Menu terloops
In Sepies [1 Sep 2024]

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié vyf onverwagte kinkels in September


Julle! Daar is baie onverwagte kinkels hierdie maand op ‘Suidooster’… En nogal van die romantiese aard.

Stroom 'Suidooster' nou

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié vyf onverwagte kinkels in September

September beteken nie net die lente is hier nie – in Suidooster is hierdie mooi seisoen propvol drama, spanning en onverwagte kinkels met verhoudings wat op die proef gestel word, geheime verklap, en nuwe bande gesmee word.

1

Mrs J se besluit om Tulbagh haar nuwe tuiste te maak om vir Ronald te versorg, begin dit sy tol op haar dogters eis. Lee-Ann moes immers reeds vanjaar die verlies van haar geliefde Ty hanteer, en nou is Mrs J, haar en Bridgette se rots, ook nie meer deel van haar alledaagse doen en late nie. 

2

Elana en Justin sit vas en dit lei tot ’n vurige debat. Boonop word dit ook op Radie Dassie uitgesaai. Susan se geheime plan om Elana te verras, misluk liederlik. Ook dít lei tot ’n ongemaklike oomblik wat regstreeks op lug uitspeel.

3

Terwyl Wade se verhouding met Angie begin verbrokkel, word Zoë meegesleur in ’n passievolle verhouding met Gary… Tot Bridgette se groot irritasie.

4

Imelda, ’n vasberade sakevrou, betree die toneel en nader JPD met ’n onmoontlike projek. Tog is Riaan vasberade om die uitdaging aan te pak. Maar Imelda koester ’n donker geheim wat alles kan omverwerp. 

5

Met die koms van die lente is daar talle romantiese verrassings en op 18 September weergalm die trouklokkies deur Ruiterbosch. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies