Menu terloops

Surf Girls Hawai’i S1

Op Ander [Gepubliseer op 18 Jul 2023]


‘Surf Girls Hawai’i’ draai om vyf vroue se opkoms as branderplankryers en verweef hul persoonlike stories met ’n blik op die professionele mededinging in dié sport. Stroom dit op Prime Video.

Surf Girls Hawai’i S1
Kyk lokprent

Die dokkiereeks Surf Girls Hawai’i volg ’n nuwe generasie van inheemse vroue-branderplankryers in Hawai’i soos hulle meeding vir gesogte plekke op ’n wêreldtoer. 

Die fokus is op vyf van die sport se nuwelinge – Moana Jones Wong (24), Ewe Wong (18), Maluhia Kinimaka (27), Pua DeSoto (17) en Brianna Cope (28).

Die beperkte reeks – bestaande uit vier dele – volg dié vyftal soos hulle oefen, persoonlike uitdagings takel en teen die beste surfers in die wêreld meeding om die beste brander te vang. Die see, kan ’n mens maar toegee, is eintlik ook een van die dokkiereeks se hoofkarakters, en die kamerawerk is deurgaans meesleurend.

Surf Girls Hawai’i is uit Reese Witherspoon se Hello Sunshine-stal. Kritici meen dat die reeks goed doen om die branderplankry as ’n kulturele gebruik of praktyk in Hawaii te vestig.

Decider skryf hieroor: “Surf Girls Hawai’i bied persoonlike profiele en inspirerende stories in gelyke dele, soos die dokumentêre reeks die vyf jong vroue volg wat sentraal tot die storie staan. Elkeen van hulle is net so trots op hul Hawaiiaanse erfenis as op hul bekwaamheid daar buite op ‘n branderplank in die Pyplyn.”


Vanaf Dinsdag, 18 Julie 2023, op Prime Video

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies