Menu terloops

Tokyo Vice S1

Op DStv [Gepubliseer op 16 Mar 2023]


‘Tokyo Vice’ is gegrond op die gelyknamige boek deur Jake Adelstein.

Tokyo Vice S1
Kyk lokprent

Ansel Elgort en Ken Watanabe vertolk die hoofrolle in Tokyo Vice, ’n misdaaddrama waarin ’n Westerse joernalis (Elgort) een van Tokio se grootste misdaadbase aanvat. 

Soos die boek, vertel die reeks die ware verhaal van Adelstein, ’n Amerikaanse joernalis wat na Tokio verhuis en by die bekende koerant, Yomiuri Shimbun, begin werk het nadat hy hul berugte en vreeslik streng taaleksamen geslaag het. Só het hy dié koerant (in die reeks Meicho Shimbun genoem) se eerste buitelandse joernalis geword – boonop ook hul misdaadverslaggewer. Tot sy groot voordeel, besluit ’n veteraanspeurder (Watanabe) om hom onder sy vlerk te neem. Saam-saam ondersoek hulle die donker en gevaarlike wêreld van Japanse georganiseerde misdaad. Veral die doen en late van die Yakuza kom onder die loep.

Die reeks, wat reeds vir ’n tweede seisoen hernu is, het ’n punt van 85% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. 

Weeklikse episodes van Tokyo Vice word vanaf Woensdag, 15 Maart, om 23:00 op M-Net (DStv-kanaal 101 en DStv Online) uitgesaai. Dit sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies