In Time, vertolk Sean Bean, bekend vir onder meer sy rol in Game of Thrones (en hoe hy omtrent in elke reeks of fliek waarin hy speel, sterf), die rol van Mark. Hy is ’n nuwe gevangene wat deur skuldgevoelens vir sy misdrywe oorrompel word.
Daarenteen is Eric, vertolk deur Stephen Graham, ’n tronkbewaarder wat diegene in sy sorg probeer beskerm.
Een van die gevaarlikste gevangenes in die tjoekie kom gou agter hy kan dié “swakheid” misbruik, maar dit plaas vir Eric in ’n heel nuwe penarie waarin sy beginsels en sy liefde vir sy gesin getoets word.
Time het ’n rare 100%-punt op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Die kritici-konsensus lui: “Sterk skryfwerk en ’n manjifieke vertoning deur Sean Bean sorg vir ’n ongelooflike, prikkelende storie.”
Vanaf 1 Julie op Showmax.