Menu terloops
In Sepies [28 Nov 2022]

Sepies: Hier kom ’n paar gebroke harte…


Sepies op ons radar dié week sluit ‘Suidooster’, ‘Arendsvlei’ en ‘Binnelanders’ in.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Hier kom ’n paar gebroke harte…

Waar om te begin as die sepiegode vir jou met soveel aksie in ’n week bless? Die afgelope week was beslis the gift that kept on giving. Ons het uiteindelik antwoorde gekry, maar wat is sepies sonder raaisels? So ons sal maar weer dié week inskakel, sodat ons veral Beatrice (Jolene Martin) se gesig kan sien as sy uitvind dat haar geliefde Clint (Clayton Evertson) die buurvrou se vegan byeboer-man is.

Suidooster

Verlede week se grootste sepie-skok, was toe glad nie ’n skok nie. Ek het mos van die begin af gesê die reeksmoordenaar is daai Junaid (Hein Poole) rubbish! Vir ’n oomblik het ek gedink Danni (Vashti Prins) en Siya (Gantane Kusch) gaan Junaid se laaste slagoffers wees. Dit was maar touch and go vir ’n oomblik, maar Danni en Siya het van iewers af domkrag gekry en hulself gered. Junaid lyk maar so simpel en dit het my eintlik weer laat besef: Stille waters, diepe grond, want onder draai die duiwel rond. Moena was oortuig dat dit hul geliefde familievriend Siya was en het hom vinnig onder die bus gegooi om haar dogters te beskerm. Tussenin kuier hulle ’n hond uit ’n bos uit met Junaid en gee hom die een drukkie ná die ander, salig onbewus dat ’n reeksmoordenaar saam aan tafel sit.

Nee, kyk, hy het met almal se koppe gesmokkel. Niemand wou vir arme Danni en Siya glo nie. Nou wil almal vir hulle kom ondersteun en vir dit het ek net een woord… FAKE! As ek Danni was, sou ek nog vir ’n lank tyd kwaad gewees het vir mense soos Zoe (Lauren Joseph) en Moena wat Siya so sleggesê het. Nou wil hulle kamstig bly wees dat hy vry is. Hulle lyk dan nie eens skaam oor hul gedrag nie. Who needs enemies with friends like these? Ek weet nie hoe Siya ná hierdie gemors oraait gaan wees nie.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Binnelanders

Ewa (Bianca Amato) van Pole is toe eintlik Ewa van Pretoria. Dok Abrahams (Clint Brink) kan ook net nie wen as dit by die liefde kom nie. As hy nie aanlyn met die verkeerde vrou flirt nie, word hy deur ’n undercover spy verraai. So gepraat van met die verkeerde vrou flirt… Annetjie (Lorraine Burger) is op die oorlogspad. Sy het twee en twee bymekaar gesit en uitgevind dat haar geliefde AB wel Steve is. Sy is natuurlik glad nie gelukkig nadat hy haar ge-ghost het nie en nou soek sy blood. Arme Steve is sy nuwe meisie en sy parkeerplek in een week kwyt. Hy wen my stem vir die slegste week. En nou moet hy boonop nog flippen ver stap, shame!  

Kyk Binnelanders op DStv Online.

Diepe Waters

Ek het regtig gedink Sanet (Nadia Valvekens) se ma gaan haar hartaanval oorleef en toe sterf sy wragtig. Sanet het nie geweet of sy verlede week kom of gaan nie en boonop wou haar seun Johan (Liam Bosman) niks hoor toe sy ma vir hom wil aanvat omdat hy gedrink het. Dié het toe vir sy ma lekker ingedoen en vir haar laat verstaan dat hy ten minste nie sy gedrinkery probeer wegsteek nie. Hy het selfs vir haar geskok toe hy vir haar sê dat hy van haar drank onder die wasbak weet. Ai, ai, kinders weet en sien alles! Anja (Reandi Grey) het ook nie Sanet se geestestoestand gehelp nie, want sy wil niks met haar ma se begrafnis te doen hê nie. Sanet kan dit nie verstaan nie en wil weet wat Anja teen hul ma het. Anja wil niks inligting verklap nie, maar ek wag in spanning soos Sanet.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Arendsvlei

Dit lyk asof Emile (Christian Bennett) dalk sy lewe omgedraai het en regtig oor wil begin, maar as ek Janice (Crystal-Donna Roberts) is, sal ek maar nog eers wag en sien. Emile was nog altyd glad met die mond, so ek sal nie sy woorde glo nie. Hy sal my met sy aksies moet oortuig. Ayesha (Megan Saayman) is ook heel sketchy op die oomblik. Ek kry so die gevoel dat sy Janice se kind gaan steel. Iets is vreemd as mense met haar praat oor die feit dat sy ’n surrogaat is. Dit is maar ’n moeilike situasie, want ek weet sy wil haar suster help, maar ek sien hoe sy geheg raak aan die idee van ’n baba. Kom ons hoop hierdie susters se verhouding oorleef dié situasie.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies