Menu terloops
In Sepies [1 Jun 2024]

‘Suidooster’ in Junie: Vyf goed wat jy moet weet


Opwindende – en onheilspellende – storielyne is volop hierdie maand in ‘Suidooster’.

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’ in Junie: Vyf goed wat jy moet weet

Donker onheilswolke pak in die komende weke oor Ruiterbosch saam. Ja, met die koms van die Kaapse winter, word daar stormsterk-drama vir Suidooster voorspel. 

1

Een van die kinkels wat aanhangers na hul sneesdoekies gaan laat gryp, is dat daar nuus is oor Ty Daniels (Maurice Paige). Hy het verdwyn nadat hy met ’n breingewas gediagnoseer is. Dit is besig om ’n groot tol op die Daniels-gesin te eis. Dit lyk of dié eens hegte gesin se fondasies besig is om in duie te stort. Nie net begin Carlo rebelleer nie, maar Wade en sy skoonsuster Lee-Ann begin lelik vassit oor die pad vorentoe.

2

Nóg ’n groot storielyn, wat onlangs begin het, betrek die geliefde Samsodien-familie wat ’n nuwe krisis in die gesig staar. Kaashifa, wat pas borsrekonstruksie ondergaan het nadat sy borskanker oorwin het, verloor haar reuk- en smaaksintuie. Hierdie newe-effekte wat Kaashifa ondervind is “onverklaarbaar”. Sy begin oorhaastige besluite oor haar toekoms neem sonder om haar man, Rhafiek, daarin te ken. Boonop blameer sy alles op Rhafiek want sy voel dat hy te veel druk op haar geplaas het om die operasie te ondergaan…

3

Riaan en Bianca se verhouding blom ook. Bianca neem ’n groot stap wanneer sy vir Stella aan haar nuwe kêrel voorstel. Dit is egter nie kinderspeletjies vir Riaan om Bianca se dogtertjie te ontmoet nie.

4

Elana ontdek toevallig ’n nuwe gawe, maar is sy dalk net deur die (tee-)blare?

5

’n Ander opwindende storielyn wat in Junie afskop en kykers lekker warm onder die boordjie gaan hê, handel oor ’n nuwe glyjakkals, Texas Kannemeyer. Texas gaan dadelik ’n opskudding in Ruiterbosch veroorsaak wanneer hy ’n nuwe onderneming in die Suidooster-sentrum op die been wil bring. Maar die vraag is of sy vuil wasgoed betyds uitgehang gaan word?


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies