Menu terloops

Shining Vale S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jun 2022]


Soos AV Club sê: “‘Shining Vale’ spog met al die beste gruwelelemente: ’n spookhuis, ’n verval in waansin, gaslighting, seks, dwelms, Christenskap en Courteney Cox.”

Kyk nou

Shining Vale S1
Kyk lokprent

In Shining Vale verhuis ’n disfunksionele gesin na ’n klein dorpie, minwetend dat hul nuwe huis ’n haglike geskiedenis het.

Dit lyk eers asof niemand iets vreemd opmerk nie. Dis nou almal behalwe Pat (Emmy-benoemde Courteney Cox van Friends). Pat is ’n gevierde skrywer van ’n vurige roman en is oortuig daarvan dat sy óf depressief óf besete is. Dit blyk die simptome is presies dieselfde, so it’s anybody’s guess

Dié gruwel-komediereeks sluit ook die Oscar-benoemde Greg Kinnear (As Good As It Gets, Little Miss Sunshine), die viermalige Emmy-benoemde Judith Light (tick, tick …BOOM!, Transparent, Ugly Betty, Oscar-wenner Mira Sorvino (Mighty Aphrodite, Romy and Michele’s High School Reunion) en die Emmy-benoemde Sherilyn Fenn (Twin Peaks) in.

Shining Vale is nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies