Menu terloops

Shining Vale S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jun 2022]


Soos AV Club sê: “‘Shining Vale’ spog met al die beste gruwelelemente: ’n spookhuis, ’n verval in waansin, gaslighting, seks, dwelms, Christenskap en Courteney Cox.”

Kyk nou

Shining Vale S1
Kyk lokprent

In Shining Vale verhuis ’n disfunksionele gesin na ’n klein dorpie, minwetend dat hul nuwe huis ’n haglike geskiedenis het.

Dit lyk eers asof niemand iets vreemd opmerk nie. Dis nou almal behalwe Pat (Emmy-benoemde Courteney Cox van Friends). Pat is ’n gevierde skrywer van ’n vurige roman en is oortuig daarvan dat sy óf depressief óf besete is. Dit blyk die simptome is presies dieselfde, so it’s anybody’s guess

Dié gruwel-komediereeks sluit ook die Oscar-benoemde Greg Kinnear (As Good As It Gets, Little Miss Sunshine), die viermalige Emmy-benoemde Judith Light (tick, tick …BOOM!, Transparent, Ugly Betty, Oscar-wenner Mira Sorvino (Mighty Aphrodite, Romy and Michele’s High School Reunion) en die Emmy-benoemde Sherilyn Fenn (Twin Peaks) in.

Shining Vale is nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies