Menu terloops
In Sepies [24 Mar 2024]

Sepievoorskou: Toemaar, ons ly ook aan bomskok…


Van Ty se terminale siekte, tot Mari wat á la Marlena in ‘Days of Our Lives’ op ’n bose reis afstuur… Lees ons sepievoorskou van wat jy hierdie week (25 tot 29 Maart 2024) op ‘Suidooster’, ‘Arendsvlei’ en ‘Diepe Water’ kan sien uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Toemaar, ons ly ook aan bomskok…

Ty (Maurice Paige) is toe glad nie die buffel wat ons almal gedink het hy is nie. Hy is net terminaal siek. Die gewas is terug en, sjoe, ’n meer dramatiese manier om dit uit te vind, kon ek beslis nie uit dink nie. Ek het gedink die man kort net ’n goeie klap om sy jealous rage te kalmeer… Maar nou voel ’n mens effens skuldig want dié Suidooster-karakter se skokkende uitbarstings het toe niks met sake van die hart te doen nie. Nooit het ek ooit aan ’n gewas gedink nie, maar ons sepieskrywers is altyd op ’n ander level

Maar nes die skok van Ty se gewas, het my mond behoorlik die grond getref toe Mari (Diandra Slabbert) haarself skielik deur die gesig begin klap het. Haar pa mag dalk ’n pastoor wees, maar vir sulke boosheid het ek nie tyd of krag nie. In daardie oomblik het hierdie Swart Marlyne-swemmer my onmiddellik aan Isabelle Fuhrman se psycho-karakter Esther in die Hollywood gruwelfliek, Orphan, laat dink. Sy mag dalk haar pa en die gemeente in Diepe Waters om haar pinkie kan draai, maar as ek in haar oë kyk, is dit ’n ander tipe boosheid. Dit is nou nie juis familie-viewing nie, maar ek sal nie verbaas wees as ons een van die dae ons eerste exorcism op ’n plaaslike sepie (á la Days of our Lives destyds) gaan sien nie. 

Op ’n ligter noot was my sepie-highlight van verlede week beslis die uitdrukking van shock, horror en confusion op Emile (Christian Bennet) se gesig met die sien van Janice (Crystal-Donna Roberts) en Lionel (Jody Abrahams) se roleplay in Mortlocks. Toe Lionel as Tom Cruise, ek bedoel Tom Smooth, in Mortlocks instap, was Emile heeltemal verstom. En toe hy in ’n Amerikaanse aksent vir Janice vertel dat hy vir haar first class kan vat of dat daar baie knoppies in sy kajuit is vir haar om te druk, was dit net te veel vir Emile. Ek het natuurlik weer geskater van die lag! 

Suidooster

Met die dat Ty nie meer sy emosies kan beheer nie, gebeur daar nóg ’n voorval wat hom finaal dwing om ’n drastiese besluit te neem. Dit gaan die hele Daniels-gesin ruk, maar nie soveel soos wat die waarheid dinge in die Oktober-huis gaan omkrap nie. 

Tim (Marco Spaumer) se plan is nou uiteindelik in die finale stadium van execution. Maar gaan Zoë (Lauren Joseph) haar geliefde antie glo of haar liefdevolle man en vervreemde ma? Hier kom ’n ander tipe ongemaklikheid, maar die soort wat ek love. Hoe meer ongemaklik vir die akteurs, hoe meer entertaining vir ons as kykers. 

Ná gesondheidsprobleme neem Sammy (Royston Stoffels) ook ’n drastiese stap in sy verhouding met Mymoena (Jill Levenberg). Maar iets sê vir my dit gaan meer as een persoon se dag omkrap. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Arendsvlei 

Lyk my memory loss is die geheim om dinge in jou verhouding weer daai spark te gee. Met Janice se geheue terug, kan sy en Lionel nie hul hande van mekaar af hou nie en hulle word deur meer as een persoon betrap. 

Ons sal maar moet wag en kyk of Ava (Devonecia Swartz) haar lewe gaan verander en of sy weer harte gaan breek. En wat gaan haar boeta nou sê?

Rachel (Kim Syster) is terug. Tog – is die Galants se huis regtig die plek waar sy haar twee seuns wil grootmaak? Sommige mense sal ook alles wat saak maak verruil vir geld en status! Hoor wat ek sê, dit gaan in ’n ramp eindig! Veral as die pa van haar kind hoor dat sy die kat in die donker met sy seun knyp.  

Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters 

Charity (Dané de Waal) en Arno (Jean Henry) sukkel om hul ouers te aanvaar. Dit veroorsaak spanning tussen die nuwe sibbe. En toe kom daar nog hartverskeurende nuus. Ai, hulle kan ook net nie wen nie!

Daar is vir nou vrede tussen Mari en haar aanstaande stiefma, maar ek vertrou nie hierdie kamstige vrede nie. Ek weet Mari is van die duiwel en hier kom groot moeilikheid vir Sanet (Nadia Valvekens). Het sy nog nooit ’n gruwelfliek of riller gekyk nie? Wir meer warning signs kan jy nou regtig nie vrae nie! Run girl, run! 

Maar Mari is nie die enigste creep nie! Thandi (Zinhle Mathibela) wil graag die sielkundige by die Swart Marlyne wees… Maar haar eerste pasiënte is ook nie heeltemal daar nie. Wat is in die water by die Swart Marlyne, want die kinders haak dan nou een vir een uit? Henry (Stiaan Bruwer) beter vinnig van honeymoon af kom sodat hy die chloor kan toets! 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies