Menu terloops
In Sepies [7 Nov 2022]

Sepies: Wat is ’n sepie sonder ’n reeksmoordenaar of twee?


Verhoudings word oral in Sepieland getoets en dan moet ons gunsteling-karakters boonop oor hul skouers vir reeksmoordenaars uitkyk. Sepies op ons radar dié week sluit ‘Suidooster’, ‘Arendsvlei’ en ‘Binnelanders’ in.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Wat is ’n sepie sonder ’n reeksmoordenaar of twee?

Dit gaan maar rof en dit voel asof niemand betroubaar is nie. Wat het van eerlikheid en respek geword? Dit is beslis nie in Sepieland te vinde nie. Maak jou gordel vas, want ek dink nie ons is gereed vir die kullery wat in ons sepies op ons wag nie.

Suidooster

As sepie-skrywers Oprah Winfrey was, sou ons seker teen die tyd al gehoor het hoe skree hulle, “jy kry ’n reeksmoordenaar! Jy kry ’n reeksmoordenaar! Jy kry ’n reeksmoordenaar!”. Dit is mos ’n produksie se go-to wanneer dinge ’n bietjie vervelerig raak en kykers meer spice in hul sepie-lewens nodig het. En wie raak dan nou nie invested in ’n reeksmoordenaar-storielyn nie? Veral as die moordenaar geliefde karakters teiken! Dié keer is dit Suidooster se beurt en shocker… Ons ken die persoon.

Ek weet nog nie presies wie dit is nie, maar Anja (Monique Basson) het haar moordenaar gegroet met die woorde, “o, dit is jy”, voordat die persoon haar koelbloedig vermoor het. Toe moes Zoë (Lauren Joseph) vir haar lewe hardloop. Dankie tog sy is fiks, want ek weet nie hoe ver ek sou kon hardloop in daardie oomblik nie. Nou lyk dit asof nog ’n bekende Ruiterbosch-dame se lyk vanaand gevind word, so ons MOET die persoon ken. Vingers wys na Siya (Gantane Kusch), maar my geld is op Nazeem (Irvine van der Merwe) of daai juice bar weirdo, Junaid (Hein Poole).

Nazeem is een van my verdagtes, bloot omdat dit Nazeem is! Waar onmin gesaai word, is hy nooit ver agter nie. Junaid is egter my hoofverdagte omdat hy motief het. Hy wil Siya uit die prentjie uit hê, sodat hy vir Danni (Vashti Prins) kan afvry. Meer uit die prentjie kan iemand nie wees as agter tralies nie. En elke keer as iemand sterf, is dit wanneer Junaid nie sy sin kry nie. Dit is maar net my teorie, maar ek is nou al ’n gesoute sepie-speurder en ek glo in my talente. Almal is bang vir die reeksmoordenaar, maar Susan (Natasha van der Merwe) moet eerder bang wees vir Elana (Esther von Waltsleben) se ma. Dié is woedend nadat sy vir Susan en Justin (Eden Classens) saam gevang het.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Arendsvlei

Ayesha (Megan Saayman) het aan my hartsnare getrek verlede week toe sy aangebied het om Janice (Crystal-Donna Roberts) en Lionel (Jody Abrahams) se surrogaat te wees. Dit is ’n onbaatsugtige daad, maar ek dink nie hulle besef hoe swaar die journey gaan wees nie. Ayesha se ouers gaan haar nooit vergewe nie en sy gaan vrede daarmee moet maak. Maar wat my regtig bekommer is die band tussen Ayesha en Janice! Ons almal weet hier kom ’n kinkel, anders sou dit nie ’n sepie wees nie. Die susters het mekaar eers onlangs gevind en ek hoop dat hierdie mooi daad nie hul verhouding gaan opneuk as Ayesha nie hul baba vir hulle wil gee of so iets nie. Ek weet die skrywers gaan ons op een helse emosionele tuimeltreinrit  met hierdie storielyn sit.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Binnelanders

Ek is so bly ek was ’n vlieg teen die muur – of in hierdie geval op my gemaklike rusbank – toe Danny (Bradley Olivier) vir Steve (Clint Brink) van Annetjie (Lorraine Burger) vertel. Steve se reaksie was priceless en ek het gekraai soos ek lag. Ek kan net dink wat deur sy kop gemaal het. Daar is darem ’n helse verskil tussen Delia (Odelle De Wet) en Annetjie! Die het my weereens herinner dat jy jou lelik kan vasloop met online dating, maar aan die anderkant wys Netflix vir ons Love is Blind… So dalk werk dinge tog vir Steve en Annetjie uit. Kom ons kyk maar hoe hy homself uit dié een wurm.

Kyk Binnelanders op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies