Menu terloops

The Pentaverate

Op Netflix [Gepubliseer op 5 Mei 2022]


In ‘The Pentaverate’, Mike Myers se nuwe komediereeks, speel die akteur en skepper bykans ál die verskillende rolle.

The Pentaverate
Kyk lokprent

In The Pentaverate is Mike Myers van Austin Powers-faam ene Ken Scarborough (asook omtrent elke ander karakter wat ons ontmoet…)

Myers is ook die skeppende dryfkrag agter dié komediereeks wat uit sy 1993-fliek, So I Married an Ax Murderer, gespruit het. 

Die reeks draai om ’n Kanadese joernalis wat op die punt staan om sy werk te verloor. Wat hy nou nodig het, is ’n sappige storie. Die storie wat hy aanpak, is egter veel groter as wat enigiemand kon raai. Dis immers een wat oor eeue heen strek as hy die waarheid oor vyf mans se invloed op wêreldgebeure sedert die Swart Plaag in 1347 probeer ontbloot.

The Pentaverate is presies wat ’n mens van ’n Myers-reeks verwag. So, as jy ’n aanhanger van toilethumor en simpel grappe is, is dié net vir jou.

Vanaf 5 Mei op Netflix.

Kyk ook:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies