Menu terloops
In Kykgidse [28 Oct 2025]

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir November 2025


Hazel wankel onder al die druk met Fabian wat haar tot breekpunt dryf, terwyl nuwe romanse vir Patty wink. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir November 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Maandag 3 November

Die Louws vind uit wie’s geskiet. Bobby bring nuus vir Christine, en sy’t gemengde gevoelens en reaksies.

Dinsdag 4 November

Tyler neem ’n finale besluit oor Christine. Junior wil niks met Hazel te doen hê nie. Ruan kry skokkende nuus wat sy ondersoek na die plaasaanvalle omvergooi.

Woensdag 5 November

Christine is gegooi wanneer sy uitvind dat Tyler weg is, maar is meer bekommerd oor Ruan wat haar kom ondervra. Hazel sukkel met die skuldgevoelens oor wat sy gedoen het.

Donderdag 6 November

Hazel verlang na Junior, en Fabian sien ’n geleentheid. Jasmine besluit om Christine te konfronteer. Tyler vind ’n nuwe veilige spasie in Gemoedsdrif.

Maandag 10 November

Hazel wankel onder die druk. Junior staar ’n bepalende besluit in die gesig. Christine se verlede begin haar inhaal. Tyler is ontroer deur Wayne se deernis.

Skemergrond
Christine se verlede begin haar inhaal in Skemergrond. Foto’s: Skermgrepe

Dinsdag 11 November

Tyler is op ’n gevaarlike missie en kry onverwags ’n medepligtige. Fabian werk aan ’n nuwe skelmstreek en betrek Junior daarby. Hazel word wakker met ’n skok.

Woensdag 12 November

Fabian probeer steeds vir Junior beïnvloed. Louis en Amber is bekommerd oor Junior. Tyler is gereed om alles aan die Louws te ontbloot.

Donderdag 13 November          

Hazel neem ’n daadwerklike besluit oor Junior. Christine en Tyler het ’n groot konfrontasie. Fabian probeer om nader aan Hazel te kom.

Maandag 17 November

Erica probeer agter die kap van die byl kom oor waar Tyler is. Hazel se angs oor Junior en Fabian wat gaan kamp het, bereik kookpunt.

Dinsdag 18 November

Erica stry met Patty, Manny en Tillie oor die betrek van Ruan by Tyler se verdwyning. Hazel en Junior se verhouding versleg.

Woensdag 19 November

Ruan konfronteer vir Christine oor Tyler. Hazel vind uit dat Junior saam met Fabian wil weghardloop. Bewyse van ’n geheim kom na vore.

Donderdag 20 November

Fabian probeer Hazel afpers. Lukas vra Patty uit op ’n romantiese afspraak. JP wil vir Junior konfronteer, maar Jasmine raai hom daarteen af. Ruan is moedeloos oor sy ondersoek.

Maandag 24 November

Fabian se manipulasie dryf Hazel tot breekpunt. Patty begin wonder oor haar nuwe romanse. Christine vier haar oorwinning, maar dit smaak nie so soet soos sy gehoop het nie.

Skemergrond
Patty is onseker oor haar nuwe romanse.

Dinsdag 25 November

Fabian gebruik Junior om Hazel seer te maak. Lukas maak ’n onverwagse vriend. Ruan en Johnson maak ’n groot ontdekking.

Woensdag 26 November

Lukas kry raad van Manny om vir Patty in te katrol. Ragel word aangestel as koorleier. Fabian is vas, maar hy het nog een kaart om te speel.

Donderdag 27 November

Patty en Lukas het hul tweede uitstappie. Kevin wonder wat tussen Gloria en Hazel aangaan. Gloria verpletter Junior se beeld van Fabian.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies