Menu terloops
In Sepies [15 Des 2024]

Sepievoorskou: Yslike verraad in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’, liefde blom in ‘Binnelanders’


Iemand word verraai, iemand kry hul sprokieseinde en iemand neem ’n groot besluit. Lees ons sepievoorskou vir meer oor hierdie week se kinkels.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Yslike verraad in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’, liefde blom in ‘Binnelanders’

Hier is waarna jy hierdie week (16 tot 20 Desember) op Suidooster, Diepe Waters en Binnelanders kan uitsien. 

Diepe Waters 

Almal het net aanvaar dat Anja (Reandi Grey) onnodig te hard en ongevoelig teenoor Candy (Christia Visser) is, maar ’n vrou weet altyd. Ek het beter verwag van  Rossouw (Altus Theart), maar ek moes seker vanweë sy geskiedenis gewet het dat dit is hoe dinge sou uitdraai. Hierdie nuwe kinkel gaan Anja en Rossouw se verhouding finaal toets. En dis dalk een toets te veel vir Anja. Pak maar jou sakkies Anja, ek dink ek hoor hoe Kenia jou roep. 

Dis nie die enigste verhouding wat getoets word nie. ’n Moord word in Boskruin gepleeg en twee van ons gunsteling-karakters is bo-aan die lys van verdagtes. Die hele situasie is een groot gemors. Ek het hierdie beslis sien kom, maar ek sukkel nog om die stukke bymekaar te sit. 

Daar is altyd drama in die Swarts-familie, maar elke nou en dan doen hulle iets wat jou hart roer. Tydens een van die meer romantiese oomblikke van die jaar verander die toekoms vir Gys (Justin Strydom) en Zelda (Sandi Schultz). Ek het regtig gedink hierdie vrede en verhouding is te goed om waar te wees, maar lyk my selfs vyande kan verlief raak. Ek het glad ’n traan gestort so mooi en onskuldig was die oomblik. Gaan dit hou? 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Lyk my ’n mens kan niemand meer vertrou nie. Al die sepiemans wat ek as stil en simpel beskou, tree hierdie week snaaks op. Riaan (Daniel Coetzee) is maar ’n man van min woorde, maar as hy praat, moet jy luister. Sy groot geheim van verlede week is uit en Bianca (Simone Biscombe) en Kate (Annelisa Weiland) is glad nie beïndruk nie. Die tekens is daar dat ou Riaan weer sy verskyning wil maak, maar gaan hy sy verlede kies of gaan hy aan ’n toekoms met Bianca bou? Sy besluit het my verras…

Intussen verloor Elana (Esther von Waltsleben) alle vertroue wat Aiden (Theodore Jantjies) in haar gehad het. Ongelukkig kan ek haar nie kwalik neem nie, want alle vingers het na Aiden gewys, maar in ’n verrassende wending het een stukkie inligting danksy Gary (Craig Adriaanse) alles verander. Hierdie storielyn hou my vasgenael voor die TV, want ek love om mense se reaksies te sien wanneer die stukke bymekaar kom en jou 2 + 2 eintlik by ses uitkom.

Zoë (Lauren Joseph) en Wade (Dean Smith) laat die wenkbroue lig in een van die lekkerste tonele wat ek in ’n lang tyd gesien het. Dít dwing Justin (Eden Classens) om sy lyf akteur te hou. Sjoe, ek weet nie wanneer laas ek so lekker gelag het nie. Maar sy karakter is beslis iets uit ’n ou Mills & Boon-boek. 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Binnelanders 

Esra (Francois Jacobs) is terug en soos gewoonlik is hy vol leuens. Hy het darem te veel trauma veroorsaak om te vergewe en te vergeet. Maar Tracy (Melinda Viljoen) se hart is groot en sy sien nie altyd die gevare nie. Dit is hoekom almal ’n Tertius (Reynard Hugo) in hul lewens nodig het. 

Delia (Odelle De Wet) en Conrad (Hykie Berg) neem ’n groot stap in hul verhouding en ek is glad nie teen dit nie. Ek sou nooit hierdie twee bymekaar gesit het nie, maar hulle word nou vinnig een van my gunsteling-paartjies. Hulle laat die sagter kant van mekaar floreer. En wie het nou gedink dat Conrad of Delia ’n sagte kant het! 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies