vervaardiger op Westworld se eerste twee seisoene) vir HBO geskep. Midde die chaos, soek die medikus Alma Ortego (Rosario Dawson) na haar verlore seun, terwyl haar eks-liefde, Parco (Benjamin Bratt) beheer van die boonste deel van Manhattan as leier van die Spaanse Harlem Kings-bende neem.

Kyk weeklikse episodes vanaf Vrydag, 19 Augustus, om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online en Catch Up.

Ook nuut op DStv in Augustus:

1 Augustus 2022

  • Impossible Animals With Patrick Ayree
  • The Real Housewives of Beverly Hills S12
  • Super Slime
  • The Great British Sewing Bee S6
  • Come Dine With Me S17
  • Baby Boss
  • The Big Bozza Cook-Off S2
  • Hair to the Throne S2
  • Building Off The Grid S6
  • Women on the Force S1-2
  • Real Health Season 15

2 Augustus 2022

  • The Daily Show With Trevor Noah
  • History by the Numbers
  • Hometown Kickstart
  • My Horror Love Story: Kenya S1
  • Mom versus Wife: Kenya S2
  • Dloz’lami S6

3 Augustus 2022

  • Animal Armour
  • The Wheel S2
  • Sistas S4
  • Wawu That’s My Dress: Zambia S2
  • My Zambian Plate
  • Rea Tsotella S18
  • Hollywood A-List
  • Lounge Series S2

4 Augustus 2022

  • Family Business S3
  • People Magazine Investigates S6

5 Augustus 2022

  • Ayeye S2
  • Dessert Games

6 Augustus 2022

  • Respect
  • Norm of the North: Family Vacation
  • Miss Delivery
  • DJ Zinhle: The Unexpected S2
  • Call the Midwife S11
  • Spin Outlaws
  • Dance Naija Dance

7 Augustus 2022

  • Snake Eyes: GI Joe Origins
  • Imbangi
  • Kortes
  • Uyajola 99 S9
  • Culture Swap S1
  • Sunday Gospel
  • Ghaag Johnny

8 Augustus 2022

  • The Comedy Central Roast of Khanyi Mbau Brought To You by Showmax
  • MasterChef: The Professionals S14
  • Secrets of the Zoo S3
  • Luxury Homes S2
  • Afrimaxx S1

9 Augustus 2022

  • Chicago Med S7
  • Chicago PD S9
  • Shed & Buried S4
  • Farmhouse Facelift
  • Say Yes to the Dress S20

10 Augustus 2022

  • Doodgewone Jo S6
  • Kom Ons Braai: Celebs S1

12 Augustus 2022

  • Slim Sy Baas S5

13 Augustus 2022

  • Norm of the North: Keys to the Kingdom
  • Hart in Bos
  • Miss SA 2022
  • Kom Ons Braai: Familie en Vriende S17

14 Augustus 2022

  • Midnight in the Switchgrass
  • Celebrity Game Face S2
  • Zindala Zimbili
  • Stina

15 Augustus 2022

  • Killer Siblings S2
  • Suppressed Science
  • Have Faith S4
  • Open House S2

16 Augustus 2022

  • Tournament of the Champions S3
  • Million House Hunters Australia

17 Augustus 2022

  • Return of the Buffalo – Restoring the Great Prairie
  • Primal Survivor S6

18 Augustus 2022

  • Outback Opal Hunters S5

19 Augustus 2022

  • The Bridge UK S2
  • Nancy Drew S3
  • Wipeout S8
  • Alex Polizzi: My Hotel Nightmare
  • Cesar Milan: Better Human, Better Dog S2

20 Augustus 2022

  • Super Pumped: The Battle for Uber S1
  • In the Dark S4
  • No Sudden Move
  • Teachers S3
  • Classical Destinations: The Great Composers
  • I Was There S1
  • Spoedgrens
  • My Extreme OCD Life

21 Augustus 2022

  • Mysteries of the Deep S2
  • Infinite
  • Arctic Vets S2
  • The Orville S3
  • Inside Out S2
  • Colours S3
  • A Friend in Deed
  • Kasi Loving
  • Hate Story

22 Augustus 2022

  • House of the Dragon S1 (03:01 express) (Ed’s Choice)
  • The Bay S3
  • Basketball Wives S10
  • Guy! Hawaiian Style

23 Augustus 2022

  • Night of Doom

24 Augustus 2022

  • Our House S1
  • 90-Day Diaries S3

25 Augustus 2022

  • My Name is Reeva

26 Augustus 2022

  • Battle on the Beach S2

27 Augustus 2022

  • Sing 2
  • Ray Donovan: The Movie
  • Mal
  • Eating Ourselves to Death

28 Augustus 2022

  • West Side Story
  • The Proposal
  • Abangani
  • My Obese Life

29 Augustus 2022

  • Scott’s Vacation House Rules
  • Building Alaska S10

30 Augustus 2022

  • I Love A Mama’s Boy S3

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies