Menu terloops

Scenes from a Marriage

Op DStv [Gepubliseer op 1 Nov 2021]


‘Scenes from a Marriage’ is ’n moderne blik op liefde, haat, die huwelik en egskeiding met roerende vertolkings deur Oscar Isaac en Jessica Chastain.

Kyk nou

Scenes from a Marriage
Kyk lokprent

’n Engelstalige weergawe van die 1973 Sweedse treffer oor die lief en leed van hedendaagse paartjies. Die 2021 weergawe is geskryf en geregisseer deur Hagai Levi vir HBO en het Oscar Isaac en Jessica Chastain in die hoofrolle. Die reeks kyk na liefde, haat, die huwelik en egskeiding deur die lens van ’n moderne Amerikaanse paartjie.

Die London Evening Standard sê: “Hierdie is ’n ernstige reeks met baie dialoog en twee spelers wat die aaklige emosionele roete moet volg om hulle van mekaar te bevry, maar in die bekwame hande van Chastain en Isaac, twee magiese akteurs, is dit moeilik om weg te kyk”.

Nuwe episodes van Scenes from a Marriage is beskikbaar op M-Net, en kom dadelik na DStv-aanlyn, elke Maandag van 11 Oktober 2021 om 22:30.

Meer soos dit:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies