Menu terloops
In Sepies [19 Mei 2024]

Sepievoorskou: Só kan jou brood nie gebotter wees nie!


Susan sien net die mooiste in Ruiterbosch se ekstronkvoël, terwyl Tracy rêrig nou te veel verwag…
Hier is waarna kykers hierdie week (20 – 24 Mei 2024) op ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Só kan jou brood nie gebotter wees nie!

Vir ’n suksesvolle sakeman kan Gys (Justin Strydom) van Diepe Waters soms baie dom wees. Eers beskuldig hy vir Lettie (Stephanie Baartman) en haar kêffie en nou het hy sy mes in vir arme Henry (Stiaan Bruwer) wat nooit eens ’n vlieg sou hinder nie. 

As hy vir een sekonde fokus op iemand met ’n ware vendetta teen hom, sou hy maklik twee en twee bymekaar kon sit. Ongelukkig het Gys steeds ’n sagte plek vir Zelda (Sandi Schultz), al haat hy dit om dit te erken. En dit is daardie liefde wat hom verblind. Ek wed julle sy sit agter die swembad se kontaminasie… 

Intussen is Rossouw (Altus Theart) net so hardkoppig soos sy pa en wil hy nie erken dat hy aan PTSD ly nie. Die man gaan nog ’n hartaanval kry, hoor wat ek sê! Maar dalk het hy tog rede om bekommerd te wees, want ek is seker dit was sy aanvaller wat by Wim (Neels van Jaarsveld) se huis in die bos weggekruip het. 

Wim gaan maar gereed moet wees vir ’n geveg en as hy tips soek, moet hy sommer by sy ou fling Sanet (Nadia Valvekens) gaan aanklop. Dié het haar eie oorlog teen Ria (Roeline Daneel) begin. Mense dink gangsters is territoriaal, maar hulle het nog nie ’n kerksuster vir haar kerk sien baklei nie. Nie eens die bloed van Jesus kan iemand beskerm wat tussen ’n kerkantie en haar kerk wil kom nie. 

Maar in Arendsvlei bewys Bompie (Jarrid Geduld) weereens dat mens ook maar nie tussen ’n skurk en hul vuil geld moet kom nie. Daniel (Cantona James) se wind was nou al vir die hoeveelste keer uitgeslaan. Boonop het sy geskiedenis met die Galants van hom ’n soft target gemaak. Bompie is al lankal lus vir hom.

En terwyl Daniel een vir die span geneem het, vier die winkeleienaars hul oorwinning teen Desmond (Alistair Izobell). Maar hulle beter nie te gemaklik raak nie… Audrey (Taryn Hess) het nie tyd vir charity nie en gaan dinge beslis nie daar los nie. 

Lee-Roy (Roberto Kyle) en die res van die mans in Ronel (Melanie Du Bois) se lewe sukkel om haar dood te verwerk. Ten minste het hulle een laaste keer vir ou friendship (óftewel Ronel) ’n hartroerende afskeid gegee. 

Maar daar is nog baie aksie en dramabelaaide storielyne vir kykers hierdie week.

Suidooster 

Susan (Natasha van der Merwe) gaan seker reguit hemel toe, want so sou ek nie agteroorbuig vir ’n eks-tronkvoël nie. Sy mag dalk Herschel (Emile Hager) se onskuld bewys het, maar iets sit nie reg met hierdie een nie. Hy raak al meer creepy en Elana (Esther von Waltsleben) is nou net mooi gatvol. 

Bianca (Simone Biscombe) is weer verlief, maar sy kies nooit die regte mans nie. Daar is beslis ’n spark tussen haar en Riaan (Daniel Coetzee). Maar is dit genoeg vir ’n verhouding? Of gaan hy weer die pad vat nadat hy iets uitvind wat hom ontstel? 

Ná Rhafiek (Irshaad Ally) verlede week vir Kaashifa (Jawaahier Petersen) gesê het sy moet ’n rekonstruksie-operasie oorweeg vir borsinplantings, is sy nou meer selfbewus as ooit tevore. Dit veroorsaak spanning in hul verhouding. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Ek was nog altyd ’n Tracy-aanhanger, maar so kan jy nou regtig nie jou brood aan albei kante gebotter wil hê nie. Tracy (Melinda Viljoen) wil die vrou van Conrad (Hykie Berg) se mansion wees, maar tog wil sy hê Tertius (Reynardt Hugo) moet agter haar aanhardloop. Tertuis neem hierdie week namens hul albei ’n besluit. Maar gaan Tracy daarmee gelukkig wees? Conrad neem self ’n besluit, want dinge tussen hom en Tracy moontlik sal verander. 

Nicolette (Kate Roothman) en Karen (Luandri Reynders) kom tot by ’n lewensgevaarlike kruispad. Dit stel hul albei se toekoms in gevaar. 

Kykers groet onverwags ’n geliefde Binnelander hierdie week, terwyl hulle ’n nuwe gesig by die hospitaal verwelkom. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies