Menu terloops

Tarzan van George

Op DStv [Gepubliseer op 26 Feb 2023]


‘Tarzan van George’ is ’n plaaslike dokumentêre reeks wat draai om ene DeWet du Toit en sy pogings om Hollywood se volgende Tarzan te word.

Tarzan van George
Kyk lokprent

Tarzan van George draai om DeWet du Toit wat al 12 jaar lank net een groot droom koester: Hy wil Tarzan op die silwerdoek speel. Baie mense dink dis ’n verregaande droom, maar dié boorling van George werk nou al etlike jare om dit in ’n realiteit te verander. Die video’s van die Tarzan-kortfilms wat DeWet vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. So ja, dis ernstige sake dié. 

Tarzan van George is ’n dokkiereeks wat vertel oor DeWet en sy pogings om Hollywood se volgende Tarzan te word.

Die reeks is deur Rian van Heerden vervaardig. Van Heerden is ook die vervaardiger van reekse soos Sex in AfrikaansBolhuis en Die siener. Van Heerden is al jare lank met DeWet se storie bekend. Hy het DeWet sowat drie jaar gelede genader met die idee om ’n dokumentêre reeks te maak. 

Die reeks bestaande uit vyf episodes kyk ook na die geskiedenis van Tarzan oor die jare. Kykers reis later saam met DeWet na Los Angeles waar hy die bekende Hollywood Boulevard in sy Tarzan-kostuum besoek. 

Tarzan van George begin op Sondag 26 Februarie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144), asook DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies