Menu terloops

Russian Doll S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 20 Apr 2022]


‘Russian Doll’ se tweede seisoen speel vier jaar ná die gebeure van die eerste seisoen af.

Russian Doll S1-2
Kyk lokprent

Natasha Lyonne is ná die eerste seisoen van Russian Doll absoluut onmiskenbaar.

Letterlik.

Jy. Kan. Haar. Nie. Mis. Nie. Nee, ons praat nie van haar wilde rooi haardos nie (hoewel dit nogal uitstaan). Dis eerder haar formidabele talent wat op skou is. Sy het immers dié eiesoortige, blerrie geniale komedie-drama saam met die komedie-ikoon Amy Poehler (Parks & Recreation) geskep.

Buiten haar vertolking van die hoofrol, is sy ook een van die reeks se skrywers en dien boonop as regisseur van dié oorspronklike Netflix-reeks.

Russian Doll draai om Nadia (Lyonne) wat in ’n Groundhog Day-situasie vasgevang is. Op ’n aand is sy by ’n partytjie in New York en word aan die einde van die aand vermoor. Maar dan word sy die volgende dag ongedeerd wakker asof niks gebeur het nie…behalwe dat sy nou in ’n onverklaarbare time loop vasgevang is. Is sy gedoem om vir die res van haar “lewe” dié dag – en haar moord – tot in ewigheid te herhaal? Maar dié rooikop is nie ledig nie en ’n skater-slim storie ontvou soos sy kop of stert van haar lot probeer uitmaak en antwoorde soek. 

Die eerste seisoen was ’n wegholsukses met die tweede seisoen wat ná drie jaar uiteindelik vrygestel is.

Lees ook André-Pierre du Plessis se resensie van die tweede uittog, wat vier jaar ná die gebeure van die eerste seisoen afspeel.

Die Suid-Afrikaanse akteur, Sharlto Copley, is tot die rolverdeling gevoeg en ’n soektog na gesteelde Krugerrande is een van die seisoen se belangrikste plotpunte.

Albei seisoene is nou op Netflix met die nuwe seisoen wat vanaf 20 April beskikbaar is.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies