Menu terloops

The Summer I Turned Pretty S1-2

Op Ander [Gepubliseer op 14 Jul 2023]


Die tienerdrama ‘The Summer I Turned Pretty’ is deur Jenny Han van ‘To All the Boys I’ve Loved Before’-faam vir Prime Video geskep.

The Summer I Turned Pretty S1-2
Kyk lokprent

Oraait, dié reeks is effe cringe. MAAR (en dis ’n belangrike maar . . .) cringe is soms wat jy nodig het op jou kyklys. Veral as jy net iets breinloos wil kyk wat jou dalk-dalk selfs ’n traan of twee sal laat stort.

The Summer I Turned Pretty is daai tipe reeks wat dit sélf ongelooflik ernstig opneem. Dít is tog ’n tienerdrama en is dit maar nie wat tieners doen nie? Dit is in wese ’n romantiese tienerdramareeks en deur die skrywer Jenny Han vir Amazon Prime geskep. Han is bekend vir haar To All the Boys I’ve Loved Before-boekreeks wat in flieks op Netflix omskep is.

Die eerste seisoen van The Summer I Turned Pretty het afgeskop af met ’n tipiese vakansietema met’n onskuldige saamkuiery by vriende se strandhuis wat weldra tot groot drama, hartseer en onsekerheid lei.

Isabel ‘Belly’ Conklin (Lola Tung), wat as een van die talentvolste nuwelinge in die bedryf beskryf word, word in die tweede seisoen herenig met haar oorbeskermende broer, Steven (Sean Kaufman) en hul twee vriende, die broers Jeremiah (Gavin Casalegno, Vampire Diaries) en Conrad Fisher (Christopher Briney, Daliland).

Aan die einde van die eerste seisoen is Belly se hoop op wederkerige liefde verpletter as Conrad haar nie in dieselfde lig beskou nie. Sy het ook besef dat Conrad baie verander het sedert hulle mekaar laas gesien het. Dan raak sy met Jeremiah deurmekaar…

In die tweede seisoen voel die sestienjarige Belly vasgekeer tussen Conrad en Jeremiah, wat albei om haar hart meeding. Dít terwyl hul ma, Susannah (Rachel Blanchard van Clueless-faam), ’n moeilike stryd teen kanker veg.

Somer by die vakansiehuis in Cousins Beach voel dus wildvreemd; glad nie soos die vorige somers waarna sy so uitgesien het nie.

Maar as ’n onverwagte besoeker die toekoms van die vakansiehuis – Susannah se gunsteling-plek op aarde – bedreig, maak Belly werk daarvan om al die vriende saam te trek om ’n oplossing te vind. Sy sal egter ook eens en vir altyd moet besluit by watter van die twee Fisher-broers haar hart lê . . .

Lola Tung (Belly) en Gavin Casalegno (Jeremiah)

Die reeks raak ook belangrike en diep temas aan; daar sal noodwendig jonger kykers wees wat hierby kan aanklank vind. Dalk help dit hulle om nie so alleen te voel nie. Of dalk por dit hulle aan om met ’n eerlike en oop gemoed die lewe aan te pak. So smart-agtig as wat dié storielyn is, is daar dus wel positiewe te vinde. 


Kyk die tweede seisoen van The Summer I Turned Pretty vanaf Vrydag, 14 Julie 2023, op Prime Video. Die eerste seisoen is ook op Prime Video beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies