Menu terloops
In Sepies [22 Aug 2022]

Sepies: Fantastiese toneelspel in ‘Suidooster’, ‘Arendsvlei’ hou ons ingekatrol


Wade (Dean Smith) kry ’n ruggraat in ‘Suidooster’ en Rehane Abrahams verdien ’n staande applous vir haar toneelspel in ‘Arendsvlei’. Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week. Moenie dié hoogdrama misloop nie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Fantastiese toneelspel in ‘Suidooster’, ‘Arendsvlei’ hou ons ingekatrol

Verlede week het ons sepiekarakters se toneelspel my hoendervel gegee. Dit was die een wen-vertolking ná die ander. Ons talentvolle plaaslike spelers het my selfs hier en daar vir ’n oomblik laat vergeet dat dit net ’n storie is. Sepies op ons radar die week is Suidooster, Arendsvlei en Binnelanders

Suidooster 

Ek dink almal by die huis het Kaashifa (Jawaahier Petersen) se pyn deur hul TV-skerms gevoel toe sy vir die eerste keer ná haar mastektomie na haar lyf kyk. So eg, diep en tasbaar was haar emosies, dat my ma – wat borskanker oorleef het – glad nie daardie toneel kon kyk nie. Nee kyk, Kaashifa het gesorg dat my trane vlak lê. Brava! Haar toneelspel verdien beslis ’n toekenning! Rhafiek (Irshaad Ally) was ’n regte steunpilaar vir haar en ek is mal oor hierdie verhouding. Ons kan maar nou troue hou, want #Rhashifa is couple goals

Terwyl Kaashifa se tonele my tot trane gedryf het, het Wade (Dean Smith) se tonele ’n slow clap verdien. “No, excuse you,” is my lyn van die week. Ek was so bly toe die skille van Wade se oë afval en hy vir Angie (Char Carrie) in haar plek sit. Sy het regtig gedink hy gaan haar bo sy familie kies. Dit nadat sy hom sy vriende, familie en werk gekos het! Ek het niks teen Angie nie, maar as hulle saam is, is dit nie die Wade wat ons ken nie! Dit was maar touch and go met Wade en nadat hy vir Ty (Maurice Paige) gepot het, het ek gedink Ty kom iets oor. Ek weet nie of dinge tussen die broers gaan regkom nie, maar hopelik is Angie nou finaal uit die prentjie uit. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Arendsvlei 

Ek het ’n groot mond en opinie oor alles, maar twee dinge waarmee ek nie mors nie is die duiwel en bose dinge. Ek raak nie maklik bang nie, maar #Wendgrid (Wendy/Ingrid) se hoftonele het my verlede week laat sweet. Sy het nou amptelik al haar varkies verloor. Ek moes straks my lig aanskakel om Arendvslei te kyk, want as #Wendgrid eers so begin sing en van bose dinge praat, raak ek bang.  Die duiwel floreer in die donkerte en ek gaan nie toelaat dat bose dinge my vang nie!

Daar is nie ’n karakter wat my meer kwaad maak as Wendy/ Ingrid (Rehane Abrahams) nie, maar selfs ék moet erken daar is nie vir #Wendgrid nie. As sy nie ’n toekenning kry vir verlede week se toneelspel nie, dan weet ek nie. Sy was briljant en het al die hare op my lyf laat rys. Ek wil graag hê Ingrid moet tronk toe gaan, maar ek kan nog ’n rukkie langer na #Wendgrid se aansittery kyk. 

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Binnelanders 

Lyk my Binneland verloor een van die dae hul beste paramedikus, want Danny Jantjies (Bradley Olivier) se kop kyk pad toe en hy wil dan nou ’n sjef word. Arme Zee (Mila Guy) weet nie meer watter kant toe nie. Hoe meer sy vir almal probeer oortuig om vir Danny te help, hoe meer dink mense sy is onnodig. As ek nie van beter geweet het nie, sou ek sê Zee is verlief op Danny, maar wat weet ek! Ten minste lyk dit asof Annelize (Cindy Swanepoel) tog vir Binneland gaan red. Kom ons hoop die Basson-familie vind nie uit waarmee sy besig is nie, anders is dit nag vir Annelize en sal sy dalk nie haarself uit hierdie gat kan grawe nie. 

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies