Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Nov 2024]

Jou ‘Suidooster’-gids vir Desember 2024


Debbie en Lee-Ann neem drastiese stappe, terwyl Riaan die een uitdaging ná die ander moet uitsorteer. Kykers kan na dít en nog meer vandeesmaand op ‘Suidooster’ uitsien.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir Desember 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.

Maandag, 2 Desember 

’n Wonderlike geleentheid kom oor Aiden se pad, terwyl Nazeem sy bes doen om Emir uit die rooi te kry. Lee-Ann gee Debbie se pistool vir haar terug en hoop dat sy niks onverantwoordelik daarmee sal doen nie.

Dinsdag, 3 Desember

Lee-Ann moet weer by Clayton ’n draai gaan maak. Kate en Aiden vang vir Justin met ’n slap riem, terwyl Bianca nie gelukkig is met Nazeem se nuwe plan nie. 

Woensdag, 4 Desember

Debbie en Lee-Ann neem drastiese stappe, terwyl Aiden en Elana ’n nuwe veldtog loods. Nazeem ontvang ’n moeilike versoek en Kaashifa beleef iets spesiaals. 

Donderdag, 5 Desember

Nog twee voëls word dood buite Anker gekry en Bennie is oortuig dis Elana se skuld. Lee-Ann en Debbie neem finaal ’n besluit oor hul vriendskap, terwyl Nazeem onkant gevang word as Kaashifa en Rhafiek onverwags by Emir opdaag.

Vrydag, 6 Desember

Riaan stoei met sy gewete, terwyl Justin ’n desperate plan maak om ’n kompetisie te wen. Nazeem se skelm plan vir Emir verloop goed. Sal Kaashifa besef wat aangaan?

Maandag, 9 Desember

Kaashifa het ’n moeilike besluit om oor Emir te neem. Elana se kroeg kry swaar onder die protesaksie en Riaan se verlede haal hom in.

Dinsdag, 10 Desember

Kaashifa en Nazeem stamp steeds koppe, maar wie gaan wen? Aiden en Elana het probleme by die werk, terwyl ’n nuwe gesig dinge in Ruiterbosch deurmekaar kom krap.

Woensdag, 11 Desember

Anker beleef ’n nog erger terugslag. Kaashifa klop by Bridgette aan vir hulp. Hanli maak haar intensies duidelik aan Riaan.

Donderdag, 12 Desember

Dis Kaashifa se eerste dag terug by Emir. Elana is woedend vir Aiden, terwyl Riaan ’n onthulling maak.

Vrydag, 13 Desember

Elana en Kate is oortuig dat Aiden die een is wat die kliniese afval in die natuurreservaat gestort het. Hanli word op haar plek gesit, terwyl sake lelik skeefloop vir Nazeem. 

Maandag, 16 Desember

Nazeem se nuwe planne vir Emir maak Rhafiek bekommerd. Aiden se situasie word al hoe erger en die gort is gaar wanneer Bianca iets skokkend ontdek. 

Dinsdag, 17 Desember

Aiden neem desperate stappe om die apteek se reputasie te red. Riaan sukkel om sy geheim aan Bianca en Kate te verduidelik, terwyl Siya ’n nuwe romantiese afspraak het. 

Woensdag, 18 Desember

Gary en Aiden het ’n plan om agter die kap van die byl te kom. Riaan sukkel om met die verlede vrede te maak, terwyl Wade en Zoë in die sop beland.

Donderdag, 19 Desember

Hanli kry klein bietjie hoop, terwyl Bridgette ’n wilde idee in Justin se kop plant. Aiden spook om sin te maak van Tarryn se vreemde gedrag, maar gaan hy hou van wat hy uitvind? 

Vrydag, 20 Desember

Nazeem gee vir Susan ’n idee wat vlam vat. Riaan hoor JPD gaan saam met Hanli se hotel werk. Elana hou ’n vergadering met die vyand. 

Maandag, 23 Desember

Bianca doen moeite met Riaan. Aiden ontdek iets skokkend, terwyl Susan stres oor die radiodrama. Bridgette en Zoe bak vir iemand ’n poets … 

Dinsdag, 24 Desember

Siya en Angie voel albei ongemaklik oor ’n toneel in die radiodrama. Kate se Oukersete word kortgeknip terwyl Hanli met Bianca swaarde kruis. 

Woensdag, 25 Desember

Bridgette het haar Kersete verbrand en moet kanselleer. Mymoena verdedig Bianca by Kate, terwyl Hanli vir Riaan verras. 

Donderdag, 26 Desember

Siya en Angie kom al nader aan mekaar, terwyl Bridgette desperaat ’n nuwe plan maak met haar kookpligte. Riaan wil dinge met Hanli uitsorteer. 

Vrydag, 27 Desember

Riaan voel onder druk en Kate waarsku hom teen ’n oorhaastige besluit. Almal dink Siya het ’n nuwe meisie, terwyl die Kersgeskenke wat Gary omgeruil het hom ’n dure les leer. 

Maandag, 30 Desember

Riaan soek toenadering tot Bianca, maar gaan sy haar hart versag teenoor hom? Siya en Angie se geheim begin al hoe swaarder weeg, terwyl ’n enigmatiese figuur in Ruiterbosch opdaag.

Dinsdag, 31 Desember

Ruiterbosch maak gereed vir Nuwejaarsvieringe. Kate sê haar sê, terwyl Damian nog steeds ’n oog op Zoë het. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies