Menu terloops
In Sepies [3 Mar 2024]

Sepievoorskou: Testosteroon-oorlog in ‘Binnelanders’, Tim bly dom dinge doen in ‘Suidooster’


Kom ons kyk wie eerste die wit vlag hierdie week waai. Lees ons sepievoorskou om meer oor hierdie week (4 tot 8 Maart 2024) se grootste storielyne op ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ uit te vind.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Testosteroon-oorlog in ‘Binnelanders’, Tim bly dom dinge doen in ‘Suidooster’

Ek het geweet groot dinge gaan in Doha gebeur, maar ek het nie verwag dat Johan (Liam Bosman) die beurs na Amerika sou losslaan nie. Lyk my ek sal ook thai chi moet begin doen, want dit het dan nou sy lewe so handomkeer verander. Die video calls was immers my gunsteling, want op FaceTime het die hotel glad nie so glamorous gelyk soos wat ek van Doha verwag het nie. It was giving Formula 1-hotel vibes. Of dalk was dit maar eintlik net ’n mix van Anja (Reandi Grey) en Rossouw (Altus Theart) en Gys (Justin Strydom) se slaapkamers.   

Arme Charity (Dané de Waal) het verlede week nog ’n helder toekoms met Johan beplan en nou is dit ook iets van die verlede. Hoekom kry paartjies nooit ’n lasting happy ending in sepies nie? Ek weet hierdie is nie Disney nie, maar jinne…

Nog ’n lost case is die oorlog tussen Conrad (Hykie Berg) en Leah se ouers en die ander baba-kwessie tussen Siya (Gantane Kusch) en Danni (Vashti Prins). Ek het mos gesê hierdie “kumbaya, kom ons almal lewe in vrede”-gedagtes gaan nie lank hou nie. 

Binnelanders 

Lyk my dit is maar vir klein Amalia beskore om ten minste een ouer in die tronk te hê, want tussen Delia (Odelle de Wet) en Louis (Germandt Geldenhuys) wil hulle dan nou net nie uit die moeilikheid uit bly nie. 

As Tracy (Melinda Viljoen) nog een geveg met een van die hardkoppige mans in haar lewe het, gaan klein Leah sommer net daar uitkom en een van haar pa’s karate chop. So kan twee volwasse mans mos nie die lewe vir ’n swanger vrou omkrap nie. As ek Tracy was, het ek al lankal my goed gepak en hulle twee gelos om met hul egos te baklei, want sjoe, die testosteroonvlakke loop hoog in Binnelanders. Iemand wat dink vroue het erge mood swings het obviously nog nooit twee mans in aksie gesien as die testosteroon – en domheid – eers oorneem nie.     

Nicolette (Kate Roothman) vind nog iets uit en is nou eers dankbaar dat sy die Conrad-bullet ge-dodge het. Maar spyt kom altyd te laat. In plaas van Moeder Theresa wees, moes sy net geluister het en vir Tertius en Tracy in vrede gelos het. Maar hopelik slaap sy nou beter – al is dit alleen. 

Naomi (Je-ani Swiegelaar) begin stadig maar seker haarself vind en wie weet, dalk is daar nog hoop vir haar en Louis (Germandt Geldenhuys). Dit is nou as hy homself uit die tronk kan hou. 

Annetjie (Lorraine Burger) probeer om Henry (Francois Lensley) se asem weg te slaan, maar dit eindig in ’n ramp met meer as net eier op Annetjie se gesig. Ai die liefde laat ’n mens darem snaakse dinge doen. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Noudat joga nie Wade (Dean Smith) en Angie (Char Carrie) se ding is nie, probeer hulle ander dinge om hul couple-ding te wees. Dit maak vir groot sports en verleentheid. 

Zoë weet nou wat Tim (Marco Spaumer) se groot plan is, en sy waarsku hom teen haar antie as hy nie gaan ophou nie. Maar Tim het mos laaste in die ry gestaan toe die Here ore uitgedeel het, want lyk my die man luister nooit as mense vir hom advies gee nie. Hier kom ’n groot gemors, maar laat Tim maar aankap, want die wat nie wil hoor nie, moet maar voel. 

Mymoena (Jill Levenberg) kan nou nie meer vir haar bekommer oor wat haar kinders dink nie en besluit om tog vir Sammy (Royston Stoffels) ’n kans te gee. Ongelukkig vind sy iets uit wat dié vriendskap in gedrang bring.  

Danni en Siya sukkel om saam te stem oor hul toekomstige kinders en dit lei tot drastiese stappe. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies