Menu terloops
In Sepies [14 Jul 2024]

Sepievoorskou: ‘Duiwel’ is los in ‘Suidooster’, trane loop in ‘Binnelanders’


Haram dinge vind in ‘Suidooster’ plaas, terwyl die verlede in ‘Skemergrond’ kom spook en meer as een persoon op soek is na ’n nuwe begin in Binnelanders. Hier is waarna kykers hierdie week (15 tot 19 Julie) op ons plaaslike sepies kan verwag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: ‘Duiwel’ is los in ‘Suidooster’, trane loop in ‘Binnelanders’

In Engels sê hulle, ‘idle hands are the devils playground’ en dié week sal kykers van Suidooster sien hoekom, want een van ons gunsteling uitkyk-anties en pilare van die gemeenskap word by sogenaamde duiwelse dinge betrokke. Dit lyk ook asof een van Binneland se dokters dalk op pad is Joburg toe, maar wat beteken dit vir sy praktyk? Hier is vandeesweek se sepievoorskou.

Binnelanders

Nes Izzy en George, Lexie en Mark en natuurlik Meredith en Derek – almal van Greys Anatomy-faam – wil skrywers byna nooit vir kykers ’n gelukkige einde in ’n hospitaal gee nie. En net soos Addison wat heeltyd tussen haar eksman Derek en sy Meredith probeer kom het, is dinge nou meer gekompliseerd as ooit tevore vir Steve (Clint Brink) en Nicolette (Kate Roothman). Sedert Bronwyn (Kim Cloete) se diagnose, wil Steve vir sy jare as ’n slegte man opmaak deur die res van Bronwyn se kort lewe saam met haar deur te bring. (No hate to Bronwyn, want sy het nie daarvoor gevra nie, maar praat van ’n mood killer.) 

Kry maar die tissues uit, want Doepa verander in ’n tranedal tydens een baie spesiale viering wat dinge by Binneland vir altyd gaan verander. 

As Steve ons eie McDreamy is, dan is Conrad (Hykie Berg) beslis ons eie McSteamy, want hy was nog altyd ’n ladies man en ons kan skaars byhou. Dit voel asof hy nog gister vir Nicolette, en toe Tracy (Melinda Viljoen), ogies gemaak het. En nou lyk dit asof dinge tussen hom en nog ’n Binnelander baie cozy raak. Dit is glad nie ’n verhouding wat ek verwag het nie… Maar ek sou nogal nie kwaad wees as hierdie twee hul pad na mekaar vind nie. 

Ella (Marlee van der Merwe) is in die diepkant gegooi met LJ (Julian Robinson). Al wil sy dit graag laat werk, het LJ dalk net te veel trauma vir hulle albei om te verwerk in daardaai klein woonstel in Kiepersol.

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.  

Suidooster

Mymoena (Jill Levenberg) was nog altyd iemand wie almal vertrou het, maar wanneer daardie geldduiwel jou eers byt, is dit moeilik om daarteen te baklei. Ek dink kykers gaan hierdie week ’n ander kant van Mymoena sien… en nie baie daarvan hou nie. Clark Kent het mos gedink dat wanneer hy bril dra dat mense hom nie as Superman sou herken nie. Dit lyk dan nou vir my asof Mymoena dink mense haar nie in haram plekke sal herken as sy daar sonder haar serp rondloop nie! Ai, waarmee is Mymoena besig? En gaan sy na besorgde waarskuwings luister? Of gaan sy net haar eie kop volg? 

Gary (Craig Adriaanse) mag dalk ’n regular by Lonestar Casino wees, maar Texas (Donovan Pietersen) sê iets hierdie week wat vir hom agterdogtig maak. 

Ongelukkig is Aiden (Theodore Jantjies) se bullshit detector nie so goed soos sy broetjie s’n nie. Lisa (Elsje Slabbert) het hierdie keer iets gedoen wat ’n mens nie sommer kan terugvat nie. Maar geliewe Aiden sien nie die gevaartekens nie.  

Kate (Annelisa Weiland) en Siya (Gantane Kusch) wil een laaste goeie daad doen. ’n Oongeluk verander egter ’n maklike besluit in die moeilikste besluit. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Skemergrond

JP (Charlton George) en Jasmine (Khadija Heeger) het albei ’n geheim wat hulle wegsteek. Hazel (Carmen Maarman) weier dat haar familie in ’n web van leuens vasgevang word. 

Christine (Devonecia Swartz) het hierdie keer te veel gekrap en dit mag dalk tot ’n tweede sterfte lei. 

Fabian (Marunzo Thomas) verdien hierdie week ’n Oscar vir die toneelspel wanneer dit by sy kamma-siekte kom. Hy wil beslis nie vir Gloria (Hunter Plaatjies) geluk gun nie en doen iets wat haar nuwe verhouding kan benadeel.  

Skemergrond is vanaf 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies