Menu terloops
In Sepies [10 Okt 2022]

Sepies: Karakters wat uit die dood herrys, en romanse wat kwyn


Terwyl die liefde tussen sommige karakters blom en verlore familielede weer gevind is, sal die komende week ander maak of breek. Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Karakters wat uit die dood herrys, en romanse wat kwyn

Sepies op ons radar dié week is Binnelanders, 7de Laan en Arendsvlei.

Binnelanders

Conrad (Hykie Berg) kan gelukkig wees dat Tracy (Melinda Brink) so lief is vir hom, want as iemand vir my so min aandag gegee het – en boonop dan my lewe in gevaar stel –  sou ek hom net daar soos ’n warm patat gelos het. Ek weet hy probeer haar net beskerm, maar Conrad kan ten minste romanties probeer wees. Hy kan gerus ’n bladsy of twee uit Thys se boek neem as dit by romanse kom. Ek weet nie meer of Rita (Ilana Cilliers) saam of teen Conrad werk nie, maar kom ons hoop dat Conrad se plan dié week werk. Hopelik kan almal dan weer rustig slaap.

Kyk Binnelanders op DStv Online

7de Laan

Ná twee maande se treur en ’n roerende gedenkdiens vir Marvin (Duncan Johnson), was daar nie ’n droë oog in die kerk toe Khethiwe (Sesethu Ntombela) tydens ’n Days of Our Lives-oomblik langs die sy van ’n springlewendige Marvin by die kerk instap nie. Khethiwe het seker gedink sy droom toe sy haar skoonpa voor haar sien staan.

Die afgelope paar maande was ’n nagmerrie vir Marvin se familie, ná hy en Werner (Zak Hendrikz) ontvoer is en later vermoedelik dood verklaar is. Let wel, “vermoedelik’. Dit was ’n hartseer tyd vir die hele gesin, maar veral vir Marvin se kinders. Hulle het die nuus swaar ontvang. Ivy (Nazli George) wou nie glo dat haar man dood is nie, maar het later vir die kinders se onthalwe closure probeer vind. ’n Dankbaar en verstomde Ivy het op haar knieë geval toe sy haar man by die kerk sien instap.

My hart was so seer vir Khethiwe nadat haar ouers besluit het dat hulle gaan nie haar troue bywoon nie. Meeste bruide droom van daardie spesiale oomblik as jy op jou troudag saam met jou pa by die kerk instap. Ek kon nie self ’n beter oomblik geskryf het nie. Dit was ’n reünie om te onthou. ’n Reünie wat vir ’n baie lang tyd in my hart sal bly.

Maar, al is almal verlig, is daar so baie vrae! Waar was Marvin die heeltyd, wat presies het gebeur en wat beteken dit vir die Welman-gesin, wat weer in die middel van alles is? Ons sal maar dié week moet hoor watter antwoorde Marvin vir ons gaan gee.

Dít terwyl Mariaan Welman (Deirdre Wolhuter), ná haar ongeluk dalk vir die res van haar lewe verlam gaan wees. Is dit karma? Want ek dink om vasgevang in haar eie liggaam te wees, sal erger as tronkstraf vir haar wees! 

Kyk 7de Laan op DStv Online.

Arendsvlei

Terwyl mense uit die dood in 7de Laan herrys, het Arendsvlei vir ons bederf met ons eie romantiese Afrikaanse Titanic-liefdestoneel. Dit het gelyk asof Bianca (Riana Alfreds) se tone sommer net daar gaan omkrul van plesier toe Thys (Sherman Pharo) so sensueel haar been met ’n verfkwas streel en sy vir hom sê “verf my soos ’n French masterpiece”. In daardie oomblik het Bianca se toneelspel, Kate Winslet se Titanic-toneel ’n bietjie konserwatief laat lyk.

Hierdie twee is soos twee jong verliefde tieners en ek is mal daaroor. Bianca lyk deesdae weer lus vir die lewe en hul romanse het sommer vir haar ’n style update gegee. Sy trek nou veel jonger aan en selfs haar hare en grimering het verbeter. Dalk sit ek nou die pot heeltemal mis, maar dit is hoe dit vir my lyk, veral omdat Bianca altyd so ’n awkward ou tannie energie afgegee het. Ek kan nie wag om te sien hoe hul romanse uitspeel nie. Tussen hul liefde, en Janice (Crystal-Donna Roberts) en Lionel (Jody Abrahams) se nuwe baba, lyk dit asof dinge vir ’n slag goed gaan in die Vlei. Maar Natalie (Carmen Maarman) soek nou haar erfporsie van haar seun se bakkery… So kom ons sien watter drama dit hierdie week gaan veroorsaak.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies