Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Mar 2023]

Wat om te kyk op Apple TV, Amazon Prime Video en Netflix in Maart 2023


Wat om te kyk op Apple TV, Netflix, en Amazon Prime Video vandeesmaand: Die tweede seisoen van die fantasiereeks ‘Shadow & Bone’, ’n skoolreünie wat op die apokalips uitloop in ‘Class of ’07’, ’n droom-rolverdeling met Meryl Streep, Edward Norton en ander in die dramareeks ‘Extrapolations’, en nog.

Wat om te kyk op Apple TV, Amazon Prime Video en Netflix in Maart 2023

Wat om te kyk op Apple TV, Amazon Prime Video en Netflix vandeesmaand – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Apple TV

Tetris

Tetris vertel die ongelooflike ware verhaal van hoe een van die wêreld se gewildste videospeletjies sy weg na spelers reg oor die wêreld gevind het. 

Taron Egerton vertolk Henk Rogers, wat die speletjie in 1988 ontdek het. Rogers waag dan als as hy na die Sowjetunie reis om die speletjie se skepper, Alexey Pajitnov (vertolk deur Nikita Efremov) te ontmoet en hulle dan kragte saamsnoer om Tetris op massaskaal te versprei. 

Hoewel dié fliek gegrond is op die ware verloop van gebeure rondom een van die mees ikoniese speletjies ter wêreld, speel dit soos ’n Koue Oorlog-riller uit.

Stroom Tetris op Apple TV vanaf 31 Maart. 

The Big Door Prize

Dié komediereeks is gegrond op die gelyknamige roman deur M.O. Walsh. 

Dit vertel die verhaal van ’n klein dorpie wat onherroeplik verander word as ’n masjien, skielik en sonder verduideliking, in een van die dorp se winkels te voorskyn kom. Dis nie sommer enige toestel dié nie – dié masjien beloof om elkeen van die dorp se inwoners se ware lewenspotensiaal te openbaar. Dis nie lank nie of daar is van hulle wat hul werke bedank en ander loopbane oorweeg. Ander begin oor hul verhoudings nadink en hul oortuigings bevraagteken. 

Dink jou net in, nè. Net die idee dat so iets bestaan, maak ons groen van jaloesie… 

David West Read, ’n bekroonde skrywer en vervaardiger wat veral bekend is vir sy werk op Schitt’s Creek, is die reeksskepper. Onder die spelers tel die lieflike Chris O’Dowd (The IT Crowd, Get Shorty), Gabrielle Dennis (S.W.A.T.) en Josh Segarra (Arrow, FBI).

The Big Door Prize, bestaande uit tien episodes, is vanaf 29 Maart op Apple TV beskikbaar om te stroom. 

Extrapolations 

Dié dramareeks se rolverdeling is ’n ellelange lys van toneelspel se bestes – van Edward Norton, Keri Russell en Meryl Streep, tot Forest Whitaker, Toby Maguire en Sienna Miller. 

Extrapolations is ’n nuwe bloemlesingreeks (á la American Horror Story, The Sinner, ens.) uit die pen van die skrywer, regisseur en uitvoerende vervaardiger, Scott Z. Burns. Daarin word agt verskillende stories verweef om die impak van klimaatsverandering op die planeet uit verskillende invalshoeke en benaderings te wys. 

Terwyl dié stories verskil, dien die sentrale tema as ’n strak herinnering dat die stryd vir die mens se toekoms (en veral ons toekoms op planeet aarde) ons aan mekaar verbind. 

Die reeks, bestaande uit agt episodes, is vanaf 17 Maart op Apple TV beskikbaar om te stroom. 

Amazon Prime Video 

Class of ’07

Class of ’07 is ’n komedie oor ’n nimmereindigende hoërskool-reünie. 

As ’n apokaliptiese vloedgolf die tien-jaar-reünie van ’n meisieshoërskool tref, moet ’n groep vroue ’n manier vind om bo-op die eilandpiek van hul hoërskoolkampus te oorleef. Hul grootste bedreiging vir oorlewing blyk egter nie die einde van die wêreld te wees nie – eerder mekaar soos dekade oue dramas weer opgediep word. 

Dié reeks word beskryf as ’n “liefdesbrief aan vriendskap tussen vroue” met die tematiese spil wat draai om vriende wat hul weg terug na mekaar vind. Dis dat dit tydens die apokalips afspeel wat dit lekker laf maak. 

Die rolverdeling sluit onder andere vir Emily Browning, Megan Smart, Caitlin Stasey en Sarah Krndija in. 

Stroom dit op Amazon Prime Video vanaf 17 Maart. 

The Power 

In The Power ontmoet ons tienermeisies wat, skielik, en sonder waarskuwing, die vermoëns ontwikkel om mense na goeddunke dood te skok. 

Die reeks het ’n rolverdeling van merkwaardige karakters wat van Londen en Seattle tot Nigerië en Oos-Europa strek. Die ontwikkeling van dié kragte het egter verreikende gevolge wat die wêreld se magsbalans kan omdolwe. Ha… ’n non-patriargale wêreld waarin vroue veilig kan wees… Klink effe utopies. 

True Blood se Raelle Tucker is die reeks se showrunner, met onder andere Toni Collette, John Leguizamo, Josh Charles en Eddie Marsan in die rolverdeling. 

Stroom dit vanaf 31 Maart op Amazon Prime Video. 

Netflix

MH370: The Plane That Disappeared

Malaysian Airlines Vlug 370 was veronderstel om ’n roetine-reis te wees – ’n vlug van Kuala Lumpur na Beijing, met 239 passasiers en bemanning aan boord. Maar kort nadat die vliegtuig op 8 Maart, 2014 opgestyg het, het MH370 van radarskerms en opsporingstelsels verdwyn. Nêrens, maar nêrens te vinde nie.

Dié skokkende verdwyning het die passasiers se naasbestaandes in ’n nagmerrie gedompel, maar dit was maar net die begin van ’n wêreldwye soektog na antwoorde. Hierdie aangrypende dokumentêre reeks speel oor sewe verskillende lande af en gebruik argiefmateriaal om die nag van die verdwyning te herskep. Só kry kykers dan die kans om – oor die loop van drie episodes – drie van die mees omstrede teorieë oor die vliegtuig se verdwyning te verken. 

Die kort dokkiereeks sluit ook onderhoude met familielede, wetenskaplikes, en joernaliste in soos sameswerings, rabbit holes en opgehoopte onbeantwoorde vrae onder die loep kom. 

Vanaf 8 Maart op Netflix beskikbaar om te stroom. 

Shadow and Bone S2 

In die tweede seisoen van Shadow and Bone slaan Alina Starkov op vlug. Terwyl sy vir sommige ’n baken van hoop is, sien ander haar eerder as ’n verraaier wat vasgetrek moet word. 

Dié fantasiereeks is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo, die Shadow and Bone-trilogie en die Six of Crows-boeke, gegrond. 

In die eerste seisoen het ons vir die jong, dapper Alina (Jessie Mei Li) – ’n weeskind wat later ’n kartograaf in die Ravka-weermag word – ontmoet. Maar toe vind sy uit sy is ’n Grisha – iemand met spesiale magte of vermoëns – en dat sy glo ook sommer die ene “Sun Summoner” is wat Ravka van die duistere en dodelike “Shadow Fold” en sy monsters moet red. Soos dié nuus versprei, blyk dit dat nie almal haar as ’n redder sien nie. Met haar lewe op die spel, is daar byna niemand wie sy kan vertrou nie. Dis nou behalwe vir Mal (Archie Renaux), haar beste vriend van kindsbeen af in die weeshuis. 

In die tweede seisoen is Alina steeds vasbeslote om Ravka van ondergang te red terwyl sy en Mal ook uit die bose Generaal Kirigan (Ben Barnes), óftewel The Darkling, se kloue probeer bly. 

Die tweede seisoen is vanaf 16 Maart beskikbaar om op Netflix te stroom. Die eerste seisoen is ook op Netflix beskikbaar. 

Nog nuut op Netflix vandeesmaand:

1 Maart 2023

  • Wrong Side of the Tracks: S2 – Netflix Series
  • Cheat – Netflix Series
  • Tonight You’re Sleeping with Me – Netflix Film

2 Maart 2023

  • Framed! A Sicilian Murder Mystery: S2 – Netflix Series
  • Masameer County: S2 – Netflix Series
  • Sex/Life: S2 – Netflix Series
  • Monique Olivier: Accessory to Evil – Netflix Documentary
  • Karate Sheep – Netflix Kids & Family Series

3 Maart 2023

  • Next in Fashion: S2 – Netflix Series
  • Love at First Kiss – Netflix Film

4 Maart 2023

  • Divorce Attorney Shin – Netflix Series
  • Chris Rock: Selective Outrage – Netflix Comedy Special

6 Maart 2023

  • Ridley Jones: S5 – Netflix Kids & Family Series

8 Maart 2023

  • Faraway – Netflix Film

9 Maart 2023

  • You: S4 Part 2 – Netflix Series

10 Maart 2023

  • The Glory Part 2 – Netflix Series
  • Rana Naidu – Netflix Series
  • Outlast – Netflix Series
  • Have a nice day! – Netflix Film
  • Luther: The Fallen Sun  – Netflix Film

14 Maart 2023

  • Ariyoshi Assists – Netflix Series
  • Bert Kreischer: Razzle Dazzle – Netflix Comedy Special

15 Maart 2023

  • The Law of the Jungle – Netflix Series
  • Money Shot: The Pornhub Story – Netflix Documentary

16 Maart 2023

  • Still Time – Netflix Film

17 Maart 2023

  • Maestro in Blue – Netflix Series
  • Sky High: The Series – Netflix Series
  • Dance 100 – Netflix Series
  • In His Shadow – Netflix Film
  • Noise – Netflix Film
  • The Magician’s Elephant – Netflix Film

20 Maart 2023

  • Gabby’s Dollhouse: S7 – Netflix Kids & Family Series

21 Maart 2023

  • We Lost Our Human – Netflix Kids & Family Series

22 Maart 2023

  • Invisible City: S2 – Netflix Series
  • The Kingdom: S2 – Netflix Series
  • Waco: American Apocalypse – Netflix Documentary

23 Maart 2023

  • The Night Agent – Netflix Series
  • Johnny – Netflix Film

24 Maart 2023

  • Love Is Blind: S4 – Netflix Series
  • Chor Nikal Ke Bhaga – Netflix Film

28 Maart 2023

  • Mae Martin: SAP – Netflix Comedy Special

29 Maart 2023

  • Unseen – Netflix Series
  • Wellmania – Netflix Series
  • Emergency: NYC – Netflix Documentary

30 Maart 2023

  • Unstable – Netflix Series
  • Riverdale: S7 – Netflix Series
  • From Me to You: Kimi ni Todoke – Netflix Series
  • Big Mäck: Gangsters and Gold – Netflix Documentary

31 Maart 2023

  • Copycat Killer – Netflix Series
  • Kill Boksoon – Netflix Film
  • Murder Mystery 2 – Netflix Film

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies