Menu terloops

Virgin River S1-4

Op Netflix [Gepubliseer op 20 Jul 2022]


Die vierde seisoen van ‘Virgin River’ is flouer as die eerste drie, maar as jy verby die clichès en reuse-gapings in die storielyn (en daar is baie) kan kyk, is dit goed genoeg vir ’n binge-sessie ná ’n lang werksweek.

Virgin River S1-4
Kyk lokprent

Die vierde seisoen van die dramareeks Virgin River is nou op Netflix.

Ten spyte daarvan dat sy nie weet of haar baba dié van haar oorlede man, Mark, of aan haar aan-af-aan-af-af-aan-boyfriend Jack, behoort nie, is Mel heel optimisties met die aanvang van dié gewilde smartsaga se nuwe seisoen.

Mel is immers al deur diepe waters. Sy smag al etlike jare om ma te word, al was haar dokters dit eens dat sy nie haar eie biologiese kinders sou kon hê nie. Maar nou is sy een tree nader aan die werklikheid. Terwyl Jack ondersteunend en selfs opgewonde is, knaag die vraag oor of dit nou sy, of Mark, se kind is, aan hom. Sake word verder bemoeilik as ’n aantreklike nuwe dokter in die klein dorpie aankom.

Die Virgin River-span is reeds besig met die vervaardiging van die vyfde seisoen.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies