Menu terloops
In Sepies [17 Okt 2022]

Sepies: Wraak en paranoia hoofgeregte op dié week se sepie-spyskaart


Die wiel draai, ja, maar in Sepieland voel dit asof dit net ’n bietjie langer vat as in die werklike lewe.
Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Wraak en paranoia hoofgeregte op dié week se sepie-spyskaart

Verlede week ons plaaslike sepies my met soveel vrae gelaat en ek kan net hoop dat hierdie week antwoorde sal bring. Ek gaan nie my asem ophou nie, maar ek kan maar hoop, of hoe? Sepies op ons radar die week is Arendsvlei, Binnelanders, Suidooster en Diepe Waters.

Diepe Waters

Zelda (Sandi Schultz) het letterlik haar mes in vir Gys (Justin Strydom) en sy familie, maar wat ’n twist toe ons verlede week uitvind dat Zelda terminaal siek is. Toe die dokter vir haar ses maande gee, was haar antwoord “dit sal genoeg tyd wees”. Genoeg tyd vir wat? Ek weet nou nie of ek my laaste paar maande op aarde gaan mors op wraakplanne nie, maar elkeen het maar seker hul eie bucket list en wraak is beslis bo-aan haar lys.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Binnelanders

Conrad (Hykie Berg) se plan om Jonas (Jacques Gombault) vas te trek, het toe soos ’n konfetti-kanonby ’n gender reveal-partytjie in sy gesig ontplof en arme Rita (Ilana Cilliers) is so vergruis dat sy amper aan haar beserings gesterf het. Praat van slegte beplanning! Boonop is Jonas nou nie meer die enigste persoon wat Conrad se bloed soek nie.

Tracy (Melinda Brink) het die pot heeltemal mis gesit en haar paranoia rondom Conrad se getrouheid het haar oortuig dat Conrad die man in Sharon Basson (Marissa Claasen) se sex tape is. Sy stuur toe die video aan Sharon se man, en dié wil nou vir Conrad bykom. Tracy het geweier om vir Conrad te glo en sy is dalk haar droomman danksy haar eie paranoia kwyt. Ek dink die nuwe lyfwag het romantiese planne met Tracy, maar gelukkig is daar te veel koeëls wat rondvlieg en sal hy nie sommer tyd kry om ’n move te maak nie.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Arendsvlei

Ek het mos gesê Natalie (Carmen Maarman) gaan moeilikheid kom maak. Mense treur nog oor Anton (Dean Richard Oliver), maar sy is glad nie gepla nie. Haar erfporsie en planne vir “haar” bakkery is meer belangrik. Die vrou herinner my aan daardie aasvoëls in die Lion King. Altyd opsoek na iets. Sy is gif en gaan beslis nie rus totdat sy haar sin gekry het nie, al het sy niks vir Anton of sy bakkery beteken toe hy gelewe het nie.

Met Natalie se tipe kan ek nog huishou, want sy draai nie doekies om nie en jy weet altyd waar jy met haar staan al hou jy nie daarvan nie! Rikus (William Adams) is ’n hele ander storie. Hy probeer heeltyd vir mense oortuig dat hy ’n slagoffer en weggooikind is, maar diep binne is hy siek en is sy enigste doel op die oomblik om Lennie (Dann-Jacques Mouton) te laat suffer. Ek het nog nie al die stukkies bymekaar gesit nie, maar iewers in sy verlede dink Rikus dat Lennie sy pa verraai het. Lennie moes na Eva (Devonecia Swartz) en haar female intuition geluister het, want nou dat Rikus onder dieselfde dak is, beplan hy om Lennie se lewe hel te maak. Lennie se eie weergawe van The Watcher.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Suidooster

Lyk my Elana (Esther von Waltsleben) kan net nie wen nie. Die jaar is regtig nie haar jaar nie. Eers los haar vrou haar vir ’n man en nou verwerp haar ouers haar selfs na haar pa se sterfte. Haar ouers het haar dan onterf! Nou hoe kan haar ma haar blameer omdat sy nie na haar pa se begrafnis toe gegaan het nie? Haar ma wou haar dan nie eers by die hospitaal hê om te gaan groet nie. Ons het nog nie baie van haar ma gesien nie, maar dinge gaan beslis interessant raak met haar aankoms in die Kaap dié week.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies