Menu terloops

Son of a Critch S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Okt 2023]


‘Son of a Critch’ is ’n hartverwarmende blik op hoe ’n tienerseun die uitdagings van grootword probeer omseil. 

Stroom nou

Son of a Critch S1-2
Kyk lokprent

Die eerste seisoen van die skaterlag-snaakse Son of a Critch het volpunte op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

In die tweede seisoen van die hartverwarmende reeks begin die nuwe skooljaar met nuwe uitdagings vir die tiener Mark Critch. Daar’s sy eerste fight, sy eerste bier… en selfs sy eerste paar jeans (wie op aarde onthou hul eerste paar jeans?!). Maar hoe groter geliewe Mark se lewe raak, hoe meer gekompliseerd raak dinge ook. 

Die storie is gegrond op die gelyknamige memoir deur die akteur en TV-skepper Mark Critch en vertel oor sy grootwordjare in die 1980’s as ’n tiener in Kanada se Newfoundland en Labrador. Terwyl Benjamin Evan Ainsworth (Pinocchio) die jong Mark vertolk, is die werklike Mark ook in die rolverdeling as sy pa. Malcolm McDowell (A Clockwork Orange) speel sy oupa.

John Doyle van The Globe & Mail skryf: “In ’n reeks wat probeer om ’n delikate balans tussen humor en hartverwarmende oomblikke te vind, is dit die suiwer pret wat jou vasgenael hou. 


Die tweede seisoen is vanaf 11 Oktober 2023 op Showmax beskikbaar. Die eerste seisoen van Son of a Critch is ook op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies