Menu terloops
In Sepies [12 Sep 2022]

Sepies: Die trane rol ná Anton se dood in ‘Arendsvlei’


Almal in ‘Arendsvlei’ rou nadat die geliefde Anton tragies op pad na sy troue gesterf het, terwyl familiebande in ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ tot die uiterse beproef word. Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Die trane rol ná Anton se dood in ‘Arendsvlei’

Sepies op ons radar die week is Suidooster, Binnelanders en Arendsvlei

Arendsvlei 

Die trane het verlede week behoorlik gerol toe Anton (Dean Richard Oliver) om die draai van die hof verongeluk het. Net daar langs die pad, sterf hy toe in sy pa se arms. Ek sal nooit Nicolene (Gretchen Ramsden) se stem uit my kop kry nie. Dit was absolute verpletterdheid in haar stem toe sy besef dat dit Anton is. Sy het geskree soos sy na haar verloofde gehardloop het. Die toneelspel verlede week was weereens topklas.

Dit het soos ons eie Jack en Rose Titanic-oomblik gevoel toe Nicolene vir Anton smeek om by haar te bly en hy die ring op haar vinger sit voordat hy sy oë toegemaak het. Hein (Merlin Balie) sy pyn was tasbaar toe Anton sy laaste asem daar in sy arms uitblaas. Vir die afgelope vyf jaar was Hein en Anton mekaar se steunpilare. The yin to each other’s yang. Ons ken nie die een sonder die ander nie. Ek dink Hein se hart gaan nog vir ’n lang tyd stukkend wees. 

Sjoe, dit was maar ongemaklik om te kyk toe Hein uit woede en hartseer vir Nicolene vertel dat sy moet ophou huil asof sy die enigste een is wat vir Anton verloor het. Dit moes haar baie seer maak toe Hein vir haar vertel dat Anton syne was lank voordat hy haar verloofde geword het en dat hy wens dit sy was wat gesterf het en nie Anton nie. Ons ken nie vir simpel Hein so nie. Tog, almal rou anders. Shame, Nicolene en Anton wou net saam wees, hulle wou nie ’n groot, onnodige troue gehad het nie. Maar ai, hulle is goeie kinders en het dit vir hul ouers gedoen.  

Nicolene se pa kon mos die troue gemis het en self die troukoek reggemaak het as dit vir hom so belangrik was. Toe sleep hy arme Anton in by sy idee van die perfekte troue en bestuur toe ook die motor wat by die ongeluk betrokke was. Ja-nee, dit is ’n moeilike een en iets wat ’n familie kan verskeur. Ons sal maar moet sien of tyd hierdie wonde kan genees. Kry maar die tissues, want ek weet Anton se troue gaan ons almal dié week ruk.  

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Suidooster 

Terwyl die dood families in Arendsvlei verskeur, bring skelmstreke wat te ver gegaan het families weer bymekaar in Suidooster.  Nazeem (Irvine van der Merwe) dink mos almal is bang vir hom, maar ek het gedink Ty (Maurice Paige) gaan Nazeem dood skop toe hy vir hom konfronteer. Jy kan baie dinge doen, maar jy mors nie met ’n pa en sy seun nie.

Ty kon nog anderkant toe kyk vir Nazeem wat vir Wade (Dean Smith) by sy misdade wou betrek, maar toe hy hoor dat Nazeem amper sy seun seergemaak het, het hy dit verloor. Ek wag al lankal vir iemand om vir Nazeem ’n smakie van sy eie medisyne te gee. Hy wil mos nie vir ander uitlos nie. Nou dat Wade se skuld afbetaal is, hoop ek Nazeem laat hom gaan. Maar iets sê vir my Nazeem gaan dinge nie so los nie. ’n Bully haat dit mos om verneder te voel. Wade beter wakker slaap dié week. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Binnelanders 

So gepraat van wakker slaap. Nou dat Rita (Ilana Cilliers ) van Andries (André Odendaal) se nuwe alterego weet, hoop ek sy doen die regte ding en vertel vir Delia (Odelle de Wet) of Louis (Germandt Geldenhuys). As ek sy is, sal ek nie ’n oog toemaak met alteregos wat enige tyd hul verskyning kan maak nie. Tracy (Melinda Brink) weet daar is iets aan die gang, maar niemand wil na haar luister nie. Ek sou uittrek om ’n punt te bewys, want ek laat myself nie gevang word nie. Ai, ek hoop maar iemand luister dié week, want anders raak dinge nou gevaarlik en wie weet hoeveel nog binne Andries wegsteek. 

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies