Menu terloops
In Sepies [15 Aug 2022]

Sepies: ‘Vlamme’ in die hospitaal… en drama in die hof


Terwyl Ingrid haar varkies in haar tronksel in ‘Arendsvlei’ verloor, is die gort gaar in ‘Binnelanders’. Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week. Moenie dié hoogdrama misloop nie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: ‘Vlamme’ in die hospitaal… en drama in die hof

Daar is so baie wat tans in Sepieland aangaan, maar vir ’n verandering is daar nie nét drama nie. Verlede week het die karakters ook aan my hartsnare getrek. Sepies op ons radar vandeesweek is Binnelanders, Suidooster en Arendsvlei

Binnelanders 

Die duiwel werk hard, maar At Koster (Hans Strydom) werk altyd harder. Al was hy nie verlede week op ons skerms nie, weet ek hy is besig om aan sy volgende plan te werk.

Ek wonder wat Annelize Roux (Cindy Swanepoel) dié week gaan vind as sy At se plaas besoek. Dinge raak nou gevaarlik met Sharon Basson (Marissa Classen) wat uit is vir bloed om haar skelmstreke op die myn weg te steek. As Annelize nie oor haar skouer loer nie, is sy dalk die volgende een om te sterf. Sharon mag dalk soos ’n poppie lyk, maar sy het beslis ’n ding of twee by haar man en At geleer.

Terwyl Binneland se bestuur die een vlam ná die ander doodslaan, breek my hart vir die arme paramedikus, Danny Jantjies (Bradley Olivier). Danny is al deur baie battles, maar nadat hy ’n pasiënt aan die dood moes afstaan, is hy glad nie homself nie. As hy nie die regte hulp kry nie, mag dit dalk dié verlies wees wat hom knak.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Suidooster 

Nog iemand wat nie wil luister nie is Wade (Dean Smith). Ek gaan nie meer ’n enkele word op #Wangie mors nie, want as hy nie wil hoor nie, moet hy maar nou voel.

Gelukkig het Elana (Esther von Waltsleben) uiteindelik na die kinders geluister. Nou kan Ryno (Alex van Dyk) en Maggie (Daniah de Villiers) hul lewe saam in Dankbaar begin. Ek het vir weke in spanning gewag vir die episode waarin Elana vir arme Maggie en Taylor ontvoer soos ’n regte true crime-nagmerrie. Dit het toe nooit gebeur nie, maar ek is nie eens kwaad nie! My joernalis-hart bars eerder van trots nadat Maggie van haar planne vertel het om ’n myn-nuusbrief op Dankbaar te begin. En dan gaan sy en Ryno nou albei matriek ook klaarmaak.

Ek is mal oor my sepie-drama, maar soms het ’n mens ook ’n feel good-einde nodig… En om eerlik te wees, is gelukkige eindes maar min gesaai in Sepieland. Karakters bly nooit te lank weg nie, so dalk sien ons oor ’n paar maande weer hierdie gesin. En nou dat Elana peetma is, gaan kuier sy dalk op Dankbaar een van die dae en ontmoet sy die liefde van haar lewe en begin hulle sommer ’n nuwe kroeg op Dankbaar.

Ek was ook so so bly toe Kaashifa (Jawaahier Petersen) vir Rhafiek (Irshaad Ally) van haar kanker vertel. Dit was ’n mooi toneel toe sy in haar wit satynrok uitstap vir ’n romantiese aand saam met Rhafiek voor haar mastektomie dié week. Ek het sommer ’n knop in my keel gekry. Hulle albei verdien om gelukkig te wees. Ek gaan saam met die Samsodiens bid vir ’n suksesvolle operasie, want ek wil nog baie #Rhashifa avonture sien. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Arendsvlei

Troukoors loop weer hoog in Arendsvlei. Met dié dat Anton (Dean Richard Oliver) nie wil wag nie, sien ons dalk nog dié week ’n troue.

Maar as troues nie jou ding is nie, kan jy altyd in die hof ’n draai gaan maak. Debra (Kay Smith) getuig die week teen haar ma en ek mis dit vir NIKS. Lyk my die hofsaak begin nou sy tol vat. Ingrid (Rehane Abrahams) praat nou elke aand met die oorlede Steve. Ná Donderdagaand se toneel waarin sy amper haar hare uit haar kop uit wou trek, is Ingrid besig om al haar varkies te verloor.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies