Menu terloops
In Sepies [17 Sep 2023]

Sepievoorskou: Vergewe en vergeet kom moeilik in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’, en ‘Diepe Waters’


Onmoontlike situasies lei tot moeilike besluite met ons sepiekarakters wat hierdie week tot uiterstes gedryf word. Hier is wat jy hierdie week (18 tot 22 September) op sepies soos ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan verwag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Vergewe en vergeet kom moeilik in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’, en ‘Diepe Waters’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne in Binnelanders, Diepe Waters en Suidooster hierdie week. Moenie worry nie, dié sepievoorskou is spoiler free!

Binnelanders 

Tracy (Melinda Brink) sukkel om Tertius (Reynardt Hugo) te vergewe, veral omdat sy nie net aan haarself moet dink nie. Sy moet vinnig besluit of sy haar groot nuus met Tertius gaan deel of nie, maar sy wil hom nie van Australië terughou nie. Intussen raak dinge baie ongemaklik en gespanne met Daleen (Desiré Gardner) wat nog in die huis is. Sy hoop egter dat Tertius wel saam met haar en Nina op die vliegtuig sal klim.  

Delia (Odelle de Wet) en Steve (Clint Brink) is bekommerd oor Conrad (Hykie Berg) se toestand en soek na sy lewende testament. At (Hans Strydom) wil egter niks hoor nie en glo Conrad gaan ten volle herstel nadat hy byna verdrink het. Nicolette (Kate Roothman) weet nie wat om met haar emosies te maak nie, maar haar besorgdheid oor Conrad kry wel vir haar baie punte in At se boekies. 

Delia (Odelle de Wet) in Binnelanders. Foto: verskaf
Delia (Odelle de Wet) raak al meer bekommerd oor Conrad (Hykie Berg) se toestand in Binnelanders. Foto: verskaf

Louis (Germandt Geldenhuys) en Naomi (Je-ani Swiegelaar) sit steeds nie langs dieselfde vuur nie. Hulle verskil deesdae oor alles en Naomi maak ’n paar besluite wat haar loopbaan – en huwelik – op die spel plaas.  

’n Nuwe pasiënt het almal in Binneland op hol, maar veral vir Karen (Luandri Reynders) wat nie kan wegbly nie. Talk about a sucker for punishment!

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters

Dit is die week van die matriekafskeid vir Karla (Daniélle Swanepoel) en Nina (Reze-Tiana Wessels)! Rose (Eloise Cupido) reël ’n spesiale spa-dag vir haar, Sanet (Nadia Valvekens) en hul dogters. Praat van awkward! Wie wil dan nou besties wees met jou skelmpie se vrou? Sanet probeer haar beste vir die kinders se onthalwe en neem ook ’n groot stap in haar lewe. 

Lyk my geluk is nie vir Pam (Tracey-Lee Olivier) beskore nie… Nog ’n geheim word dié week onthul en ongelukkig gaan dit wéér ’n invloed op Pam se toekoms hê. Nes Pam, word Meghan (Lea Vivier) se lewe ook omgedolwe. Die arme kind weet nie meer wie of waar sy vandaan kom nie. Elke keer as Meghan closure kry, word haar hele lewe omvergewerp. En dié keer het dit gevaarlike gevolge vir haar en die baba. Jacques (Werner Coetser) is bekommerd oor die veiligheid en gesondheid van Meghan en hul baba. 

Zelda (Sandi Schultz) en Bybie (Lizz Meiring) is self paniekbevange en wag vir iets om te gebeur. 

Lettie (Stephanie Baartman) se ma kom kuier, maar vir Henry (Stiaan Bruwer) en Lettie is dit alles behawe ’n happy family reunion. Hier kom groot drama! 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Suidooster 

Siya (Gantane Kusch) en Danni (Vashti Prins) moet groot besluite maak, maar hoe weet ’n mens wat die regte besluit is? 

Brendan (Caleb Arnolds) veg nog vir sy lewe, terwyl Carlo (Jadon Booysen) en sy familie baklei om hom uit die tronk te hou.

Ty (Maurice Paige) en Lee-Ann ( Portia Joel) raak nou desperaat, maar is dit te laat om Carlo te red? Die Daniels-gesin moet dié week ’n paar drastiese besluite neem… Besluite waaroor geen ouer ooit wil dink nie. 

Kate (Annelise Weiland) en Rassie (Jürgen Hellberg) se verhouding neem ’n verrassende wending, terwyl Susan (Natasha van der Merwe) en Justin (Eden Classens) albei vir ’n slot op Rassie se radiostasie baklei. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies