Menu terloops
In Sepies [6 Jul 2025]

Sepievoorskou: Mooi mans bring moeilikheid in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’


’n Verlowing, ’n break-up en ’n dramatiese ontvoering! Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Mooi mans bring moeilikheid in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (7 tot 11 Julie) in ‘Skemergrond’, ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Binnelanders

Hulle sê mos ’n mens moet nooit ’n mooi man vertrou nie en as ek so na Michael (Bobby van Jaarsveld) kyk, dan kan ek sien hoekom! Almal het vir Nicolette (Kate Roothman) teen Michael probeer waarsku, maar al kom Nicolette so streng en onafhanklik voor, is sy maar eintlik net ’n groot softy! Danksy haar sagte hart en haar bestie Uys (Gerald Steyn) wat vir haar oortuig het om vir Michael ’n tweede kans te gee, bevind sy haarself in warm water dié week. Ongelukkig is dit nie net haar eie lewe wat in gevaar is nie… 

Michael maak groot moves hierdie week, maar gaan hy sy doelwit bereik? Of is die vroue van Binneland te slim vir hom? My hart loop oor van trots oor die girl power hierdie week. Moet nooit ‘n tannie en haar handsak onderskat nie! Wie het dan nou ’n wapen nodig as jy ’n tannie se swaar handsak kan gebruik!

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Suidooster

Dit is koud hier, maar in Ruiterbosch lyk dit asof almal ’n human warmwaterbottel soek. Ek dink iemand op die skryfspan by Suidooster kyk te veel romcoms, want wanneer dit by die liefdesstorielyne kom, is hierdie week cheesy verby! Van mislukte date nights en love songs, tot sexy date nights in die stad en the one that got away – die liefde is ’n mengelmoes van ongemaklike oomblikke en oomblikke wat jou sommer vuurwarm van binne laat voel.

’n Nuwe gesig in Ruiterbosch het ook reeds die aandag van een man gevang, maar julle sal nie glo wie nie! Ek dink as hy nie sy trouvrou kan kry nie, moet hy maar eerder enkellopend bly, want spyt kom altyd te laat en ek sien al hoe hierdie bom in sy gesig ontplof!

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Diepe Waters

Daar is ’n rede hoekom kinders en ouers nie in dieselfde huis moet woon nie, veral as albei getroud is! Daar is huismoles in die Swarts-huis danksy protein shakes wat verdwyn het (kan jy nou meer…). En al is dié drama aanvanklik onskuldig, ruk dinge vinnig handuit. Sjoe, die Swarts-familie weet net hoe om mekaar seer te maak. Maar as Pam (Tracey-Lee Oliver) maar net geweet het dat shakes die minste van haar probleme gaan wees! Gys (Justin Strydom) maak ’n besluit wat sy hele familie en baie mense by die klub gaan raak, maar sy kop is so vol muisneste dat hy glad nie aan iemand anders dink nie. 

Lettie (Stephanie Baartman) kom intussen ook vinnig agter dat dinge baie gekompliseerd raak wanneer jy met vriende vassit.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Skemergrond

Terwyl almal in Gemoedsdrift feesvier omdat Christine (Devonicia Swartz) uiteindelik soos ’n hond weggejaag is, kan Lily (Hildegardt Whites) nie dieselfde geluk deel nie. Die twee mans in haar lewe doen iets wat haar in die openbaar verneder en nou moet sy kant kies. Maar Genie (Jaundre Le Roux) kry ’n reality check wat hom vinnig sy maniertjies laat verander. Nou werk hy en lover boy saam aan ’n plan wat die hele Gemoedsdrift inspan. 

En om die week op ’n ekstra goeie noot te eindig, daag ’n paar ou gesigte op. En hulle sal jou sommer weer in mense se goedheid laat glo! Dit gebeur mos nie baie in sepieland dat dinge eintlik vir goeie mense uitwerk nie, so geniet dié week voor die drama weer begin…

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Misi weer op ‘n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies