Menu terloops

Tarzan van George

Op DStv [Gepubliseer op 26 Feb 2023]


‘Tarzan van George’ is ’n plaaslike dokumentêre reeks wat draai om ene DeWet du Toit en sy pogings om Hollywood se volgende Tarzan te word.

Tarzan van George
Kyk lokprent

Tarzan van George draai om DeWet du Toit wat al 12 jaar lank net een groot droom koester: Hy wil Tarzan op die silwerdoek speel. Baie mense dink dis ’n verregaande droom, maar dié boorling van George werk nou al etlike jare om dit in ’n realiteit te verander. Die video’s van die Tarzan-kortfilms wat DeWet vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. So ja, dis ernstige sake dié. 

Tarzan van George is ’n dokkiereeks wat vertel oor DeWet en sy pogings om Hollywood se volgende Tarzan te word.

Die reeks is deur Rian van Heerden vervaardig. Van Heerden is ook die vervaardiger van reekse soos Sex in AfrikaansBolhuis en Die siener. Van Heerden is al jare lank met DeWet se storie bekend. Hy het DeWet sowat drie jaar gelede genader met die idee om ’n dokumentêre reeks te maak. 

Die reeks bestaande uit vyf episodes kyk ook na die geskiedenis van Tarzan oor die jare. Kykers reis later saam met DeWet na Los Angeles waar hy die bekende Hollywood Boulevard in sy Tarzan-kostuum besoek. 

Tarzan van George begin op Sondag 26 Februarie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144), asook DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies