Menu terloops
In Sepies [1 Des 2024]

Sepievoorskou: Gevaar in ‘Suidooster’, gebroke harte in ‘Diepe Waters’


Daar is nuwe onthullings, maar ou wonde word ook een vir een oopgekrap. Hoe gaan dit die toekoms van ons geliefde karakters verander? Lees ons sepievoorskou vir meer oor hierdie week se kinkels.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Gevaar in ‘Suidooster’, gebroke harte in ‘Diepe Waters’

Nuwe onthullings en ou wonde word een vir een oopgekrap. Hoe gaan dit die toekoms van ons geliefde karakters verander? 

Hier is waarna jy hierdie week (2 tot 6 Desember) op Suidooster, Diepe Waters, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien. 

Suidooster 

Ek wil jammer voel vir Lee-Ann (Portia Joel) – sy is al deur baie hierdie jaar. Maar as jy aanhou moeilikheid soek, raak my simpatie al minder. Lee-Ann speel wéér met haar lewe hierdie week en daaroor wil ek niks meer sê nie. My ouma het altyd gesê, “Die wat nie wil hoor nie, moet maar voel,” en ek is jammer Lee-Ann, maar ek dink dat as jy groot genoeg skrik sal jy uiteindelik jou lewe begin respekteer. Sjoe, dit was nogal ’n intense toneel! 

Amper so intens soos toe Kaashifa (Jawaahier Petersen) uitvind wat Nazeem nou met haar restaurant aangevang het. Ek’t gedink sy gaan kom flou slaan. Ai, nes mens dink die man het verander, wys hy vir jou dat Nazeem altyd Nazeem sal bly. Doen ook enigiets vir geld en popularity. Al stem ek nie saam met hoe hy vir Kaashifa belieg het nie, moet ek erken dat sy nuutste menu item beslis trendy genoeg is dat ek ook só iets sou bestel as ek ’n kliënt was. #totallyinstagrammable 

Aiden (Theodore Jantjies) en die tannies probeer steeds die apteek red en kliënte terugwen, maar ek weet nie wie swaarder kry nie. Aiden en sy apteekdrama of Elana (Esther von Waltsleben) en haar voëldrama by Anker? Om tans ’n besigheidseienaar in Ruiterbosch te wees, is harde werk. 

Maar waaroor ek wonder is… Wie pla vir Riaan (Niël Coetzee) al die pad van Australië af? 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Diepe Waters 

Sanet (Nadia Valvekens) weet regtig net hoe om haar vriende te kies by daai support-groep. Eers was dit Wim, wat ’n getroude man was, en nou is dit Candy (Christia Visser) wat die pa van haar kinders letterlik amper vermoor het. Rossouw het gelyk asof hy ’n spook gesien het toe hy vir Candy sien en ek kan hom nie blameer nie. Ek sou nie kon cope nie. Maar in plaas daarvan om jammer te sê, doen Candy iets hierdie week wat my regtig omgekrap het. Die vermetelheid!

René (Marijke Coetser) sien ’n spook uit haar verlede en hierdie is een van die geheime van die jaar in my opinie. Ek het hierdie truth bomb nie sien kom nie. Jy MOET inskakel!

Wat ek wel sien kom het, is teleurstelling in Gys (Justin Strydom) en Zelda (Sandi Schultz) se verhouding. Dit was net te goed om waar te wees. Toe Zelda begin huil, het ’n klein deel van my hart vir haar jammer gekry. Sy wil ook maar net in haar bridal era wees. En omdat ek sopas uit my eie kom, kan ek getuig dit is nogal baie lekker! Shame, hopelik was hierdie teleurstelling nie permanent nie, want anders is dit die begin van Zelda 2.0… Hoor wat ek sê!

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Skemergrond

Patty (Gretchen Ramsden) kry uiteindelik die kans om haar sussie te groet, maar nie almal wil besties met hul sussies wees nie. Christine (Devonecia Swartz) beweeg na die volgende fase van haar plan en dit ruk die mat onder almal se voete uit. Vir dié vrou en haar maniere het ek lankal nie meer tyd nie. Maar ek is hier vir die drama, want Ronnie (Mario Haupt) is so deurmekaar soos ’n verkleurmannetjie op animal print sou wees. 

Louis (William Adams) het ’n deurbraak en dit kom teen ’n duur prys, maar wat beteken dit vir hom en Amber (Talia Davis)? 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

Bets (Antoinette Kellermann) vind ’n nuwe sakevennoot en dit gaan mense verras, maar nie soveel soos die nuutste outopsie-uitslae nie! Dit is presies wat mense nie wou hoor nie en as ek Ella (Marlee van der Merwe) was, sou ek dalk eerder na LJ (Julian Robinson) as Henry (Francois Lensley) luister. Hier kom moeilikheid, maar ek is self deurmekaar en weet nie wat om te glo nie. 

Ten minste het Joe (Roberto Kyle) nou die volle waarheid en moet besluit hoe hy die toekoms wil aanpak. 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies