Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Des 2024]

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié sewe kinkels in Desember


Kapenaars weet dat die Kaapse Dokter behoorlik moeilik in Desember kan word, maar vanjaar word ’n orkaan van donker wolke vol drama vir Ruiterbosch oor die vakansieseisoen in ‘Suidooster’ voorspel. 

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié sewe kinkels in Desember

Hierdie storielyne gaan Suidooster-aanhangers behoorlik op die punt van hul stoele hou.

1

Lee-Ann (Portia Joel) en Debbie (Marissa Claasen) se wraakplanne met Clayton (Ricardo Thomas) raak al gevaarliker. Dit is duidelik hulle speel met vuur. Gaan dit ’n kwessie van ’n oog vir ’n oog word? 

2

’n Jakkals verander van haar, maar nie van snaar . . . Nazeem (Irvine van der Merwe) neem drastiese stappe om Emir, sy en Kaashifa (Jawaahier Petersen) se spogrestaurant, se deure oop te hou. In die proses laat hy die pap op die grond val en dit plaas Kaashifa se reputasie op die spel. 

3

Elana (Esther von Waltsleben) se poging om groter bewustheid by Ruiterbosch oor omgewingsvriendelikheid te skep, ontplof in haar gesig en dit mag dalk ook Anker se doppie klink. 

4

’n Groot apteekgroep het hul oog op die Aalwyn-apteek en dit is ’n bitter pil vir Ruiterbosch se inwoners om te sluk. Aiden (Theodore Jantjies) word gedwing om ’n belangrike besluit oor die apteek se toekoms te neem en dit begin al meer na ’n Dawid-en-Goliat-stryd lyk. 

5

Iemand uit Riaan (Daniel Coetzee) se verlede in Australië maak kontak. Dit blyk daar is tog ’n geraamte in Kate (Annelisa Weiland) se seun se kas! 

6

Bridgette (Denise Newman) het groot planne vir Kersfees en sy berei vir ’n spoggerige affêre voor. Haar pad na die “perfekte” Kersfees is egter besaai met duwweltjies.

7

Terwyl Ruiterbosch se inwoners gereed maak om 2024 te groet, is daar verwikkelinge op die liefdesfront. Veral Siya (Gantane Kusch) se liefdeslewe neem ’n verrassende wending, terwyl Wade en Zoë voor ’n toets te staan kom.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies