Menu terloops

The Brave Ones S1

Op Netflix [Gepubliseer op 16 Sep 2022]


‘The Brave Ones’ speel in hedendaagse Suid-Afrika af en is, soos Showmax se ‘Blood Psalms’, geïnspireer deur die ryk mitologie van Afrika-gode.

The Brave Ones S1
Kyk lokprent

Plaaslike sepielegendes soos Tony Kgoroge, Lindani Nkosi en Anelisa Phewa span kragte saam in die nuwe wetenskapfiksie-reeks, The Brave Ones.

The Brave Ones draai om Ntsiki (Sthandile Nkosi), ’n godin wat as ’n mens gereïnkarneer is om wraak ná haar suster se dood te neem. Maar eers moet sy leer hoe om haar magte te beheer. Eers dan sal sy haar vyande kan verslaan en haar gesin te red.

Dié boeiende reeks speel in hedendaagse Suid-Afrika af. Dit is, soos Showmax se Blood Psalms, geïnspireer deur die ryk mitologie van Afrika-gode en goddelike wesens.

Die reeks is geskep deur die bekende regisseur, skrywer en akteur Akin Omotoso (Vaya, Tell Me Sweet Something).

Vanaf 16 September op Netflix beskikbaar om te stroom.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies