Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.
Woensdag, 1 Januarie
Die nuwe jaar skop af met dramatiese gebeure… Riaan moet ’n baie moeilike gesprek hê, terwyl Wade bedreig voel. Angie en Siya moet besluite neem.
Donderdag, 2 Januarie
Wade val vir Damian se manipulasie en besluit om hom ’n kans te gee. Angie klap Siya speels op sy boud, terwyl Hanli ’n drastiese voorstel vir Riaan maak.
Vrydag, 3 Januarie
Angie gaan op ’n date. Wade versag teenoor Damian, maar Damian raak geniepsig wanneer hulle alleen is. Riaan en Hanli neem ’n groot besluit.
Maandag, 6 Januarie
Die wedywering tussen Wade en Damian bereik kookpunt. Riaan kom te staan voor struikelblokke op pad na sy nuwe toekoms, en Ruiterbosch se nuwe paartjie probeer mekaar opnuut vind.
Dinsdag, 7 Januarie
Riaan en Hanli probeer aanbeweeg, maar Bianca is nog erg ontsteld. Ruiterbosch se nuwe paartjie blaas warm en koud, terwyl Wade in Damian se hande speel.
Woensdag, 8 Januarie
Siya moet sy ritme vind, terwyl Riaan en Hanli opgewonde is oor hulle toekoms saam. ’n Roekelose besluit laat Wade in die kookwater beland…
Donderdag, 9 Januarie
Riaan is onseker oor of hy die regte besluit geneem het. Lee-Ann kry vir Wade voor stok, terwyl Siya in die moeilikheid is oor waar hy gisteraand was.
Vrydag, 10 Januarie
Damian laat Wade stoom van woede, terwyl Riaan en Hanli vir Stella raakloop. Angie is moeg van toneelspeel en beraam ’n plan om die kat uit die sak te laat…
Maandag, 13 Januarie
Nazeem ontmoet vir Damian en Zoë ervaar eerstehands dat Wade reg was oor hom. Riaan en Hanli wil ’n oplossing vir hul probleme vind.
Dinsdag, 14 Januarie
Zoë probeer afstand tussen haar en Damian skep. Riaan en Hanli se planne loop skeef, terwyl Kaashifa en Rhafiek ’n groot verrassing kry.
Woensdag, 15 Januarie
Wade moet versigtig trap ná sy onderonsie met Damian terwyl Kaashifa en Rhafiek bekommerd is omdat hul babatjie nie melk wil drink nie. Hanli moet besluit of sy vir Riaan die volle waarheid gaan vertel…
Donderdag, 16 Januarie
Riaan is in die wolke, en onverwagse struikelblokke maak Rhafiek se eerste pappa-pligte ’n uitdaging. Lee-Ann probeer vir Hanli oortuig om die eerbare ding te doen, terwyl Wade, Justin en Gary iets roekeloos aanvang.
Vrydag, 17 Januarie
Wade, Justin en Gary staan saam. Mymoena en Rhafiek staan bont om van die kat se stank ontslae te raak, terwyl Riaan en Hanli op ’n goeie plek is.
Maandag, 20 Januarie
Gary, Justin en Wade sweet bloed, terwyl die realiteit van ouerskap by Kaashifa en Rhafiek insink. Hanli worstel met haar begeertes…
Dinsdag, 21 Januarie
Rhafiek en Kaashifa se baba kry sy naam, maar Kaashifa is omgekrap omdat Mymoena die koek vir die doopmaal gebak het. Hanli swig voor die versoeking, terwyl Wade ’n skokkende bevestiging oor Damian kry.
Woensdag, 22 Januarie
Wade het besluite om te neem, en Gary twyfel ook oor wat om te doen. Kaashifa is onnodig lelik met Mymoena. Hanli probeer eers oorkompenseer vir haar foute, maar bieg dan.
Donderdag, 23 Januarie
Wade en sy vriende is seker hul geheim is veilig, maar Bridgette jaag ’n leidraad. Riaan kry onverwagse raad, terwyl Mymoena en Kaashifa koppe stamp oor hoe die nuwe baba behandel word.
Vrydag, 24 Januarie
Kaashifa sukkel om aan te pas by haar nuwe omstandighede. Bridgette vra vrae wat Wade baie ongemaklik maak, en het Hanli haar verlede werklik agtergelaat?
Maandag, 27 Januarie
Kaashifa voel oorweldig en doen iets wat sy nie gewoonlik sou doen nie. Nuwe verwikkelinge oor Damian het Wade, Justin en Gary op hol – sal hulle kan kophou?
Dinsdag, 28 Januarie
Siya gee vir Rhafiek ’n ander perspektief oor Kaashifa se uitdagings. Nazeem se romantiese eskapades het gevolge, terwyl Zoë twee en twee bymekaar sit oor Damian.
Woensdag, 29 Januarie
Wade maak ’n bekentenis teenoor Zoë, terwyl Bridgette vir Malherbe ’n leidraad gee. Rhafiek maak Kaashifa die josie, en Hanli worstel weer met haar begeertes.
Donderdag, 30 Januarie
Bridgette ruik ’n rot wanneer sy sien Justin dra dieselfde hangertjie op die Dassie-plakkate as wat in haar swembad gevind is. Riaan is op die oorlogspad, terwyl Rhafiek en Kaashifa vassit oor hul pienkvoet se toetsresultate.
Vrydag, 31 Januarie
Wade se dade het gevolge… Bridgette voel skuldig dat sy so gedruk het vir antwoorde, terwyl Bianca besluit om vir Rhafiek en Kaashifa ’n blaaskans te gee.
Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.