Menu terloops

Siende Blind S1

Op Showmax [Gepubliseer op 23 Sep 2021]


Lena stel misdaadprofiele oor reeksmoordenaars vir die polisie saam in Siende Blind, nou op Showmax.

Kyk nou

Siende Blind S1
Kyk lokprent

In Siende Blind stel Lena Schoeman (Liezl de Kock) misdaadprofiele oor reeksmoordenaars vir die polisie saam, maar dan blyk dit die grootste gevaar is dalk tuis…

Siende Blind speel af tydens lockdown teen die agtergrond van haar (veel jonger) man en sy familie se duistere verlede. Lena word al meer agterdogtig soos die dae verbygaan en dan bereik die spanning ’n hoogtepunt. 

Ook met Pietie Beyers en Hanli Rolfes in die rolverdeling. Daar is tans net een seisoen wat jy op Showmax) kan kyk. As jy nog spanning soek, probeer Die Byl of Die Spreeus.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies