Menu terloops
In Sepies [4 Nov 2025]

‘Skemergrond’: Nuwe storms broei in Gemoedsdrif in November


In November word die inwoners van ‘Skemergrond’ se Gemoedsdrif se grense getoets wanneer liefde en lojaliteit onder druk kom en groot besluite ter wille van oorlewing geneem moet word. Hier is die vier storielyne wat kykers vandeesmaand op die voorpunt van hul stoele gaan hou.

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

‘Skemergrond’: Nuwe storms broei in Gemoedsdrif in November

In Skemergrond se Gemoedsdrif wankel verhoudings, geheime kom dramaties aan die lig, en elke besluit het ’n prys. Christine se verlede klop aan haar deur. Hazel verloor beheer oor haar wêreld, en Patty ontdek dat liefde soms onverwags uit die stilte te voorskyn kom. En die dorp se mense word gekonfronteer met beide hul grootste vrese én hul diepste begeertes.

Hou dié Skemergrond-storielyne vandeesmaand dop:

1

Christine en Tyler se gevaarlike pad

Die Louws kry uiteindelik antwoorde oor wie geskiet is, maar dit bring min vrede. Bobby dra nuus aan Christine oor wat haar met gemengde gevoelens laat. Tyler neem ’n finale besluit oor hul verhouding en verdwyn uit haar lewe. Christine is heel gegooi wanneer sy uitvind hy’s weg. Ruan se ondersoek na die plaasaanvalle lei hom na Christine, en sy voel al hoe meer in ’n hoek gedruk, terwyl Tyler hom – saam met ’n onverwagse medepligtige – op ’n gevaarlike nuwe missie begewe.

2

Hazel se wêreld stort in duie

SKEMERGROND
Hazel se verhouding met Junior versleg en blyk onherstelbaar te wees. Foto’s: Skermgrepe

Hazel sukkel om haar skuldgevoelens te oorkom en verlang steeds na Junior, maar Fabian sien haar broosheid as ’n geleentheid. Hy begin vir Junior beïnvloed en betrek hom by sy eie planne. Hazel probeer haar seun beskerm, maar Fabian gebruik hom om haar af te takel. Sy manipulasie dryf Hazel tot breekpunt, en die verhouding tussen haar en Junior versleg verder. Ja, die gevolge van haar dade is veel groter as wat sy ooit kon voorspel…

3

Fabian se gevaarlike spel

Terwyl hy Hazel se lewe ontwrig, probeer Fabian sy invloed op Gemoedsdrif uitbrei. Sy sjarme en berekende optrede hou die mense rondom hom aan die raai oor sy ware bedoelings. Sy planne begin egter stadig uitrafel wanneer mense naby aan hom sy ware aard begin raaksien. Die spanning tussen Fabian, Hazel en Junior word op die spits gedryf, en die uitkoms van dié konflik kan alles verander.

4

Patty se nuwe hoofstuk

Te midde van die chaos vind Patty onverwags ’n nuwe begin. Ons ontmoet vir Lukas, en hy neem Patty uit. Sy stem later in tot ’n tweede uitstappie. Met Manny se aanmoediging raak die twee nuuskierig oor mekaar en begin ’n sagte band tussen hulle vorm – ’n verhouding wat stadig groei te midde van onsekerheid. Is hierdie die groot liefde waarop Patty al so lank wag?


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies