Menu terloops
In Sepies [22 Jun 2025]

Sepievoorskou: Vrede vir die Samsodiens in ‘Suidooster’? En een skurk is bitter besig in ‘Diepe Waters’


You can’t teach an old dog new tricks! En dit kom ’n mens baie vinnig agter hierdie week wanneer ’n paar “gereformeerde” skurke op ou maniere terugval…Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek op kykers wag. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Vrede vir die Samsodiens in ‘Suidooster’? En een skurk is bitter besig in ‘Diepe Waters’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (23 tot 27 Junie) in Skemergrond, Diepe Waters en Suidooster kan uitsien.

Skemergrond

’n Mens sou dink dat Christine (Devonecia Swartz) teen dié tyd die handdoek sou ingooi, veral ná verlede week se bekgeveg tussen haar en Erica (Shimmy Isaacs). Ongelukkig kan Christine nou net nie die vertrek lees nie en is dit hierdie week Lily (Hildegardt Whites) se beurt om haar op haar plek te sit. En WOW, wat ’n toneel! Ek belowe kykers gaan seker net so hard vir Lily cheer soos wat ek gedoen het. Uiteindelik het iemand die guts om vir Christine te sê wat ons almal al lankal dink.

Hildegardt kan beslis in my boekies ’n Emmy-benoeming kry vir daardie monoloog. Iemand wat sê woorde maak nie seer nie, het definitief nog nie só ’n speech gekry nie. Ouch! Die beste drie minute van die week in my opinie!  En al lyk dit asof Christine nie ’n hart het nie, weet ons dié week sy het wel nadat Lily se woorde haar so hard tref dat sy… Julle sal maar moet inskakel! Dalk is dít hoe die Louws hul plaas red? 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters

Die skurke is weer orals besig die week! Om nie met Zelda (Sandi Schultz) te trou nie, was die grootste fout van Gys (Justine Strydom) se lewe. As hy dan nou regtig so kwaad was oor die verlede, sou ek maar my trots sluk en juis met haar trou – keep your friends close and your enemies closer! Hierdie keer lyk dit regtig nie asof Gys se reputasie hierdie nuwe aanval gaan oorleef nie. Dat almal nog wonder wie agter alles sit, gaan my verstand te bowe. Neem Zelda hierdie week dinge te ver? Of is dit Gys se verdiende loon omdat hy haar hart so erg verpletter het? Dit sal kykers maar self moet besluit. 

Maar Gys is nie die enigste een wat met een oog moet wakker slaap nie! Teresa (Mandi du Plooy-Baard) kry ’n kuiergas hierdie week en sy laat die hare op my arms regop staan. Al wat ek gaan sê is dat die appel nie ver van die boom val nie…

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Bridgette (Denise Newman) moet vrede maak met die gevolge van verlede week se aksies. Wie het nou hierdie sien kom, want dit was beslis nie op my 2025 bingo-kaartjie nie. Só verander jou lewe in ’n oogwink. Maar wat beteken dit vir die res van die Jacobs-familie en die toekoms van JPD? Dit is die groot geveg hierdie week. Maar die naskokke van verlede week se ontploffing is amper net so erg! Dié geheim was so diep weggesteek, ek het al daarvan vergeet! Maar dit wys jou net jy moet nooit dink iets het sommer net verdwyn in sepieland nie.

Ten minste lyk dit asof die Samsodiens vir ’n slag in vrede gaan lewe, veral nou dat Kaashifa (Jawaahier Petersen) en Rhafiek (Irshaad Ally) weer in dieselfde vertrek kan wees. Hoekom voel dit vir my asof Dullah dalk sy happy family gaan kry? 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies