In sy nuwe stand-up special, Trevor Noah: I Wish You Would, ’n breedvoerige blik op schadenfreude, is daar niemand wat meer onder sy skerp, bitsige tong deurloop as die komediant self nie.
Trevor Noah: I Wish You Would kom vier jaar ná die vrystelling van Son of Patricia. As sulks het die wêreld intussen heelwat verander. Meer as wat ons sou kon verwag, gegewe Covid en die verreikende kettingreaksie wat dié pandemie ontlok het. Dis vanselfsprekend ’n veranderde Trevor Noah wat op die verhoog in Toronto sy mikrofoon in die openingstonele toets. Slegs ’n paar maande gelede het hy aangekondig dat hy die leisels van The Daily Show oorgee. Anders as baie van sy late night kollegas, is Noah se besluit gemik daarop om op ’n high uit dié wêreld te tree en weer voluit sy liefde vir stand-up uit te leef. Dis ’n TV-wêreld wat as ’n über-realistiese spieël vir kykers dien, veral wat politiek en sosiale omstandighede betref.
Deur te luister, laat hy ruimte vir begrip en, more often than not, word sy insigte só ’n padkaart van een grap na die ander.
Ons almal ken teen dié tyd Noah se agtergrondstorie. Dís ook dan waarop hy in I Wish You Would staatmaak. Dit verg dus nie tyd “mors” op onnodige konteks skep nie. I Wish You Would is dus meer gefokus op sy daaglikse wees en ervaringe en die wêreld waarin hy beweeg. Dit maak dit onverwags intiem en gemaklik. Amper soos die Between the Scenes-videos waarin hy met die gehoor van The Daily Show-opnames gesels. Eerlik, onopgesmuk. Bitter snaaks omdat sy waarnemenings so flippen diepgaande is en oorvertel word met sy duidelike behoefte om mense terselfdertyd te laat lag én dink wat in die pouses tussen stories deurskemer.
Dans dans dans
Noah is ’n meester van die segue – niemand kan só glad tussen grappe en temas maneuver nie. ’n Rats dans op die maat van noukeurige intepretasies van sy waarnemings. Deur te luister, laat hy ruimte vir begrip en, more often than not, word sy insigte só ’n padkaart van een grap na die ander. He connects the dots op maniere wat sowel onwaarskynlik as glaringly obvious is.
Niks is oortollig nie en eintlik is sy dialoog min in vergelyking met ander stand-up komediante. Hy staan wel die verhoog – en elke storie – vol met vertellings wat ryk is aan aksente, gesigsuitdrukkings, sy kenmerkende heen-en-weer-stappie oor die verhoog, ’n bietjie sweet op die voorkop en sy signature uitroep: “What are you doing!?” as iets vir hom net té belaglik is.
Dit baat dalk om ’n Trevor Noah show te beskou as ’n besoek van kersvader. Hy bring baie presente saam, en dié boksies maak hy een vir een oop en pak dit voor jou uit. Tot jy kom by die laaste boksie en besef dis eintlik een groot klimraam en daai eerste grappie is wat jou laaste wooo-weee! by die glyplank die lekkerste maak.
Slim komedie
Noah se komedie is slim en juis daarom is die rakleeftyd van sy specials so lank. Jy kan maklik na 2009 se Daywalker kyk en dit steeds relevant vind. Sy werk is beide nougeset en gefokus – tematies, geografies en andersins – asook nie. Die rakleeftyd is heeltemal te danke aan daai connecting the dots-towerkrag; om die aweregse, anderste, vars take op ’n onderwerp wat al holrug gery is, te vind.
En dis ook hoekom hy kan grap oor Koningin Elizabeth se dood op só ’n manier dat jy wonder hoekom ons nie almal slegpraat na hul dood nie. Dit is immers die beste tyd om dit te doen. Die enigste tyd wat dit eintlik toelaatbaar is, gooi hy terug as mense gasp oor hy oor haar heengaan grap. Plaas wees ons nice met mekaar as ons lewe, is sy argument. En boonop was sy “klaar” gelewe. Vir wat moet ons sleg voel? Wat meer wil jy hê?
She’s buried with the jewels. #Winning! You want the colonies to be sad? Those are their jewels! Africans are like, ‘can we have our diamonds back?’ They’re like, ‘No, no,no, the queen takes them with her!’
Trevor Noah
Hy’t ’n punt. (Hy het altyd ’n punt.)
Niks soos kerrie en schadenfreude vir ete nie
Hy rol deur waarhede oor die kolonies, en dinosaurs, en mense in gruwelflieks wat kak dom is, voordat hy dit terugbring – op sy manier – na Koningin Elizabeth. Terselfdertyd stuur hy vorentoe om Covid aan te spreek: Die wêreld kan bly wees dat Afrikane nie spiteful is nie, vat hy die verskillende stories saam. Sy insigte oor Covid is interessant genoeg om die gatvolgeit oor dié onderwerp te omseil: We did this to ourselves.
Dis hoe hy na ons gefolterde bestaan kan kyk – na ons liefde vir leedvermaak, daai schadenfreude wat die draad deur die hele special is – wat hom met sy gehoor vereenselwig. Hy draai later na Kanada se Justin Trudeau (en kerrie) om die special af te rond met ’n storie wat hom, Noah, soos die grootste idioot van die dag laat lyk.
Dit bring dit als lag-lag terug na schadenfreude. Joune, myne, syne.
Nou op Netflix beskikbaar om te stroom.
Kry Netflix met DStv
DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →