Menu terloops

The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story

Op Showmax [Gepubliseer op 6 Apr 2022]


‘The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story’ is ’n Showmax Original-dokkie wat draai om die verkragting en moord van Hannah Cornelius in 2017.

Kyk nou

The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story
Kyk lokprent

Showmax se nuwe waremisdaad-dokkie, The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story, vertel oor ’n verkragting- en moordslagoffer se laaste ure voordat sy doodgemaak is.

Hannah Cornelius en haar vriend, Cheslin Marsh, beide Maties-studente op Stellenbosch, is op 27 Mei, 2017 buite Cheslin se woonstel in haar blou Citi Golf aangerand. Cheslin het erge kopbeserings opgedoen, maar het wonderbaarlik oorleef nadat hy vir dood agtergelaat is. Hannah is egter in haar Golfie ontvoer, en later om die beurt verkrag en wreed vermoor.  

Die fliek se regie is deur die joernalis Anthony Molyneaux wat slim van kringtelevisie-beeldmateriaal van die aand gebruik maak. Daar is ook beeldmateriaal van die gedenkdiens en die hofsaak wat sou volg. En dan, natuurlik, is daar ook Cheslin se vertelling van wat hy van die aand kan onthou.

The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story is nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies