Menu terloops

The Sandman S1

Op Netflix [Gepubliseer op 5 Aug 2022]


‘The Sandman’ is gegrond op die gelyknamige strokiesprent deur Neil Gaiman wat die onheilspellende wêreld van die bonatuurlike, alternatiewe realiteite en drome verken.

The Sandman S1
Kyk lokprent

Gaiman se The Sandman is ’n kombinasie van donker fantasie, mites en historiese drama waarin Morpheus, oftewel die Heer van The Dreaming (wat ons droomland sou noem), die vertelling stuur. Die storie volg Morpheus en sy pogings om orde in The Dreaming te herstel ná hy uiteindelik van 70 jaar se gevangenesskap in die “waking world” ontsnap. In sy afwesigheid het absolute wanorde in The Dreaming ontstaan. Só begin sy pogings om sy mag en droom-koninkryk in ere te herstel. Dis natuurlik makliker gesê as gedaan…

Dié verwerking van The Sandman is deur Gaiman self gelei. Aanhangers van die strokiesprent kan dus gerus voel dat die Netflix-reeks getrou aan die oorspronklike gees van die verhaal bly.

Vanaf 5 Augustus op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies