Menu terloops
In Sepies [18 Jan 2026]

Sepievoorskou: Vergifnis en versoening in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (19 tot 23 Januarie) in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Skemergrond’ kan uitsien. En vir ’n verandering is daar darem lig in die donkerte!

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Vergifnis en versoening in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’

Versoening is die groot tema in ons sepies hierdie week, maar dit is nie vir almal beskore nie. Ek was oortuig dat die sand vir een familie uitgeloop het, maar hulle verbaas almal – wanneer jy regtig nie meer opsies het nie, is daar niks soos ’n ongeluk of twee om mense bymekaar te bring nie.

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Diepe Waters

Hoeveel keer gaan Gys (Justin Strydom) nog by die dood omdraai? Ek kan nie besluit of hy die gelukkigste ou in sepieland is en of hy net flippen ongelukkig is, maar tog altyd op sy voete land nie! Met dit wat hierdie week tussen hom en sy kinders, veral sy seuns, afspeel, is dit dalk die heelal se manier van dinge regstel. 

Intussen bevind Henry (Stiaan Bruwer) homself weer in ’n moeilike posisie – hierdie keer omdat hy die regte ding wil doen. Die afgelope paar maande moes Henry ’n paar harde lesse leer wat vir hom en Lettie (Stephanie Baartman) amper hul dogter gekos het. As ek Lettie was, sou ek hom nooit weer kon vertrou nie. Mens kry nie elke dag so ’n tweede kans nie, so kom ons kyk of Henry hierdie keer na sy engele sal luister! 

Sam (Kruger Coetsee) doen iets wat erge nagevolge vir sy verhouding met Hanneli (Carla Schönfeldt) inhou. Mans moet mos altyd wys wie die sterkste, slimste – en sommer ook die arrogantste – is. Ek ondersteun Hanneli 100% want vir toxic masculinity het mens regtig nie in 2026 tyd nie!

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Skemergrond

So gepraat van toxic masculinity – lyk my die jongmense word orals geraak, maak nie saak of jy nou in die stad of op ’n klein dorpie woon nie. Dit was erg genoeg dat Junior (Ayden October) so ‘n groot teleurstelling is, maar nou word arme Darren (Tarique Kenny) ook by sy gemors ingesleep. Ek het nog nooit vir Doppies so kwaad gesien nie, maar vir Gemoedsdrift se mammas moet ons groot respek hê. Hulle skrik vir niks. Kevin (Gershwin Mias) bly darem die groot gentleman van Gemoedsdrift. Selfs op sy kwaadste behandel hy sy vyande met respek. 

Ek is goed daarmee om karakters te judge en van dag een af het ek net goeie vibes van Jessica (Kay Smith) af gekry. Nou verstaan ek uiteindelik hoekom sy só is. Ek het gehoop sy en Kevin vind mekaar weer, maar ek het glad nie verwag dat dit so dramaties sou uitspeel nie. Kry maar die tissues, julle gaan dit nodig hê.

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster

En terwyl julle die tissues byderhand het, moet julle seker maak dat julle vir Suidooster inskakel. Dit is seker een van die mees hartverskeurende goodbyes wat ek nog in ’n lank tyd moes kyk. 

Hoekom die skrywers dít so vroeg in die jaar aan ’n mens doen, weet ek nie, want my terapie-sessies het nog nie eens ingeskop nie. 

Suidooster, Angie, sepievoorskou
Wat gaan Angie (Char Carrie) oor Tristan (Arno Greeff) doen? Foto’s: Skermgrepe

Vir mense soos Angie (Char Carrie) weet ek nie of terapie ooit sal help nie – in hierdie stadium is dit seker net gebed as julle sien wat sy dié week weer toelaat. Ek sou my sakke net daar pak, want Tristan (Arno Greeff) gaan nog nooit sulke besluite vir my neem nie!

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies